6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -5 minutes ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -2 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -2 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -10 hours ago

Woonwa dagboek

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Sommer lus om gesels te begin.

Wie hou ook sorgvuldig boek van sy woonwa se;

afstand [kilometers] gebruik

dienste gedoen en kostes

onderdele wat vervang is.

Ek blaai nou deur my boekie en verbasend genoeg het ons al self ongeveer 24 900km met die Kavango getoer. Hoeveel die eerste eienaar dit gebruik het, het ek nooit gevra nie. 

Vandat ek in Augustus 2021 afgetree het, het ons al 16 500km daarmee getoer. 

Vaalpark

Johann L

Sat, 21/09/2024 - 16:38

Wessel ek hou glad nie boek van my woonwa se uitgawes en dies meer nie. Ons kampeer nou al 40 plus jaar en het nog nooit eers daaraan gedink nie.

Moet sê, ek bewonder julle ouens wat noukeurig boek hou.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 21/09/2024 - 18:39

... hoeveel keer my karavan al langpad geloop het, maar het nie 'n idee van die totale afstand en onderhoudskoste nie.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/09/2024 - 19:09

....of derglike dinge nie. Dit is vir my net lekker om boek te hou van wat ek al moes vervang, en hoe gereeld. Dit gaan nie soseer oor die onkostes nie, maar bloot die statistiek.

As ek die ding wil verkoop, kan ek ten minste vir die koper wys wat alles al herstel/vervang is. Wat ek alles bygevoeg/ingebou het. Hopenlik help dit met die verkoop.

 

Kaap

Goeie Hout

Thu, 26/09/2024 - 16:54

Nogal n slim plan, maar ek los sulke data vir ander.  

Miskien moet n mens dit hou vir die koper van my Fleetline.  Dalk kry n mens n beter prys as jy sien hoe gereeld dit gediens word.  Ek werk so elke 2de jaar vir seel en "bearings" en "movers" by Pine.

Al wat ek voor IN DETAIL "budget" is my trippie na Kruger in Mei 2025.

 

Groete

Brits

Wessel Strydom

Thu, 26/09/2024 - 18:49

...goeie ding om voor te begroot. Twee groot uitgawes aan Kruger toer is tolgelde en dan natuurlik brandstof in wildtuin, vir diere soek. Ek vergeet gewoonlik van laasgenoemde en dan is ek verbaas oor brandstof uitgawe.

Besluit voortydig hoe lank is julle in Kruger en beplande kilo's/dag wat jy be-oog. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 26/09/2024 - 19:50

Vandat ek ons Exclusive 19 jaar gelede gekoop het, hou ek rekord van die aantal kilometers wat ek gesleep het tydens elke vakansie of wegbreek. Ek merk ook neer wanneer ek bande, wiellaers vervang het, seëlwerk gedoen het asook ander reparasies.

Op versoek van Herman spog ek dan dat hierdie Exclusive al 84 780 km agter my huidige en vorige Pathfinder gesleep is.  Feitlik al hierdie kilometers was langpad, op teer natuurlik.

Kaap

Goeie Hout

Thu, 26/09/2024 - 20:04

Jislaaik.  87 780 dis baie.

Ok julle het my oorreed.

Ek sal nou boek hou.

Kaap

Goeie Hout

Thu, 26/09/2024 - 20:08

Jip ek begroot baie konserwatief.  28 rand per kilo teen n 7 kilos n liter (izuzu).

So ek behoort ok te wees.  My swaer gaan saam so ek begroot so 1500 vir tol paaie.

Kruger is al vas gemaak.  

Krokodil brug Krokodil brug Krokodil brug Onder Sabie Onder Sabie Onder Sabie Onder Sabie Onder Sabie Onder Sabie Satara Satara Satara Satara Satara Satara Satara Satara Skukuza Skukuza Skukuza Skukuza Skukuza Skukuza Skukuza Skukuza Berg en dal Berg en dal Berg en dal Berg en dal Berg en dal
Kaap

Goeie Hout

Thu, 26/09/2024 - 20:11

Julle gaan siek vir my raak oor toer program.

Ons was 2009 laas daar toe ek my 2 meisies geneem het wat Std 9 was daardie tyd.

So ek en mamma en haar suster met swaer gaan.  Die goue reel is elke paartjie het sy eie slaap plek en motor.

Vanaf 2025 sal ek volledige fotos oplaai.  Ek hoor die manne hou van fotos.

 

Lekker aand

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus