Ek was nog gelukkig met my ou selfoon, maar moes nou vervang weens die battery lewe wat klaar is...vol battery haal nie eers meer n halwe dag nie
Nou het al so bietjie rondgehoor wat is goed en wat is nie goed om jou foon se battery langer te laat hou. Paar stellings wat ek gehoor het wat leeftyd beinvloed is:
*Moenie battery 100% laai nie....fone het deesdae setting om dit net tot byvoorbeeld 85% vol te laai.
*Moenie battery tot amper maksimum leeg tap nie
*Moenie foon elke keer laai byvoorbeeld op 50% nie....foon tel later memory op dat 50% leeg is?
*Moenie kar charger gebruik nie.
*Moenie foon heelnag op charge sit as dit byvoorbeeld net 2 ure neem om vol te laai nie
*Moenie n fast charger op n foon sit wat nie standaard daarmee uitgekom het nie
*Moenie kort-kort net halfpad vol laai nie
*Moenie foon gebruik terwyl hy laai nie
Bogenoemde is almal raad wat ek al gehoor het vir langer battery lewe....wat is jul ervaring? Wat werk vir julle?
Laat loop maar
Nou die dag op RSG het ‘n kenner gesê dit werk nie meer soos in die ou dae met foon batterye nie. Jy kan bv maar die laaier ingeprop hou al is die battery 100% vol. Ek glo nie daar is werklik meer gebruike wat ‘n slimfoon se battery leeftyd gaan verleng nie.
In ‘n iPhone se verstellings gee dit vir jou ‘n aanduiding van die battery se gesondheid. My stokou iPhone 8 se battery is nie meer baie gesond nie. Ek prop dit dus deur die dag in by die werk, en los dit snags as ek gaan slaap op ‘n laaier. Let op wat dit sê oor die iPhone wat my laai gewoontes leer onderaan die skermskoot hier onder.

My foon het 'n battery life…
My foon het 'n battery life extention funksie wat hom net tot 85% laat laai. Selfs al is hy vir langk gekoppel aan die laaier soos baie keer die geval kan wees, sal hy net tot 85% laai. Blykbaar hou die selfoon batterye nie baie daarvan om op 100% battery vlak te wees nie.
Aan die ander kant is dit belangrik om nie die selfoon te gebruik onder 10% bettery vlak nie, maar weer te laai voor dit op daardie punt kom.





Selfoon feite of flaters
More Geert
Ek vermoed alles wat jy noem kan die battery leeftyd nadelig beinvloed.
Ek het gou op internet probeer kyk hoe mens 'n Samsung A22 moet laai. die info is eintlik maar karig. Wat ek wel kon agterkom is dat dit 'n funksie van die tipe battery is.
Met 'n Li-tipe moet mens dit nie onder 50% kapasiteit laat gaan nie, en ook nie meer as 80% laai nie. Dit klink vir my na gemors, want hoeveel lewe het dit dan. Die Ni-Cd batterye is blukbaar meer robuust en kan anders hanteer word.
Mens moet maar die handleiding van die spesifieke foon raadpleeg.