Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Brits is ongemaklik warm Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Rona en molle... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
donderbui.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Die weer in Dullstroom Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Son is rof Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
15 Oktober - vm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

'n Bulls ondersteuner se grap!

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

'n Bulls ondersteuner het die grap vandag op die ander forum geplaas.   Ek en Colin het omtrent gelag daarvoor.  Nou steel ek dit om hier met julle te deel.

Die Bulls speel teen die Lions.   Halftyd loop die Lions 49 - 0 voor.   Kwagga Smit het al die punte aangeteken.   Die Lions besluit toe hulle kan maar solank gaan vleisbraai en Kwagga kan alleen verder speel.

Na die wedstryd kom Kwagga by die span en hulle vra wat was die eindtelling.  Die Lions het gewen 96 -3.   Sy spanlede is ontsteld en vra hoe het die Bulls die 3 punte gekry.

Dit was toe ek van die veld af was met 'n geelkaart, antwoord Kwagga.

 

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus