Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -7 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -15 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -15 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -17 hours ago

Januarie 2025

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!

Dan ook wens ek aan al my forumvriende net die beste vir die jaar wat voorlê met goeie gesondheid en vele heerlike kampe. Mag 2025 al julle stoutste verwagtinge oortref. Julle verdien ditheart

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 08/01/2025 - 08:14

Ek gebruik ook een. Al wat my pla daarvan is dat ek wonder of dit nie moeiliker gaan wees vir die wa om los te breek as iets fout gaan nie. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 08/01/2025 - 08:19

Goeiemore Sleepnou.  Ek was gesksok toe ek vanoggend gehoor het van Noddy.   Ons het al lekker ssamtrekke saam met hom gehou.  Ek onthou die goeie dae toe ons nog vele saam ingeskakel het op "Om Die Kampvuur" Saam met Noddy en so saam aanlyn gekuier en musiek geluister het.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 08/01/2025 - 09:08

Het paar weke terug ingeskakel terwyl hy musiek uit gesaai het ja ons moet dankbaar wees as ons die volgende dag sien

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 08/01/2025 - 10:02

Hoe gaan dit met julle?? Eerstens is jou vrou volkome herstel en aan die gang. Tweedens, hoe gaan dit met die tweeling dogtertjies.

Jy het my opgewonde gemaak met "sondes bely" stelling. Ek dog jy het 'n Toyota bussie gekoop vir jou uitgebreide gesinlaugh

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 08/01/2025 - 10:39

Hallo Wessel.   Jonika sal hierdie jaar gaan vir die reversal om weer haar kolon op te koppel.

Die tweeling was die 2de Jan 1jr oud en hulle is mooi gesond dankie. (-:

Ek sal later verslag gee oor die yster van 'n voertuig waarmee ek my trop vervoer smiley

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 08/01/2025 - 11:34

Die twee is pragtig. Glo julle is baie trots op hulle en dat die boeties ook lekker popspeel.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 09/01/2025 - 11:41

Ou Duzi kanoe                                            gekoop  en gerestoreer. 

Vanoggend gaan toets en dit was Elmarie se 3de keer in 'n kanoe. Lekker lank geroei en was so lekker op die water dat ek sommer weer die Duzi wil doen. winkLekker warm weer en windstil.

Nog 'n rede wat ons skuif van Durban die moeite werd maak. Die riviere hier is so skoon en sonder gemors dat dit 'n plesier is om op dit te roei en die natuur te geniet. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/01/2025 - 11:56

...dis die lewe!!!! Ek sal dit ook geniet om met 'n PLATBOOM kano op sulke stilwater te roei. Myne sal aangepas moet word om 'n lekker groot sonsambreel tussen die 2 sitplekke te hê.

Ek het vir my kinders toentertyd 'n "wave ski", of is dit "paddle ski" gekoop. Baie pret gehad by Nahoonstrand Oos London.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 09/01/2025 - 12:08

In my hogere skool dae innie Vuildriehoek was daar 'n kanoe liga waaraan byna alle skole deelgeneem het. Toe was die Vaalrivier nog nie die Vuil Rivier nie en mens kon selfs daarin swem. In somertyd was daar 'n gedurige roei oefening aan die gang byna elke middag tot vroegaand toe. Dit is nogal 'n kuns om nie om te rol met daai kanoe's nie. Kan nie mooi uitmaak nie Jan of julle die roei oefening doen met of sonder die sitplek v/d kanoe nie...met die sitplek in skuif die swaartepunt redelik boontoe wat dit vrek moeilik maak om regop te bly. Destyds was daar kort afstand ("sprint") wedrenne (vir K1, K2 en K4, oftewel 1-sitplek, 2-sitplek en 4-sitplek) asook langafstand, die groot wedren van die seisoen was oor twee dae tussen die Vaaldam en Parys, 1ste fase was van die dam tot by Vanderbijlpark, en 2de fase dan verder tot Parys wat ook bietjie witwater onder die Barrage ingesluit het. Die "groot" mense het die Duzi en Bergrivier wedrenne oor etlike dae gedoen. "Those were the days"!

PS. Vir die wat hierdie kanoe's nie ken nie, doen die voorste roeier die stuurwerk met so 'n magaftir in 'n T vorm wat hy/sy met hulle voete bedryf en die roer dmv dun kabeltjies agteraan die kanoe beheer...sien Jan doe die stuurwerk!

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 09/01/2025 - 12:45

Grootwind                                                    die K2 se sitplekke is in. 

Toe ek in1993 Durban toe getrek het kon ek nie eers behoorlik swem nie maar wou bitter graag die Duzi doen. Gelukkig het 'n kollega wat al een Duzi gedoen het gesê hy sal dit saam met my doen.

Nou toe begin die enkel kanoe ding. Vir 3maande elke oggend vroeg sodat niemand my kon sien nie die ding probeer. Sitplek uitgehaal bietjie water ingetap sodat hy laer in die water kon lê vir meer stabiliteit maar aikôna. Kon later so 100m roei maar as ek links of regs kyk dan swem ek. Roei en stukkie plastiek op die water word met spaan geraak en dan swem ek. Nogal kanoe gekoop want dan sal ek harder probeer. 

Een oggend kom daar drie jong dames daar aan wat nog nooit in 'n kanoe was nie. Hulle klim in en daar gaan hulle. Toe skop die ego in en demoer ek sal hule wys. So het ek aangehou en uiteindelik 15 Duzi's gedoen. 

Twee keer op die podium in Duzi. Een keer vir 3de plek in gemengde paar (man en dame) en laaste Duzi 2de in ouderdom groep 70+ jaar. 

Die Duzi is 120km oor 3dae waar daar 2 aande oornag word in die veld.  Dan ook 3 x nonstop Duzi's gedoen waar jy die hele roete in eendag moet voltooi. Kan so paar plekke bietjie kortpad neem veral oor Inanda dam. 

Die hardste is egter die eerste dag waar jy sowat 14km met die kanoe deur die veld en dongas moet hardloop. Paar keer gewonder wat soek ek hier en hoekom straf ek myself so. 

 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 09/01/2025 - 13:58

Hennie nee is klaar                                           met die Duzi. Jy moet soveel kanoe wedlope doen om 'n goeie wegspring te virseker dat dit 'n duur storie word. Vir elke wedloop wat jy voltooi so naby as moontlik aan die wenner kry jy punte wat jou wegspring tyd bepaal. Kwalifisering is nogal streng wat reg is. 

Gelukkig het my laaste Duzi maat meer as 25 Duzi's gedoen wat jou in die  D- "batch" laat wegspring. So 60 kanoes word in 'n batch toegelaat. Party Duzi's gaan tot T-batch wat jou laat wegspring wanneer die D'batch al klaar is. Dit is 'n lang dag. 

Die Duzi word gereken as die taaiste kanoe wedloop wêreldwyd omdat die stroom versnellings erg is met baie rotse. Elke versnelling het 'n naam en party word deur  beginners gevrees want dit is rof. By hulle is daar lewensredders wat help as jy in die moeilikheid beland. Byvoorbeeld "washingmachine" waar as jy uitval kom jy moeilik uit. 

Kanoes word ook na elke dag reggemaak want die rotse is kwaai op hulle en jy moet in die kanoe waarmee jy begin klaarmaak. Kan nie omgeruil word nie. Kanoe's bly by die oornag plekke en word daar herstel. 

Het nog net in 3x Duzi's nie geswem nie en die uitval in stroomversnellings is waar jy seerkry. Dan moet jy kant toe swem met  die kanoe , hom leegmaak en weer inklim. Dit is harde werk. 

Jare van Januarie Duzi, Maart Argus fietstoer en Mei Comrades doen is nou verby. smiley

Nou doen ek dit om fiks te bly. 

 

0

Kanoe?! Nee dankie, nie vir my nie.  Jare terug op een probeer klim en kan net nie my balans hou nie.  so 2 keer omgeneuk en dit was die laaste.  Moet bieg, ek was nog nooit gebou vir 'n kanoe nie...

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 09/01/2025 - 15:27

Kanoe laat jou                                                jou hard werk met die skouers, bobene een maagspiere om jou balans te hou. Help vir goeie fiksheid. 

Dusi 2006 en nou is ek soos Herman eens gesê het net 'n ou sening. smileyDuzi

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus