Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -37 minutes ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -41 minutes ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -42 minutes ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -58 minutes ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Smaak my ... Forum Herstel en terugvoering Chris Boucher -1 hour ago

Morsjorse in die Kruger Wildtuin

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek lees op sosiale media en in koerante van die absolute skandalige toestande by piekniekplekke en dagbesoekers-areas die afgelope langnaweek in die Kruger Wildtuin.  Behalwe die vermorsing van alles, is geen van die geriewe oor die langnaweek skoongemaak en vullisdromme leeggemaak nie.

Ek is nog altyd 'n voorstaander daarvan dat die Wildtuin se bure blootgestel moet word aan die wonderlikhede van die Wildtuin.  Ek het ook al by meer as een geleentheid kindergroepe van die omliggende skole gekry wat by Satara gekamp het en onberispelik opgetree het (veral in die ablusie) onder toesig van 'n onderwyser en SANParke-personeellid. Dis hoe dit gedoen behoort te word.

Dit is egter duidelik dat die gratis-toegang periode in Septembermaand nie naby hierdie doel bereik nie en dit is die langnaweek-gratis-besoekers wat alles so opmors.

Dis net jammer dat SANParke se personeel by hierdie plekke ook langnaweek gehou het.

Ek maak 'n knoop in my oor om nooit tydens hierdie gratis-toegangtyd in Septembermaand die Wildtuin te besoek nie.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/10/2023 - 11:36

Middag Len

Sanparke probeer hard om die mense van omliggende gebiede natuurgewys "op te voed".

Ongelukkig is daar so 'n deel van die bevolkingsspektrum wat netnie iets kan waardeer en skoon agterlaat nie. Dit is nie 'n gebrek aan opvoeding nie, dis bloot 'n disrespek vir anderman se omgewing. Hierbo in Gauteng word al uit bewegende voertuie in stede ge-urineer, video op face book gewees.

Ek vra nou die dag vir ons tuinhulp, waarom is Brits middedorp en strate so vuil, maar hulle omliggende dorpies is silwerskoon. Ons praat altyd daarvan as ons deur hulle dorpies ry Pilansberg toe. Sy antwoord was eenvoudig---dis ons dorpies daai, en die "magogs" deel slae uit as daar gemors word.

Ons vermy ook sulke periodes, ons kan gelukkig nou ook gewone langnaweke en skoolvakansie periodes by oorde vermy. Baie mense = baie lawaai, en ek kan dit nie meer hanteer as ek kampeer nie. 

Seker maar oor ons meestal na wildtuine/parke/oorde toe gaan. Ek verwag nie dat 'n oord soos byvoorbeeld ATKV Buffelspoort stil moet wees nie, maar ek verwag dat Manyane stil moet wees. Net so ook eintlik enige kamp in Kruger byvoorbeeld. Ongelukkig is Manyane nie meer so stil as 'n Kruger kamp nie.

 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 04/10/2023 - 11:46

Ek twyfel sterk of dagbesoekers (met die uitsondering van wildkykers wat bv in plekke soos Marlothpark tuisgaan en vir ‘n wildrit inkom en die moontlike uitsondering van skoolgroepe) werklik blootgestel word aan die natuurlike wonderlikhede van die Kruger wildtuin. 

Dit wil voorkom asof baie van die besoekers wat as dagbesoekers inkom net ry tot by die naaste piekniekplek en daar kuier (lees eet EN drink). Die beleid om nie dagbesoekers toe te laat om alkohol in te bring nie, word duidelik nie toegepas nie of word omseil. 

 

0
Pretoria

Geert

Wed, 04/10/2023 - 12:58

Pilanesberg het ook van tyd tot tyd hierdie gratis toegang tot die reservaat. Ek verpes dit. Daar is dit dan dieselfde, meeste gebruik dit nie as geleentheid om wild te gaan sien nie, maar om n gratis venue te kry vir n suip sessie....daar gaan dagbesoekers in met drank.

Dan is daar n maatskappy wat groot gedeeltes van oorde uitkoop en dan hordes tente opsit en dan uitverhuur ten duurste aan publiek. Ons het hulle eendag raak gekamp by Skukuza.....dit was een van die mees onaangenaamste tye in die wildtuin. Jy kan nie eers ablusie gebruik nie....hulle suip en kuier daar binne, hoekom weet ek nie. As jy in die wildtuin ry...hulle klim enige plek uit, worry nie of jy hulle sien of nie. Een geval kom ons op n taxi af waar daar iemand buite in die bos staan en lyk of hy die taxi met sy selfoon afneem. Toe ons nader kom sien ons die knaap is besig om n selfie van hom te neem met n olifant agter hom....seker so 8 meter van hom af. By lower Sabie was daar n vangs deur n krokodil onder in rivier....almal wag hul beurt af in hul karre, maar hierdie knape klim sommer uit die taxi's....loop tussen al die karre en gaan staan daar voor waar hulle mooi kan sien. Neem dan ook nie foto's nie, maar selfies.

Ek loer maar waar hulle hul opset maak....sal beslis sulke oorde vermy. Hulle was so 2 weke terug by Storms rivier. Voor dit by Scottburgh waar daar ook heelwat klagtes op facebook was. Vriende van ons het hulle by Mahai raakgekamp....net so onplesierig blykbaar gewees. Gaan nie oor natuur nie....sex, suip en party en eet.

Sien hulle is naweek van 22 en 29 Oktober by Satara....bly ek is nie daar nie

0
Pretoria

Slowstrike

Wed, 04/10/2023 - 13:26

Die geen drank reël vir dagbesoekers is nes die regering. Geen drank mag ingevat word nie maar as jy deur die hek ry en by die geriefswinkel stop is drank te koop soveel soos jy wil maar teen `n moewiese gelaaide prys. Seker maar een van hulle strategië om gekd te maak.

So die dronkgatte gaan jy nie uithou nie en ons weet wat gebeur as drank betrokke is.

Ek is soos Wessel hoe verder my buurman weg is hoe beter en hoe minder mense daar is hoe gelukkiger is ek.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 04/10/2023 - 14:12

Ek is soos Wessel hoe verder my buurman weg is hoe beter en hoe minder mense daar is hoe gelukkiger is ek.

Ek glo almal weet al dat ek nie lief is vir mense wat raas in natuurgebiede nie.
 

Wat die koop van drank in die Kruger wildtuin betref moet jy jou permit wys as jy drank wil koop. Dis om te voorkom dat dagbesoekers drank koop. Ek kan egter sien dat hulle dit insmokkel. 

0
Pretoria

Slowstrike

Wed, 04/10/2023 - 14:26

Ek hoor jou Wessel maar het eerstehands gesien hoe dagbesoekers bloot in die winkel `n klomp drank gekoop het en daar was nie vir `n permit gevra nie. 

Ons kar was wel deursoek by die ingang maar as jy deur die hek is is die winkel daar om jou behoeftes aan te vul sou jy so kies. Ek praat hier van Krokedilbrug ingang. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/10/2023 - 15:28

Ek was nie bewus van die reeling nie. Chris S, was dit 'n voorstel om drank en dagbesoekers te reguleer, of geld dit reeds.

Nog nooit het iemand my permit gevra met enige drankaankope in Kruger nie. 

Mis ek nou iets, of lees ek alweer verkeerd?? 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 04/10/2023 - 15:52

Dit is baie jare gelede ingestel toe dagbesoekers verbied is om drank in te bring. Hulle voertuie is veronderstel om deursoek te word vir daardie rede. Ons is meeste kere wat ons drank wou koop die afgelope paar jaar gevra vir ‘n permit deur die kassiere. Dit was hierdie jaar weer die geval by veral Shingwedzi. Dalk word dit net tydens skoolvakansie streng toegepas?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/10/2023 - 20:17

Ek het nog nooit 'n permit vir drank aankope gehad nie. Is dit iets anders as jou gewone inklaar/toegangs dokument. Die ene wat mens weer moet wys as jy die wildtuin verlaat.

Ek het al by geleentheid bier gekoop in die wildtuin, en nog nooit is enige dokumentasie van enige aard, van my gevra nie.

 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 04/10/2023 - 21:21

Dis bloot jou toegangspermit om te bewys jy is nie ‘n dagbesoeker nie, want hulle is nie veronderstel om te mag drank koop of dit in te bring nie. Dit is om te voorkom dat hulle net inkom om te drink en ander te pla. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/10/2023 - 06:24

Dankie, nou is ek ook bewus van die drank aankoop kwessie/reël. 

Ek sal moet terug loop trokkie toe daarvoor, as hulle dit in winkel vra.laugh 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 05/10/2023 - 08:42

Ek het per ongeluk die plasing oor Medolino op die verkeerde gesprekslyn geplaas. Kan iemand wat kan dit asseblief uitvee. Ek gaan dit op die regte plek plaas. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 05/10/2023 - 08:53

Ek sal nie omgee om dit te doen nie, mits die verkopers van drank in die Wildtuin dit vir alle drankverkope van almal vra.

Ek vind dit vreemd dat van die gereelde besoekers (Oom Len en Wessel bv) aan die Kruger wildtuin nog nie vir ‘n permit gevra is as hulle alkohol koop by die kamp winkels nie. Dalk vat hulle (soos ek) genoeg drinkgoed saam. Salomien raak van tyd tot tyd lus vir iets anders (as wat sy saamgevat het) en koop dan iets by die winkel in die kamp.
 

Ons is al oor die jare klomp keer by verskillende kampe gevra vir die permit as ons drank wil koop by ‘n winkel. Ek kan ook ‘n paar keer onthou wat ons nie gevra is nie, maar die kere wat ons wel gevra is, is definitief ver in die meerderheid. Ek het ook al menigmale gesien hoe ander toeriste gevra word vir hulle permit terwyl ek agter hulle in die ry wag. Dalk spits hulle hul meer daarop toe tydens skoolvakansies?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 05/10/2023 - 09:27

Ek koop van tyd tot tyd bier in die wildtuin. Die Kaapse voggies en Skotse drankie is meestal genoegsaam in voorraad, want ek ry dit van die huis af saam. Ek maak maar 'n punt daarvan om my besprekingspermit saam te neem as ek beplan om alkoholiese drank te koop. Ek is al menigmaal daarvoor gevra, maar dit het ook al verskeie kere gebeur dat ek nie daarvoor gevra is nie.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 05/10/2023 - 12:18

stroopsoet gesiggies. 

Toe ek 35 was is ek Amerika toe. By ‘n musiekfees in Chicago word ek gevra vir my ID toe ek ‘n bier wil koop. Ek lag toe vir die persoon, en vra of ek jonger as 21 lyk. Sy dink glad nie ek is snaaks nie en sê eenvoudig dat sy nie bier aan my kan verkoop sonder my ID of paspoort om te bewys ek is 21 of ouer nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus