Ek beskou myself nie as 'n koskenner nie, weet bittermin van kosmaak af, maar braai graag. Ek is ook geen kenner van braai nie en het al dikwels gewonder of daar nie beter en lekkerder maniere van braai is nie.
Ek braai met 'n gewone toeknyp rooster op meestal hout kole en soms met brikette. Ek draai aanmekaar die rooster om met skaaptjops wat gaar moet wees en steaks wat medium moet wees.
My annerhelfde is die vleiskenner in ons huis en sy doen die grootmaat aankope, staan selfs langs die blokman en sê hoe sy dit opgesny wil hê. Ons koop ons skaapvleis by 'n plaaslike slagter wat sy skape van Robertson af kry.
Terug by die braai van skaaptjops : Soos gesê, ek weet nie veel van kosmaak nie en strooi maar net sout en Robertsons Steak & Chops Spice weerskante op die vleis na 'n paar draaie en "thats it".
Wat kan ek beter doen met die voorbereiding en die braai van skaaptjops ?

Hier is net so ploegskottel…
Hier is net so ploegskottel met 3 pote en handvatsel. Gaan so klein stukkie probeer. Wonder of dit stroperig gaan proe, so sonder sout.
Maak jou reg....
....dalk vir 'n soeterige, Cokerige nasmaak.
Nee wat, my vleis moet na vleis smaak, en daarmee saam soetpatats, "chips" dalk groente en sommer brood ook.
Ek kyk soms die kosmaak programme saam met Marie, en elke keer verstom ek my aan die aantal, verskeie uiteenlopende speserye, kruie wat in 'n gereg gaan. Wat proe mens op die einde, net 1 mengelmoes, sonder 'n dominante smaak en geur dalk.
Pork spare ribs van sekere…
Pork spare ribs van sekere eetplekke het so soeterige smaak en sommer bitter lekker. Ek het al chocolate duck gehad, en was ook vreeslik lekker. Dogter het soet hoenderpote van China gebring, nie lekker nie.
Sal so stukkie rump probeer met die coke, hoekom dan nie Wessel!
Ons hou ook van 'n lekker…
Ons hou ook van 'n lekker stukkie fillet op die kole, loop mooi as jy gereeld suiwer botter op smeer elke keer as jy hom draai met so 'n klein bietjie braai speserye van uit die winkel. Dan so medium gebraai, loop hy soos 'n kerk muis met slippertjies aan.
Synde daar nou gepraat word ...
.... oor Coke en vleis, sien ek vanoggend op bl 22 van Die Burger 'n resep vir Pepsi-gemarineerde ribbetjies. Dit klink baie lekker. Ek gaan dit beslis traai.
Net een gebruik vir Coke
En dis om blended brandewyn drinkbaar te maak. Iemand het een keer vir ons ‘n resep vir hoender wat in Coke gaargemaak is gegee. Dit was afskuwelik. Alhoewel meer as een van julle die meriete besing, weet ek darem nie of ek die risiko wil loop om ‘n duur biefstuk te mors deur dit met Coke te meng nie. Op ‘n positiewe noot was ek darem so skuins voor 21:00 tuis na my vergadering en kon die sosaties verpak. Die helfte gaan saam Kruger wildtuin toe, en die ander helfte bly in die vrieskas.
Ek weet al vir jare................
................ek is gewoonlik teen die stroom (maw stroom-op) as dit by opinies kom, maar ek is uiters dankbaar ek het 'n paar mede-vriende wat saam teen die stroom van Coke op vleis swem.
Ns. Ek gril selfs om Coke op my voertuie se battery te stort om die suur van die pole te vreet - trouens, my karre se batterye het nooit suur op die pole nie. As dit moet, maak ek dit met skoonmaakmiddels skoon, nie met koeldrank nie !
Jy is reg Len,ek gril ook…
Jy is reg Len,ek gril ook. Om coke so te mors, is skandelik.
Ek belowe julle dat sou jy…
Ek belowe julle dat sou jy coke gebruik as n marinering dat die vleis nie soet of na coke gaan proe nie, die coke is net om vleis sag te maak, jou sout maak nog steeds die vleis sout, dit is hoekom jy die vleis n dag voor die tyd al begrawe in speserye.
Oom wessel, ek het nie die brandewyn vergeet nie, maar ek drink dit al vir 9 jaar nie meer nie, ek jaag te veel k@k aan as ek brandewyn drink, ek was mooi stout maar ook gevaarlik stout, maar brandewyn maak my darem nie agresief nie maar eerder maklik en trek my eie klere uit![]()
Coke
Ek gebruik soms Coke as ons gerookte ribbetjies eet....terwyl dit op die kole is, smeer ek hom met coke soos mens basting sous sou gebruik met n kwas, maar meer gereeld gedurende braai proses. Dit breek daai erg souterige rook smaak.
Ons braai maar bittermin skaap tjops omrede die prys. As ons doen, dan is dit gewoonlik ook net sout en braai dit goed gaar.
Rakende spices.....ek het kortkort n nuwe gunsteling wat ons gebruik. Meestal word die huidige gunsteling nie eers klaar gebruik nie, dan is daar weer n nuwe een wat ek gekoop het om te traai.....gevolglik het my spesery rakkie meer botteltjies in as my vrou se vanity case. Tans is dit "Bietjie Blaf" wat deur Hennies Restaurante verskaf word. Hulle het ook n basting sous, maar het dit nog nie probeer nie
Op aanbeveling van my seun................
....het ek Weber se Premium Braai Spice aangeskaf, maar moet dit nog probeer - dit is 'n Suid-Afrikaanse produk. My seun reken dit is absoluut die beste.

Len, die gehekelde stukkie…
Len, die gehekelde stukkie onder die spice... is dit n erfstuk, my ouma se huis was vol van die doilies en hekel stukkies oor die stoele se rugkante.
Ja Herman, dit kom uit............
................my Ma se huis - haar ma (my ouma) het dit gehekel. Hier is 'n hele klompie sulke goed.
Genugtig maar ek het myself…
Genugtig maar ek het myself nou lus gelees vir 'n stuk braaivleis. Ek hou ook daarvan om 'n nuwe spesery te probeer as ek sien.
Coke hoort saam brandewyn en baie ys. Ek glo ook nie daaraan om 'n lekker stuk steak of fillet op te neuk met vooraf basting en marinades nie. Ek glo ek kan steak braai![]()
![]()
Skaap rib braai ek net langs die vuur (staanrib) en gee hom genoeg tyd. Hy moet stadig gaar word dan is hy lekker sag.
Ag wat, elkeen soen sy vrou op sy eie manier...Dankie hierdie is 'n lekker draad!
Rib is my speciality, soos…
Rib is my speciality, soos Wessel en sy sklipadjies en Chris met sy Galjoen. Het ook n staanrak vir die rooster, maar verkies dit plat op n staandertjie, met kole op die kant. Braai dit 90% aan die been kant, die kan hitte vat. Anderkant hou ek die kleur dop sodat dit nie te vinnig aankom nie. Tyd, seker 2 uur of so, nog nie gekyk nie,maar sodra dit begin effens krimp, is hy reg. Sag, sapping en vol cholesterol.
Ribbetjie
Môre vriende
Laat ek nou maar weer my groot bek daaroor rek. Ek kan nie opgewonde raak oor ribbetjies nie. Net te min vleis en te veel bene.
Ek braai dit soms, net om in Marie se goeie boekies te kom. Ek eet lustig saam, maar verkies eerder 'n tjop of 2 instede.
Vir n ribbetjie sal ek al…
Vir n ribbetjie sal ek al die tjops ruil !! Persoonlik dink ek dit is die bestel stukkie braaivleis op n skaap, met tjoppies op no 2. Moet verkieslik van n twee tand hamel kom, lamrib is effe te dun en maer. En daar het ek my groot bek ook gerek.





Klink of...
....Josef Willem vergeet het van die Klipdrif