Is dit moontlik om d.m.v. die forum 'n e-pos aan iemand te stuur terwyl mens nie die persoon se e-pos adres het nie?
Wessel..............
............nou van wanneer af is hierdie ouballie 'n tegniese kenner van sosiale media forums? Moenie vergeet nie, tot 16 jaar gelede was ek 'n bankier en deesdae 'n Exclusive voorbereider vir die Kruger Wildtuin - baie ver weg van die operasionele werking van forum.
Rona.
Soos Wessel sê, jy kan net op die persoon wat jy wil kontak se naam klik, en dan kom die persoon se profiel op met drie "icons" oa "View, Activity en Contact", dan klik jy op lg. ikoon en 'n gewone e-pos vorm verskyn.
Doen jou ding en die e-pos gaan na die adres wat die persoon in gedien het met aansluiting.
Dit is nie nodig om op die lede lys te wees nie, jy kan sommer in enige gesprekslyn net op die naam van die persoon te klik.
Myne werk nie
Die e-pos adres waarmee ek geregistreer het werk nie meer nie. Moet dus nie dink ek is ongeskik as jy vir my ‘n e-pos stuur via die forum en ek dit nie antwoord nie.
Dankie vir die hulp
Glo ek sal regkom - bietjie later, besig om "grout" tussen teëls in te werk vandag.
Ek het nou so lekker gelag oor Len se benaming vir homself "Exclusive voorbereider vir die Kruger Wildtuin"!!! Dit het my laat dink aan 'n radioprogram van donkie-jare gelede. Dit was lank voor RSG, waarskynlik Radio Suid-Afrika (of so iets). Ek kan om de dood nie nou die naam van die program onthou nie, maar dit het daaroor gegaan dat die beroep van 'n persoon geraai word deur ?3 ander. 'n "Spookstem" het dan aan die radioluisteraars die beroep bekend gemaak - in hierdie geval dan nou Len se huidige "beroep". Die eerste vraag van die paneel was dan ook gewoonlik: werk jy met mense? Nuttelose stukkie, maar net miskien onthou iemand anders ook..
Wildehont, 'n spesifieke rede dat jou adres nie meer werk nie? Net miskien is jy oorval deur vrae oor diere en die aanbiedinge vir 'n sekere voertuig....![]()
Lekker dag vir julle almal.
Tuis rekenaar se e-pos het opgepak
'n spesifieke rede dat jou adres nie meer werk nie?
Dit was opgestel op my skootrekenaar tuis, en die Outlook het gebreek en ek kry dit nie weer aan die werk nie. Ek wil nie die adres opstel op my foon of werk rekenaar nie, so dis nou maar dood.





Dit is moontlik
Môre Rona
Jy moet op die lid se naam klik, onder lede lys. Dan kom jy by die persoon se kontakbesonderhede uit. As ek korrek onthou, is daar dan 'n skakel om via forum vir die persoon 'n epos te stuur.
Indien die raad verkeerd is, moet die grootmense soos Len en Johan asb reghelp.