Ek staak nou die ander gesprekslyn (Die wildtuin wink alweer). Ek gaan poog om meer detail terugvoering hier te gee. Verskoon by voorbaat indien ek iets herhaal, maar ek gaan poog om dit nie te doen nie.
Eere wagters
Daar is twee eere wagters wat permanent in Satara staan. Hulle sorg dat meeste van die instandhouding en verbeeterings uit gevoer word. Die af bakening van die staanplekke met wit verf was een van hulle taake. Hulle het ook verhoed dat daar meer staanplekke bygevoeg word. Hulle is baia bezig met alerhande taakies wat aan niemand anders getaak kan word nie. Soos die staff se skool kinders bus toe vat ens.
Ons ken hulle persoonlik want hulle staan al vir 3 jaar daar.
Goeie nuus...
oor die ere veldwagters wat in Satara se kamp staan. As dit kan help dat kampe instand gehou word kan dit moontlik werk om in elke kamp so 'n persoon te hê - of skep dit nou weer ander moeilikheid? Ten minste werk dit dan vir Satara en ek is baie bly daaroor![]()
Len vir ereveldwagter
Len, jy kan jou afstand probleem mos op die manier oplos. Gaan parkeer jou Exclusive permanent in Satara, en word ere veldwagter. Dan hoef jy nooit weer te bekommer oor die afstand Kruger toe nie.
Jy hoef jou ook nie te bekommer aan die afstand Brackenfell toe nie. Ek sal redelike prys aanbied vir jou plek daaronder.![]()
Ereveldwagters
Ereveldwagters het oor die jare heen wonderlike diens aan al SANParke se oorde gelewer en ook groot somme geld bymekaar gemaak vir allerhande toerusting waarvoor daar nie begroting was nie. In die Kruger Wildtuin is hulle ook verantwoordelik vir die opspoor en verwydering van duisende strikke wat in die bos gestel word.
My broer was vir jare 'n ererveldwagter voor hy 'n pos by die Universiteit van Wene in Oostenryk aanvaar het - vandaar ook my binne-inligting van wat hulle onder andere in die Kruger Wildtuin gedoen het.
Maar ek sal maar liewer 'n Kaapenaar bly wat as 'n gewone besoeker die Kruger Wildtuin besoek vir solank as wat dit moontlik is.
Keuse van verblyf
Soos julle weet ons toer die hele land vol vir maande. Ook die naburige lande en so nou en dan oor see. Ons is ook altyd bezig om uit te kyk vir n’ “beter” plek om in aff te tree. Twee van ons kinders woon in die kaap so dit skep n’ aantrekking daar. My oudste dogter vlieg so 3 keer in n’ jaar op Pretoria toe en dan ry hulle aff Wildtuin toe. Hulle doen all hulle besigheid in Limpopo so hulle hou n’ kar hier in PTA. Sy se ook dit is die beste plek op aarde maar hulle will maar kaapenaars bly. Ons sal maar sien?
Die weer en gerieflikheid en afstand na die dinge wat ons van hou, die natuur en buite lewe, is maar net die beste hier in Pretoria. Ons het nog nie n’ plek gekry wat dit die moeite werd maak om na te trek nie.
Ja die eere wagters doen in meeste gevalle uitzonderlijke gooie werk. Ons het dit oor weeg om aan te sluit, in feite my vrou het al haar FGASA kursuse voltooi maar ons het besluit dit gaan ons bewegingsvryheid te veel in kamp. Ons betaal mar vir ons kampeering en geniet die vredigheid om te kom en gaan soos ons will.





skoon Satara.
Ons het laasjaar lekker tussen die witstene gestaan, geen pofadders ontmoet nie. Moet sê, dit was nog die nettjieste wat ek Satara in lang tyd gesien het. Tot nuwe wasmasjiene en tuimeldroërs was beskikbaar.
Ons was baie gelukkig om die skoon, plat met skadu, en sommer by hoofingang te kon kry. Kon kies watter ablusie ons wou gebruik. Regs agter kom die naaste ene uit.