Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
GOOGLE aanteken Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -8 minutes ago
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -1 hour ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -13 hours ago

Stormnet en silwer seile

Stad
Submitted by duvieskamp on
Forums

Hi almal. Ons kort raad oor stormnette en silwer seile. 

1. Kom die stormenette bo-oor jou tent of bo-oor die silwerseil.

2. Hoe maak jy dat jou silwer seil nie van die tent af glei nie?

3. Hoe maak mens met jou silwer seil waar dit by die karavaan uitkom (sodat daar nie n gewapper is wanneer die wind waai nie).  Ons wil ons rally aan die agterkant van die karavaan opslaan, so daar gaan nie plek wees vir "vlaggies" om die silwer seil bo-oor die karavaan vas te maak nie 

Enige wenke wat werk sal waardeer word!

Groete

Die Duvenages

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 25/08/2023 - 16:19

.... julle ouens wat met silwer seile en stormnette kamp om vir hierdie man raad te gee. Ek gebruik nie enigeen van genoemde nie, maar dit wat ek al gesien het kom die stormnet bo-oor die silwer seil. Van die ander aspekte waaroor hy navraag doen weet ek niks.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 25/08/2023 - 16:44

Gebruik ons silver seil.........................net in Desember vir die tent.

Span die seil dat die een kant net op die wa lê en res oor die hele tent. Gebruik sy eie pale en toue om hom styf te span basies dieselfde as 'n rally tent. 

Stormnet nog net by Drakensville opgesit en span hom bo-oor die silver seil en maak aan dieselfde pale as silver seil vas. Gebruik twee storm penne en toue naby tent opening om te virseker dat tent nie kan lig nie. 

Al gesien hoe storms tente verwoes wat nie goed geanker is nie by Drakensville. 

 

0
Worcester

Wildehont

Sat, 26/08/2023 - 12:55

Anders gaan die wind die silwer seil skep. Ons silwer seil het wel op al vier sye so elke 1,5m ‘n ogie met ‘n tou waarmee ek dit sommer aan die karavaan en aan die tent se penne vasmaak. Die stormnet sit ek bo-oor en trek dit so styf as moontlik. Maar glo my, as die wind laat loop dan kan die besigheid nog maar flap en lawaai.
 

Die stormnet hou eintlik maar net jou pale en die dele waar jou tent se vertikale panele aan die dak gelas is vas. Die bokant van die dak self kan nog op en af wapper, maak nie saak hoe styf dit gespan is nie. En as daar onder pale is soos by my tent wat halfpad tussen die wa en die regop hoekpale  twee pale het wat horisontaal onder die dak keer dat die dak hang dan klap die seil lekker teen daardie pale. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus