Dankie oom Wessel vir die idee om n nuwe draad te begin.
Nou ja manne, die beplanning is om vir 40 dae n toer te doen volgende jaar April/Mei maand in Botswana na Namibia toe, om van my af na Upingto te ry en dan in Namibia toe is 1200km draai.
Die beplanning is soos volg.
Vaalwater, Stockpoort grenspos, Khama rhino Sanctuary, Sitatunga, Shakawe, Mohembo grenspos in Namibia in.
Taranga Safari lodge (rundu) of Waterberg kamp, Kaoko Mopane campsite, Epupa Falls, Palm kamp, Spitzkoppe, Alte Brucke resort, Namibs valley of thousand hills, sesriem, Camping Namib desert lodge, Klein aus vista desert horse campsite, Hobas campsite, mesosaurus fossil campsite,
Windhoek, Buitepos grenspos, Maun restcamp, moremi, Nata, Groblersbrug, huis toe.
hierdie is net n aanduiding hoe die roete plus minus sal wees hoe ek hom wil ry, ek verstaan almal kan nie vir 40 dae gaan nie, dalk net n gedeelte, dalk wil van julle net Botswana doen, en ander net Namibia, dan kan ons iewers ontmoet en saam ry.
Soos die roete tans uit gewerk is is dit so 8500 km, 8500 / 9km per liter = 950 liter * R30 =R28500 vir brandstof, het ook op n webtuiste afgekom Gondwana, as jy n lid is is die kampplekke almal R285 per nag, wat baie billik vir my is, van die plekke in botswana wissel omtrent die selfde pryse.
Kos R300 per persoon per dag *40 dae =R12000
verblyf R285 *40 = R11400
Totaal R 52000 My begroting vir die toer is R75000 daar is n paar dinge wat ek ekstra wil oen, lug ballon doen op sesriem, en boot ritte en so aan.
Kom ons gesels en kyk of ons dalk n lekker toer kan maak van die?
Weg uitgawes
Naand JW
Kyk bietjie of jy die volgende Weg tydskrifte kan bekom;
Reisgids 2017/18 Botswana
Reisgids 2016 Namibië
Weg nr 160 Namibië
Dit bied ongelooflik baie info oor die 2 lande in terme van oorslaapplekke en besoekpunte. Jy kan dit by Weg bestel.
Lekker beplan aan jou toer, en ek hoop van die forumlede gaan saam met jou die toer aanpak.
Die manne met die 4x4's moet begin dink om saam te ry.
Kyk bietjie of jy die…
Indien jy'n Netwerk 24 intekenaar is, kan jy al hierdie tydskrifte ook elektronies sien.
Willie jy mos
Jy mos laas jaar by eiland vir my gese jy voel jy wil die ding doen welgedaan geniet die beplanning