Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -2 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -2 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -3 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -4 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -6 hours ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -9 hours ago

Strydoms se kombinasie

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Ek sien dat jare gelede daar 'n uitnodiging was om ons sleep goete te kom deel. Soos almal seker weet, ons sleep met 'n Hilux, onlangs 'n 2.4GD6 aangeskaf, en 'n Echo Kavango Extreme. 

Ek vermoed dat dit net ek en Chris Smal op die forum is wat van 'n Kavango gebruik maak. Wel so lyk ons goete;

kom1

kom2 Die anneks aan die linkerkant op die foto, is die en suite stort,wasbak en volgrootte toilet. Ons boswa is ook toegerus met 'n lugreëling. Dit vergoed vir die vrotsige sytent, wat die naam boswa gestand doen.laughEnige ongemaklike vrae sal herlei word na ECHO hoofkantoorlaugh

In plaas van "movers" soos op groot waens, kom ek reg met 'n elektriese neuswiel, en die beterhelfte se hulp. Foto van eersgenoemde hieronder;

neuswiel

Die afgelope week weer die genot beleef van die waentjie, kon lekker binne aansit by eettafel, gestyfde damask tafeldoek, rooiwyn uit kristalglase en braaivleis, terwyl dit onweer buite is.

Soos Chris S tereg opgemerk het, die lekker van aanboord warmwater, 'n 120l watertenk, maak skottelgoed was 'n plesier. 

 

Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 22/03/2024 - 16:26

Niemand het gesê dat 'n Damask tafeldoek en kristalglase nie by kampering tuis hoort nie...laugh(soos wat sommige van ons verkies on tussen wit lakens te slaap).

En nou het ek nog iets geleer....elektriese neuswiel. Met al hierdie fancy toerusting dink ek dat kamp opslaan nou baie rustiger geskied as tevore - al die vreemde tale, ai.

Terwyl dit na 'n kleiner karavaan lyk (of eintlik is dit 'n boswa) het julle steeds al die luukshede. Fantasties hoe al die goete beplan is.

Oor jou bakkie gaan ek liefs niks sê nie - netnou is ek ook in die sop (by die ander)yes

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 22/03/2024 - 17:28

Wessel, dis 'n interessante konsep wat ek nog nie vantevore gesien het nie. Dié wat ek al wel gesien het, het 'n bal waarop die wa se hak geplaas word. Volgens die foto word die slingerpyp aan jou A-raam vasgeklamp en dit moet jy doen terwyl die Kavango nog aan jou sleepvoertuig gehak is.  Daarna ontkoppel jy die kombinasie deur die slinger opwaarts te draai.

As jy wil beweeg, stap jy agteruit met die hanteerarm na voor of stap jy saam met die wa langs die A-raam ? Die snaakse kinkel aan die onderkant van die hanteerarm, laat my dink jy stap langs die A-raam in 'n vorentoe-beweging.  En as jy wil draai, draai jy bloot net die hanteerarm ?

Ns.  As jy dalk hier in Brackenfell verby kom, onhou dat ek jou 'n blikkie spuitverf gee  -  ek merk 'n paar roeskolletjies op.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 22/03/2024 - 20:00

...volpunte Len!! dit is werklik 'n gewone neuswiel [jockey], slegs met 'n 12v motor en ratkas aan. dit kan vorentoe en agtertoe, en jy stuur dit met die hanteerarm terwyl jy langs a-raam stap.

Dit het net 1 nadeel, dit is baie stadig, maar nogal baie wringkrag..Ons ry dit elke keer saam, vir die wis en onwis.

PBE het dit ook onderhande gehadlaugh 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 22/03/2024 - 20:34

......by watter kampterrein is die foto van julle opset geneem ?

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 23/03/2024 - 11:59

...aan die jong man Chris S. Die foto met Marie in die foto, is in KarooNP met die Herfsblaar bende byeenkoms, April 2022.

Die ander terrein is Manyane in die winter.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 23/03/2024 - 16:59

Die foto met Marie in die foto, is in KarooNP 

Tydens ons enigste besoek het ons op dieselfde staanplek gestaan.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus