Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
GOOGLE aanteken Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -15 minutes ago
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -1 hour ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -13 hours ago

Weskus of Oom Paul se tuin 2024

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

So vra Berdien laas donderdag by Ironman waar gaan ons twee 2024 die eerste wat ons stem is geen ATKV oord nie, iewers anders waar ons nog nie was soos julle weet spook ek al amper 5 jaar om weskus te doen en toe ons reg is om te boek kom covid en neek alles op ons twee stem toe op die volgende twee Weskus of oom paul se tuin as dit jy was wat hier lees wat sou jou keuse wees tyd en geld sal nie n probleem wees nie ons spaar al n geruimde tyd vir verrrrr weg gaan vir n maand ons wil net kamp en nie gebruik maak van ander akkomedasie nie Shaun en Berdien volg hier wink

Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/04/2023 - 14:16

Middag Shaun

As geld en tyd nie 'n probleem is nie, maak soos ekke. Ons gaan nou Meimaand na die wille Krugertuin, EN middel Augustus tot middel September vis die SuidKaap om deur Namakwaland.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 11/04/2023 - 14:32

Shaun, my opinie is die een behoort nie die ander uit te sluit nie, want dis twee wonderlike wêrelde, maar met hemelsbreë verskille.  Die een is meer 'n seevakansie en die ander een 'n bos/wildlewe vakansie.

0
Pretoria

Geert

Tue, 11/04/2023 - 14:48

As jy wil verrrrr weg gaan, is die keuse seker dan Weskus. Jy moet jouself afvra....wil jy n maand in die bos wees of n maand by die see

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 11/04/2023 - 15:09

Aangesien ek nog nie die blomme tyd in die Weskus was nie sal dit my eerste keuse wees.  Daar is mos ook Nat. Parke al is dit nie die selfde as die Kruger nie.  Julle gaan mos steeds kamp ? 🏕🔥🥩🥂🥃

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 11/04/2023 - 15:32

Heng Shaun, vat 'n muntstuk - heads is KNP, tail is wes kus👍🥩⛽

Soos Willem was ek ook nog nooit in blom tyd in die wes kus nie, baie in die wildtuin, maar nou ja, my vrou is 'n snob, sy soek 5 ster luukse om haar🤺👹🙊🙉🙈

Dankie tog, sy lees nie hier nie🤼🥵

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/04/2023 - 15:37

Hoe bedoel u nou?? Jou vrou hou van luukses om haar. Jullr kamp mos met 'n Penta, baie luuks na my mening!!!!

Jy moet bietjie jou vrou kortvatlaugh hoor

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/04/2023 - 15:43

Middag Shaun

Julle het natuurlik 'n moeilike besluit, wil julle met woowa gaan, of net 4x4, met bakkie. 

Laasgenoemde as jy Namakwa NP wil besoek en teen die see gaan staan---vêr van almal af. Jy is 100% selfversorgend met water en krag. Daar is seker darem longdrops, raai ek.

Met die woonwa sal julle maar ook van gewone parke moet gebruik maak, maar daar is ook baie plaaswerwe wat besoekers toelaat. 

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 12/04/2023 - 09:29

Wessel as ons Weskus doen gaan ons met die bakkie kamp as ons oom paul se tuin doen gaan ons die Sprite Swing haak en kamp ons gaan vir n maand kamp sal nie altwee saam kan doen nie maar dankie vir julle insette 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 12/04/2023 - 10:43

... dit was 'n ou sêding van ons toe ek nog 'n student was. "Kop" - dan gaan ons "girls" opsoek. "Stert" - dan gaan ons fliek. As die munt op sy kant bly staan gaan ons swot.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 12/04/2023 - 12:35

Shaun.  As jy jou droom om afgeleë plekke te besoek wil laat waar word en gaan kamp met jou Ranger en daktent en solar, dan moet jy gaan kamp daar waar al daardie goed nodig is. 

In KNP kan 'n mens met 'n Datsun GO gaan kamp en gaan jy nie die volle "remote camp"ondervinding kry nie.    Jy sal moet gaan waar daar regtig niks is nie.   

Weskus bv. Yzerfontein al die pad tot by Strandfontein kan ook met 'n Datsun GO gedoen word, selfs Tietiesbaai.  Dit is wanneer jy die afrit na Nieuwoudtville / Calvinia verbygaan en die Namakwa Weskus betree wanneer geriewe minder word.    Mense gaan kamp by Groenriviermond sommer so wild langs die see.  (Suid van die Nationale Park)   Ek hoor ongelukkig dat dele van die diamant kus nou toe is vir kampering soos bv Noup waar ons so lekker gekamp het met niks nie, maar dalk nader aan kleinsee is daar nog areas waar dit gedoen kan word.    HondeklipBaai het 'n paar staanplekkies en is 'n interresante plekkie.    Dit is lekker om die grondpaaie van die diamantkus te verken.

En dan natuurlik Richtersveld.   As 'n mens suid van die Nationale Park vannaf Vioolsdrift na Eksteenfontein se kant toe ry is daar baie te sien en ook afgeleë kampeerplekke.   'n Mens kan sien watse voertuie kom uit die Richterveld uit want hulle het almal so 'n unieke kleur van al die stof wat daar voorkom.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 12/04/2023 - 13:34

... wat Anton hierbo gee. Nie dat ek enigsins ervaring het van die wilder Weskusplekke wat hy noem nie, maar gesien in die lig van jou (Shaun) se "droom" met daardie bakkie waarop jy nou-al baie geld spandeer het om jul drome te laat waar word, moet jy dalk nou só-iets aanpak.

Daar waar jy in Secunda woon, is jy amper op die wildtuin se voorstoep. Daarnatoe kan julle sommer vir 'n paar dae en gereeld wegbreek. Gebruik nou daardie geld wat jy gespaar het vir jou droom. Die lewe is kort - en soos die spreekwoord lui: "'n Lykskleed het nie sakke nie".

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/04/2023 - 16:23

middag vriend 

Gaan soek in winkel na die Weg-Ry en Sleep nr54, Mei 2023. Daarin is 'n lekkerlees artikel oor Namakwaland se blomme roetes.

Myne is reeds gelees en weggebêre.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 13/04/2023 - 07:41

Die bakkie gaan ek gebruik vir kampe waar die Swing nie kan gaan nie ek sal julle laat weet wat is 2024 se plan dankie vir julle inset

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus