Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -6 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -6 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

Wildehont se nuwe ou Ranger

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het. 
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier. 
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie. 
 

A

Worcester

Wildehont

Fri, 22/12/2023 - 11:14

Ek gaan die borde met kar silikoon plak. Dis bestand tot 100 grade C en behoort makliker af te haal as gom. Die borde is lig, so ek gaan net om die rante plak en dalk so effens diagonaal om mooi in plek te hou. Die bakkie staan nou in die son met my horlosie in wat ‘n termometer ingebou het. Ek wil die verskil meet voor en na. Sal die kappie afspuit om af te koel voor ek plak. Daar staan twee ander karre onder die afdak en ek is tans alleen hier (dankie tog) so ek gaan nie nou lol met karre rondskuif nie. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 22/12/2023 - 13:02

Die bakkie staan in vol son. Dit (die bakkie) meet 31° buite. In die kajuit meet my horlosie 38,3° en in die kappie 33°

As ek aan die binnekant van die dak vat by die rondings net voor dit af buig aan die kante, waar ek nie insulasie kon plak nie, brand my hand omtrent. Die Engel behoort darem die bier koud te hou agter in die kappie by Dwarswegstrand. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 22/12/2023 - 16:21

Middag Chris, dit lees asof jou isolasie werk. Daai kappie het mos klein venstertjies in syflappe, as jy dit oophou terwyl julle ry behoort dit koel onder kappie te wees. 

Iemand kan mos kwalik daardeur iets gaps.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 23/12/2023 - 05:59

...uitgewerk. dit lyk asof borde aan die kante in 'n tipe van 'n gleuf/skouer rus.

Wat is volgende, die binneligte??

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 23/12/2023 - 07:02

More Chris, het jou kappie 'n plat dak? Ek het na myne gaan kyk, dit lyk soos IBR plaat. Om dit netjies glad te plak, sal 'n moeilike takie wees.

Die kanse dat kleinkinders, en klein kinders, agter sal ry by my, is so skraal soos wors in 'n hondehok.laugh My seun is erg veiligheid bewus, volgens europese standaarde, maar dis seker nodig deesdae.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 23/12/2023 - 07:43

Netjies Wildehont. As jy so voel, dan kry jy by materiaalwinkel vir jou roof lining . Ek het swart hier, en dit het so dun sponslagie op. 

Dit sal beter wees as jy jou bord eers oortrek, dan lê die materiaal plat, en hang nie. Vir die droog word. Die plak sal seker baie spesifiek wees met n primer en akriliese gom. Solvent basis gom vreet isoboard. Ek onthou nou, mens kry n buis, silicone gun cartridge , waarmee foam cornis geplak word. Sal baie dun moet aanwend, die hele oppv.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 23/12/2023 - 16:44

Vasmaak plek vir die tweede battery en Engel (sien onder). Maar ek het eers die ankerblokkies kleiner gesaag sodat dit in die gleuwe van die bak se vloer pas. Gelukkig kyk ek eers wat is onder die bak anders het ek waarskynlik in die tweede dieseltenk in geboor. En voor ek kon klaarmaak moes ons by Leipzig en Merwida gaan wyn proe. Dalk werk ek môre verder. 
 

A
 

 

0
Worcester

Wildehont

Sun, 24/12/2023 - 11:29

dit lyk asof borde aan die kante in 'n tipe van 'n gleuf/skouer rus

Die borde sit in ‘n kanaal wat reg rondom die onderkant van die plat deel van die kappie se dak loop. Die borde rus egter nie daarop nie, dis vasgeplak teen die dak se onderkant. Lg het ribbes in, maar tussen die ribbes is daar groot plat oppervlakke waarteen ek die borde kon plak met silikoon. Dit was ‘n vinnige en maklike oefening.  

0
Worcester

Wildehont

Sun, 24/12/2023 - 11:32

As jy so voel, dan kry jy by materiaalwinkel vir jou roof lining . Ek het swart hier, en dit het so dun sponslagie op. 

Ek moes voor die tyd daaraan gedink het. Ek het gewonder of ek nie viniel kan kry wat ‘n gomlaag op het wat ek teen die borde kan plak vir bietjie beskerming nie. Ek het die kinders mooi gevra om nie te lol met die borde nie, maar ongelukke gebeur.  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 24/12/2023 - 13:14

Weet nie of contact die regte gom is nie. Enige " solvent" tipe produk, los die polyesters op.

Haal die kappie af, en sit op die dak neer. So behoort jy reg te kom? Op n ander naweek as jy werk soek.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 24/12/2023 - 15:04

Ek het die hegpunte vir die yskas en tweede battery vandag ingesit. Die silwer gedeelte van elkeen met die ring kan verwyder en dan bly net die voetjies waarin dit vashaak agter. Dit was ‘n senutergende taak, want ek moes gate in die bak se vloer boor. Ek wou dit in die gleuwe plaas sodat dit nie uitsteek en vashaak plek word as die silwer deel verwyder word nie. Ek moes dus baie versigtig wees dat ek nie iets onder die bak raak boor nie. Die een an die linkerkant sit tussen die twee brandstoftenks se vul pype. Ek het darem niks raak geboor nie. Links bo sit ‘n herlaaibare liggie. Dit haak los wanneer dit nie in gebruik is of gelaai moet word. Ek gaan nie nou sukkel met bedrading vir 12V liggies nie, en dis eintlik net nodig wanneer ek saans iets in die yskas wil doen. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 24/12/2023 - 16:37

Middag Chris, ek aanvaar dat die yskas nie van die bakkie afgetel gaan word nie. Daarom is die hegpunte doer diep binne. 

Ek vervoer myne los en dit staan in die lengte amper by die agterklap. Sodoende kan ek dit maklik aftel, en ek kan deur die syklap selfs goete uithaal/insit daarin. Dit klap vol oop onder die kappie sodat ek selfs die hele mandjie kan uittel.   

0
Worcester

Wildehont

Sun, 24/12/2023 - 17:03

Die yskas gaan dwars staan tussen die wit pyle en die battery boks pas dan met sy kort kant tussen die rooies. Die yskas se deur gaan na die linkerkant van die bakkie wys sodat ek dit kan oopmaak van die linkerkantse deur van die kappie af. Dit bly in die bakkie. Dit het in die Prado ook gebly.
 

Dis ons drinkgoed yskas. Die tweede battery laai met ‘n DC-DC laaier van die bakkie se battery af as ons ry of met ‘n sonpaneel as ons staan. Aangesien die bakkie meestal gaan staan by Dwarswegstrand (anders as in die wildtuin) koppel ek die laaier sommer aan die Kavango se batterye wat laai van 220V af. Die kos kom in die kleiner kompartement van die Snomaster in die Kavango en die gevriesde goed in die groot kompartement. 
 

A

0
Worcester

Wildehont

Mon, 25/12/2023 - 08:46

Vanoggend vroeg tref ‘n gedagte my en hou my toe uit die slaap. Die Ranger se vering is gelig, en dis harder geveer as die Prado. Gaan die Kavango dan nie neus in die lig loop nie? En gaan die neuswiel hoog genoeg kan opwen vir die aan- en afhaak?

Toe ek later opstaan gaan meet ek. Die Ranger se haak is 150mm hoër as die Prado s’n. Ek sal dus dalk  ‘n sakplaat in die hande moet kry. En nou het ek te laat wakker geskrik want ons ry oormôre. Die ergste wat seker kan gebeur is dat die winkels môre toe is en ek Woensdagoggend een moet gaan kry en opsit. Dis nie ideaal nie.
 

Ek sal môre die Kavango moet uit trek en toets. Een kar vertrek darem vandag, so met ‘n klomp rondskuiwery kan ek die wa langs die motorhuis parkeer en die Prado in die motorhuis. Ek trek dit gewoonlik uit die motorhuis die dag voor ons ry, want dan is dit makliker om die wa te pak. Die yskaslaai kan bv nie heeltemal oopmaak in die motorhuis nie.  

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 25/12/2023 - 11:19

...gaan kyk, plekke soos Midas is dalk oop tot 13h00.

Dalk kan jy darem die bal nog laat sak, of het die hak net 1 stel gate.

Indien jy bekommerd is oor die neuswiel se uitdraai/ontkoppel, kry 'n lekker stuk hout, blokkie om onder neuswiel in te sit. Of met hulp van voorste poot, lig 'n ent op, dan laat rus op voorste poot, draai neuswiel op en laat sak die skag sover moontlik. Dan kan jy weer met slinger laaste stuk optel.

Hoop dit maak sin. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 25/12/2023 - 11:23

Chris, gaan sommer Woensdagoggend met wa en al na 'n trekstang plek. Dan kan hulle gougou vir jou 'n sakplaat aansit en alles oplyn omdat gelaaide wa en bakkie saam daar is.

Daai manne het die regte spanners en jy gaan binne 'n halfuur oppad wees.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 25/12/2023 - 12:04

Chris, gaan sommer Woensdagoggend met wa en al na 'n trekstang plek. Dan kan hulle gougou vir jou 'n sakplaat aansit en alles oplyn omdat gelaaide wa en bakkie saam daar is.

Dis ‘n goeie plan. Ek gaan môre eers kyk hoe/of ek die wa kan haak en hoe dit hang. ‘n Ander probleem kan wees dat die Ranger se agterkant te hoog is om onder die motorhuisdeur in te pas surprise 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 25/12/2023 - 12:28

Oppas dat indien die garage se vloer en plaveisel nie 100% saam gelyk is nie, dat jy 'n skewe beeld kry omdat bakkie se voorwiele moontlik laer kan staan as agterwiele en/of die wa se wiele in garage. 

Indien alles wel gelyk is, moet jy maar die wa sleep tot hak net buite die garagedeur is. Bakkie en kappie gaan mos darem onder afdak in.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus