Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
30% November 2026 Geert -5 hours ago
see water November 2026 Geert -5 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -9 hours ago
Kat aan die knaters beet. November 2026 neef Herman -13 hours ago
Groot teenstrydigheid November 2026 Wessel Strydom -13 hours ago
Weet regtig nie of sulke… November 2026 neef Herman -14 hours ago

Namaqua NP besoek Oktober 2025

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Een Saterdagaand na almal gaan slaap het kyk ek wat YouTube vir my aanbeveel om te kyk en kom op die video hier onder af. Ek kyk dit, en daar byt die gogga my. Dis nie so ver van Worcester af nie, dit lyk na ‘n lekker avontuur, en volgende jaar se Oktober vakansie is nog oop. Ons gaan nie gewoonlik dan weg nie want Junie/Julie se Krugerwildtuin besoek is duur en Desember by Dwarswegstrand is self nie goedkoop nie. Maar ek het na 10 jaar se diens einde Julie 10 dae langdiens verlof by gekry, en ek hou van avontuur.
 

Gisteraand wys ek vir Salomien grepe uit die video, en kry in beginsel goedkeuring om ‘n toertjie te beplan. Ek verwys nou nie na die soort wat mens in jou adamsgewaad van die klerekas af spring nie, maar ‘n kort toer. Sy het sekere voorwaardes. Daar moet genoeg water wees om mee te was (ons selwers - die res is vanselfsprekend). Ongelukkig wys ek haar ook ‘n deel van die video waar koffie met ‘n Espresso masjien gemaak word wat deur ‘n Ecoflow kragbron krag kry en sy reken dit moet ‘n moontlikheid wees. Selfs met heelwat afslag wat tans aangebied word kos ‘n Ecoflow wat die moeite werd is R15k sonder ‘n sonpaneel, so ek smoor die droom in die kiem. 
 

Daar is ‘n aantal geproklameerde openbare kampeer gebiede tussen Strandfontein en Namaqua NP. Hulle beskik egter oor geen geriewe nie, en mens kan nie bespreek daar nie. Kaarte van die Namaqua NP wat aandui presies waar die staanplekke is, is skaars en ek het my tot Google Earth gewend. Die kamppleke is binne iets soos 43km se kuslyn geleë, en daar is net klipskerms gebou teen die wind en ‘n paar put toilette.
 

Van die kampeerplekke is bo rotse, met so twee of drie bo sand. Mens gaan natuurlik nie daar swem nie, maar ons kinders hou van speel met en op sand en mens kan lekkerder stap daarop as op rotse. Ek het dus besluit op twee aande elk by Koringkorrelbaai en Kwass se Baai wat beide nog beskikbaar was. Ek kon nie regkry om dit te bespreek aanlyn nie, en het ‘n besprekingsversoek ingesit per e-pos. Hopelik kry ek môre goeie nuus, anders sal ek maar die kantoor op die Weskus probeer bel. 
 

Ek sal ‘n aand of twee voor en na die vier aande sonder geriewe byvoeg in Hondeklipbaai en Strandfontein of dalk eerder Elandsbaai. Ek wil net eers die kampering in Namaqua NP vasmaak.

Dan moet ons besluit of die Kavango saamgaan of nie. Daar is ‘n “hoofpad” wat meestal met ‘n 4x2 gery kan word volgens gereelde besoekers. Dit is egter ‘n entjie weg van die kus af, en mens moet met sandpaaie by die kampeerplekke in- en uitkom. Aangesien ons net een voertuig gaan wees, moet die Kavango dalk maar bly en ons met tente gaan. Ek het twee boogtente van 2,5mx2,5m waarin ek regop kan staan. Die kanse vir vasval sonder die Kavango is baie kleiner solank die banddruk laag genoeg is. Gereelde besoekers beveel 1 bar aan. 

video
Brits

Wessel Strydom

Tue, 19/11/2024 - 18:12

Chris S, die ene gaan almal lees en opslurp. Ek hoop vir julle part dit realiseer.

Jy het gelukkig 11 maande vir opleiding om Kavango te sleep. Wees 'n sport en gebruik daai Prado. devilDis mos relatief kort afstand, dus is petrolverbruik nie so 'n groot uitgawe nie. 

Vind uit, maak 'n lieflike video van toer en verkwansel dit aan Echo en Toyota.

Kry vriende met 'n Land Cruiser om saam te gaan. O gaats, ek kan dadelik aan iemand dink, en hulle is gesoute 4x4 kampeerders. laugh 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 19/11/2024 - 19:47

Elke keer as ons Kalahari toe gaan, praat ons van eendag die Weskus Namakwa te besoek. Naaste was by Strandfontein en Tietiesbaai, want dan is Jurgie agterna. 

Het in die week gaan kyk, en ás jy in die Kgalagadi wildernis kampies wil bly, gaan jy sowat R2700.00 per aand hoes. Gedink om volgende jaar te gaan inloer. Ás ons plek kry......

So dan kan kan ons die kar pak met tent yskas,  kratte etc etc  pak vir die Weskus agterna.  Sal moet dink of dit kan werk.

En

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 19/11/2024 - 20:42

Ek sit nou-nou so en dink - ek het vroeër vandag net op die rekenaar probeer bespreek aanlyn. Dalk werk dit van my slimfoon af. Ek probeer dit toe en:

C

B

A

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 19/11/2024 - 21:17

..............interessant, maar vir hierdie oubaas sal dit 'n geniet uit mede-kampeerders se terugvoer wees.

Die dae van sulke avonture is ongelukkig vir ons twee oues verby.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 19/11/2024 - 22:29

Ek sit nou nog YouTube videos en kyk. Die span hier onder was by een van die kampe waarby ek bespreek het. Een het wat lyk soos ‘n Imagine Trailvan gesleep (lekker ligte wa) en die ander ‘n Bushlapa (lyk ook na ‘n tweeman een - Boskriek seker). Dis albei ligter as die Kavango, maar die sand op hulle video lyk nie te erg nie. 

video
0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/11/2024 - 05:01

.... jy praat so van avonture wat verby is, dus beperk ons, ons maar tot die ander toertjies waarna Chris S so terloops na verwys.laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 20/11/2024 - 08:02

Dit blyk dat die “hoofpad” wat nie reg langs die kus kronkel nie heel begaanbaar is, meestal selfs met ‘n 4x2. Daar draai blykbaar egter ‘n klomp paadjies af kus toe, en van hulle het dik sand en uiteraard ‘n helling.
 

Op een van die YouTube video’s wat ek gisteraand gekyk het, het iemand met ‘n 3.0 D4-D Hilux wat ‘n Conqueror sleep vasgesit. Hy het wel nie sy bande genoeg afgeblaas nie. Dit maak ‘n helse verskil in sand. 
 

Vir jou 4x4 beveel almal 1 Bar aan vir die sand in Namaqua NP. Toe ek Rooiduin toe was het ek tot my spyt nie die Everest se bande afgevat na die 0,8 Bar wat hulle aanbeveel het toe ek in die sand in is nie. Ek het vertel hoe die eienaar my met sy FJ Cruiser moes uitsleep (en hoe ek hom toe later weer met die Everest moes uitsleep).
 

Ek het bietjie gesoek, en die banddruk wat aanbeveel word vir ‘n offroad karavaan in sand is tussen 1,2 en 1,6 Bar. Dit stem ooreen op webwerwe in SA en Australië. Ek sal moet kyk of die Kavango in die Ranger se spore loop. Anders gaan ek dit deur die walle weerskante van die Ranger se spore moet sleep. Ek is gereed om sonder die Kavango (met boogtente en afblaasmatrasse) te gaan, maar Salomien skop nog vas. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/11/2024 - 11:52

....om van julle tweestryd te hoor. Onthou, ek is aan jou beterhelfte se kant. 

Kyk sommer na die Prado-Kavango se spoorwydtes ooklaughlaugh

Het jy al navraag gedoen op die 4x4 groep, wat se raad kan jy daar opspoor.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 20/11/2024 - 13:29

Ek is besig met navorsing oor die toer. Die werklikheid is dat een persoon wat vassit in dik sand omdat hulle voertuig se bande te styf gepomp was die dag voor jy dieselfde pad gebruik, dinge so kan omklits dat jy ‘n dag later ook daar vassit.
 

Met die regte banddruk sonder die Kavango op sleeptou is ek nie te bekommerd nie. Ek het baie in sand gery in Botswana en Mosambiek. Die paar keer wat ek vasgesit het was amper sonder uitsondering toe ek nagelaat het om die bande genoeg af te blaas. Die een uitsondering was toe die LC79 waarmee ek gery het op die strand by St Lucia se voorste dryfas losgekom het en ‘n gat in die oliebak geslaan het. Toe sit ek sonder 4x4 en kon in elk geval nie die enjin laat aanhou loop sonder olie nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/11/2024 - 13:33

.... jy moet asb verstaan----jy moet jou navorsing toespits op Kavango sleep in die sand. Jy wil mos nou nie 'n goeie huwelik vertroebel nie.laugh

Capice

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 20/11/2024 - 14:34

Kavango’s is so skaars soos hoendertande in die Wes-Kaap. Dis Bushlapa wêreld die. As Salomien saamgaan (maw as die Kavango saamgaan) sal ek maar net soveel as moontlik goed uit die Kavango moet haal voor die toer om dit ligter te maak. In Namaqua NP gaan ons reeds begin met 120kg water aan boord van die wa. Ek moet ook nog ‘n plan maak om dit by ‘n weegbrug te kry sodat ek weet hoe swaar ek werklik sleep. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/11/2024 - 14:49

Is dit rerig so belangrik om die gewig te weet?? 

Ek is 'n totale leek op die gebied van woonwa sleep oor sandpaaie, dus is ek salig onbewus van die sensitiewe faktore wat 'n rol speel. Ek verstaan wel dat spoorwydte van wa en voertuig verkieslik baie naby aan dieselfde moet wees vir makliker sleep.

'n Ander faktor vir navorsing, waar moet gewig verkieslik wees, agter op die trokkie of in die wa?? Ek raai, agter op die bakkie. 

Sterkte mater, ek gaan ophou terg, maar ek dink jy bekommer jou verniet. Jy het 2 uitstekende 4x4 voertuie vir die taak. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 20/11/2024 - 15:45

Die enigste sleepwerk wat ek in sand gedoen het was toe ek toere gedoen het in Botswana. Meestal met ‘n Mercedes 1617A soos op die foto’s hier onder. Dis van voertuie van die maatskappy waaroor ek gewerk het. Voor dit het hulle met Samil 20’s en Unimog’s toere gedoen in Botswana. Ek het dit net gemis. Afgesien van 4x4, groot wiele en lekker lae ratverhoudings (topspoed in hoëstrek was 90kph) het die Mercedes1617A ewenaarslotte voor en agter gehad. 

 Ek het twee keer vasgesit. Een keer in sand toe ek te lui was om te stop om die bande af te blaas, en een keer op Makgadikgadi panne toe die flaminke baie ver was en die gaste nader wou kom, Dit was ‘n klei gemors en het ‘n paar uur gevat om uit te kom.

Die ding met sleep in die sand is dat die wa geen aandrywing het nie. Dus werk die sleepvoertuig heelwat harder om op ‘n redelike spoed te kom om momentum op te bou (wat mens moet behou om deur die sand te kom). Bande afblaas, momentum behou en in die spore bly is hoe mens deur sand kom.
 

Warm, droeë sand ry ook moeiliker as nat of koel sand. Eg het meer spasie tussen korrels en dus sink mens makliker daarin. Die afgeblaasde bande se voetspoor is groter en dryf makliker op die sand. Moenie rem trap op sand nie. Dit bou ‘n walletjie voor die band. 
 

Terug na die punt, hoe swaarder die wa is, hoe moeiliker dryf dit op die sand en hoe harder moet die sleepvoertuig werk om momentum op te bou en te behou. Aanvanklik met wegtrek kan dit amper soos ‘n anker wees as die sand dik is. Dis hoekom die gewig belangrik is (afgesien daarvan om te weet of mens binne die wet is). En as jy vasval met ‘n wa op sleeptou ry jy nie sommer net agteruit en probeer weer nie…

 

A

B

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/11/2024 - 16:16

...is goeie opsie. Trek niemand met uniform se aandag nie. Ek is seker jou wynboere vriende kan daarmee help.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 20/11/2024 - 17:34

Hy is by Aan de Doorns kelder en het gesê hy sal my help by hulle weegbrug. Ek moet net die wa daar kry…

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 20/11/2024 - 17:39

Hi Wildehont. Op Sanparks is n lys van parke en datums wat onder hul Black Friday aanbieding gaan val. Tot 50% afslag. Miskien moeite werd om te loer of jou datums deel is daarvan

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 20/11/2024 - 18:04

Wildehont, het jy nie onlangs genoem dat jou Prado nie laestrek het nie? Het vreemd geklink.  Die ou ballie sal wragties nie in sand ry sonder laestrek nie.  Jy werk die kierie soos ń F1 pilot om van stilstand tot bietjie spoed te kom. En dan oor skakel na hoë strek so ent later.  Kos bietjie oefen om mooi glad te doen.

Die " lae strek/ hoē strek" klink nie lekker nie. Low range/ high range is maar die taal van die po baai po manne.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 20/11/2024 - 19:41

Oom Neef, my Prado is standaard. Outomatiese 5-spoed ratkas permanent in 4x4 maar met ‘n oordragkas wat kan skakel tussen 4H en 4L met ‘n kierie. Dit het ‘n ewenaarslot op die oordragkas sodat die voor- of agterwiele nie gaan stilstaan en die ander tol as een as se wiele nie lekker vastrap nie. Maar dit het nie op die aste ewenaarslotte nie. Dis wat ek onlangs gesê het.
 

Dit kan nie tussen 4H en 4L (of andersom) skakel as dit nie stilstaan en in neutraal is nie. My Everest en Ranger werk ook so, seker maar om die ratkaste te beskerm teen skade omdat daar nie ‘n koppelaar is nie? Die Everest en Ranger kan wel tussen 2H en 4H skakel terwyl dit ry (onder 100kph). Hulle werk egter nie met ‘n kierie nie, maar ‘n draaiknoppie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 20/11/2024 - 19:48

Dankie Geert, ek het gaan kyk. Dit lyk vir my of al die parke ingesluit is in die tot 50% afslag. My datums vir Namaqua NP is egter na die tydperk waarvoor daar afslag aangebied gaan word van 25 November af. Gelukkig is Namaqua NP se kampering nie duur nie. Vier aande vir ons vier was net R809,82. Ek het in elk geval net betyds bespreek. Daar was net een staanplek oor by Kwass se baai vir my datums, wat ek gekry het. 
 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 20/11/2024 - 21:02

Dan het ek verkeerd verstaan. Die ewenaarslot is wat jy sal gebruik  in 4wd omstandighede ?? Die oorgang tussen laestrek na hoëstrek met automaties, het neef geen ondervinding van nie...

Jy sal nooit van hoog na laag in die ry kan doen nie, iets sal rinneweer.

Met die ou skool 4wd, bv my 76, kan jy van low, na high skuif in die ry. So. Waneer jou rpm lekker hoog is in 3de laag, clutch in skuif ratkas in neutraal, en kort kierie na High. Los clutch, trap weer in en sit in 2de rat, nou hoog. Amper soos on die ou dae se Bedford lorries wat jy moes double clutch tussen ratte wissel. As jy nie lekker die in en uit reg doen nie, dan krap die gearbox. 

Ons het die meeste gebruik op sagte sand waar jy swaar wegttek, maar bietjie wil " float" deur bo-oor die sand te ry met hoër spoed.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus