Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel November 2026 Johann L -33 minutes ago
Brits reënval November 2026 Wessel Strydom -54 minutes ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -58 minutes ago
Wessel November 2026 Johann L -1 hour ago
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -16 hours ago
Brandstof kersgeskenk ???? November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago

Ons 4-maande toer

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

As alles volgens plan verloop, skop ons 4-maande vakansie oor 2 weke af. Ons reisplan lyk as volg:

5 - 14 April: ATKV Hartenbos

15 - 21 April: Karoo Nasionale Park

22 April: Forever Gariep

23 April: Weltevrede, Parys

24 April - 3 Mei: ATKV Klein-Kariba

4 Mei - Malelane-kamp, Krugerwildtuin

5 Mei - 1 Junie: Krokodilbrug, Krugerwildtuin

2 Junie: Orpen, Krugerwildtuin

3 Junie - 3 Augustus: ATKV Eiland Spa

4 Augustus: ATKV Klein-Kariba

Die res van die beplanning terug huistoe moet nog gefinaliseer word, maar sal waarskynlik weer Weltevrede, Gariep en Karoo Nas Park insluit.

Ek het gister die Hilux by 4x4 Mega World in Somerset-Wes gehad vir die stofdigting en uitgly-laai vir die Snomaster. Op die oog af lyk dit of hulle 'n baie netjiese werk gedoen het. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om my voorraad Joey's boerewors en patties te gaan koop. Dit is gou by die huis in porsies vakuumverpak. 

Ek het ook gou by Cara-Camp aangegaan om die Thetford chemikalieë vir die Porta Potti aan te vul. Ek moet genoeg saamneem vir die 4 maande. Teen 60 ml elke 5de dag behoort ek sowat 1.5 liter te benodig.

Vandag sal voortgegaan word om alle items wat onnodig in die karavaan is uit te haal. Ons het die "gawe" om onnodige goed (wat dalk gebruik kan word, maar nooit nie) saam te karwei.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 06/04/2025 - 07:12

Neef, jy reg - die galjoen was gisteraand op die kole. En dit was 'n lekker vette!! Kyk net daardie laag pensvet.

Hartenbos

Wessel se oog is skerp. Hy let op dat die buurvrou op die een foto lyk nie gesond nie. En hy's reg. Sy's deur 'n spinnekop gebyt en moet met haar voet omhoog sit en gebruik antibiotika daarvoor.

Hier is blykbaar 11 pofadders uit die kamp verwyder tydens die afgelope 14 dae verwyder. Selfs een in die ablusieblok wat ons gebruik. Almal waarsku jou om nie saans sonder 'n flits te loop nie. Hier's blykbaar 'n uitbraak van muise, wat vermoedelik die serpente lok.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 07/04/2025 - 06:27

Met die skole wat môre begin het die meeste mense,wat ver moet ry, het gister vertrek. Ek verwag dat hier vanoggend ook 'n groot uittog gaan wees. Ons Tzaneen-vriende, wat in 'n chalet was, sou ook vanoggend 06:00 vertrek. Ons het gisteraand gou saam met hulle 'n afskeids-ete in Hartenbos se Spur geniet.

Dit was gister 'n lekker gematigde dag hier. Ons het laatmiddag, toe die gety al taamlik laag gesak het, 'n lekker lang stap op Hartenbos se pragtige strand, in die rigting van Klein-Brakrivier, geniet. Dit blyk dat vandag weer 'n lekker dag kan wees, maar as ek vir YR.no kan glo, moet ons ons staal vir taamlik baie reën oor die volgende 2 dae.

Met 'n kort vakansie braai ons bykans elke aand. Maar ek kan dit nie bekostig vir 4 maande lank nie. Daarom het die lugbraaier en ons mini-oondjie ook saamgekom. Vanaand is daar 'n heel kiepie, gaargemaak in die lugbraaier, op die spyskaart. Mens moet mos darem bietjie "groente" ook inkry om skeurbuik te verhoed.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 07/04/2025 - 06:55

....voor as dit begin ernstig reën? Of is al julle elektriese kosmaak aparate dan maar binnetoe gedra.

Dis maar onplesierig as dit reen en ons tent is nie reg om toegemaak nie. Dan word dit lekker beknop daarbinne, en ek het juis sulke groot voete wat orals hak en stamp. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 07/04/2025 - 07:56

... saam met my om te kan toemaak nie. Nee, ons vat dit soos dit kom. Ek voorsien net 'n groot gemors op die stoeptent-vloer. Al die staanplekke se gras is in sy peetjie "gekamp". Daar waar die ouens se voortente gestaan het is dit net kaal grond. Ek sien darem dat die D-blok al heeltemal geplavei is en hulle is besig om die blok langs die Walvissaal se kampeerplekke ook te plavei. Ek hoop dit word vir die hele oord beplan.

Ek moet sê dat die ablusieblokke hier in die E-blok is uitstekend opgradeer. Ek sal nog foto's neem en hier plaas.

Ons elektriese apparaat word in die karavaan saam karwei (in hul oordpronklike verpakking) en slegs uitgehaal wanneer nodig - behalwe as ons lankstaan. M.a.w. die lugbraaier word vanaand uitgehaal en môre-oggend weer gebêre.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 07/04/2025 - 10:27

"ons ons staal vir taamlik baie reën oor die volgende 2 dae"

Iets wat ek gelees het, geskryf deur 'n MP van Rooy in 1940 (so kort na my geboortelaugh)

"Van die vroegste tye af het die mens behoefte daaraan om te weet "wat die weer gaan maak".  Die wel en wee van die individu en van die gemeenskap hang dan ook ten nouste saam met die weersomstandighede. Dink maar bv. net aan die magtige invloed van die weer op die menslike gesondheid en op sy verskillende bedrywighede, soos landbou, see- en lugvaart, sport, vakansietoere ens."

Daar word dan in die skrywe verwys na leek-voorspellers en die tekens wat hulle as grondslag vir hul voorspellings gebruik: "buitengewone rumatiekpyne, lomerigheid, kwellende liddorings of pyn van ou wonde".

Net om seker te maak Chris, of dit wel gaan reën, sal dit dalk goed wees om 'n draai in die kamp te loop en met die mense te gesels. Ek vermoed dat baie (die meeste) aan lomerigheid ly wat YR se voorspelling sal bevestiglaugh. Hoop net nie dat dit 'n "magtige invloed" op julle vakansietoer gaan hê nie.

  • Eendag 'n boer hoor sê: YR skuld my baie - baie reën.
0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 07/04/2025 - 12:38

... hier in Hartenbos. Beter sal jy beswaarlik kry. Maar dit klink na die stilte voor die storm.

Ons het 'n lekker lang wandeling gaan vat en met die terugkeer by die hoofstrand se kiosk ingeloer. Dit word nou bedryf deur Elvis Blue wat dit onder die naam van sy ander "coffee shop" naby George lughawe, "Elvis Brew", bedryf. Wat 'n ougat plekkie! Lekker koffie en kaaskoek geniet.

Hartenbos

Hartenbos

Leon Schuster het gesing van myle en myle se oulike lywe. Hier is dit ook so.

Ek het foto's beloof van die opgegradeerde ablusies.

Hartenbos

Hartenbos

Hier's selfs gemaklike stoele vir die dames wat wag vir hul wasgoed om klaar te was.

Hartenbos

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Mon, 07/04/2025 - 12:44

Laat weet tog as julle by ATKV Klein Kariba is, dan ry ek gou deur van Vaalwater af en kom groet julle ook dan kan ek darem se ons het mekaar al gesien!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 07/04/2025 - 12:59

Ek maak so. Ek kan nou reeds my datum by Klein-Kariba gee - ons arriveer daar op 24 Apr en vertrek 4 Mei. Maar sal as ons daar kom uiteraard terugvoering gee.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 07/04/2025 - 15:24

As ek so na Chris B se fotos kyk, besef ek dat ek Hartenbos NIE gaan herken nie. Ek was as kind daar, voor 1975.!!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 07/04/2025 - 16:12

... hierdie omgewing se strande is die km-lange strande waar jy kan gaan stap. Met 'n dag sood vandag moet jy dit benut. Ons het so pas teruggekeer van 'n lekker strandstap en sit nou hier onder die stoeptent met 'n yskoue goue Duitse bruisdrankie.

Rigting Klein-Brakrivier.

Hartenbos

Rigting Mosselbaai.

Hartenbos

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 08/04/2025 - 08:50

Dit lyk maar grou hier in Hartenbos vandag. Ons het gisteraand skaars in die bed geklim, toe die eerste reën begin val het. Sagte reën, gelukkig sonder enige wind, het geval tot in die vroeë oggend-ure. Ek het 02:15 opgestaan, net om te kyk of alles onder die stoeptent darem droog is. Gelukkig is dit steeds. Die grondnet is nog kurkdroog, want dit wil voorkom of die ligte reën nog alles in die kurkdroë aarde absorbeer word. Ek hoop dit bly so, want YR.no voorspel reën vir die heeldag - inteendeel, tot môre-oggend.

Maar ons kamp lekker. Mammie lê nog knus in die bed en ek sit heerlik Netwerk24 en lees met reeds my tweede beker koffie agter die blad.

Ek het vanaand 'n groenboontjiebredie in die driepoot-swartpot op die spyskaart, maar dit sal waarskynlik op die potjieplaat op die gasstofie gemaak word as die reën voortduur. Dan kan ek sommer lekker onder die stoeptent sit - met 'n lekker glasie Van Loveren River Red byderhand.

0
Onrus

Servaas Verster

Tue, 08/04/2025 - 09:27

dankie vir die terugvoer Chris. Ek is skoon jaloers. Hier in Onrus reen dit ook sedert laas nag en dit is aansienlik koeler vandag. (lekker). B.t.w. ek is ook 'n River Red fan. Geniet hom vanaand.

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 08/04/2025 - 19:22

Goeie naand Chris.

Ek hou van daardie byderhand.  

So n potjie in die reen op n CADACkie is darem lekker en snoesig.

Ai nou kan ek self nie wag vir ons vertrek.

Dankie vir die terug voer.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 09/04/2025 - 08:03

Die minder-lekker weersomstandighede vir kamp by die see duur nog voort. Dit blyk darem of dit na vanaand se kant toe gaan opklaar. Gelukkig het ons steeds geen wind nie.

Ek het pas klaargemaak met gisteraand se groenboontjiebredie-potjie, toe sak die reën weer uit. Maar dit wil voorkom of ek darem vanaand sal kan vuurmaak om 'n Henties-kabeljoutjie te braai. My Tzaneen-vriend het vir my twee sakke bosveldhout (afkomstig van Gravelotte) agtergelaat.

Ons sal vandag seker maar grootliks wegkruip teen die reën en ook 'n paar nodige kruideniers gaan aanvul. Verder lê die government nog knus in die kooi en ek sit al hier met my derde beker koffie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 09/04/2025 - 08:18

twee sakke bosveldhout (afkomstig van Gravelotte)

Hulle reken mos die stompneuskewer versprei so met mense wat vuurmaakhout karwei oor die land.
 

Sterkte met die minder aangename weer. Ons het klomp water gekry hier in Worcester ook, maar darem net een dag by Dwarswegstrand reën gehad. Dit was egter duidelik nie meer somer nie. Toe ons Sondag hier terugkom was dit darem 31° 

Geniet julle vakansie!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 10/04/2025 - 11:15

Watter pragtige dag! Hartenbos wys weer sy mooi kant vir ons vandag. Ons het pas teruggekeer van 'n lekker lang strandstap nadat daar eers gou 'n paar stukkies klere gewas is. My ander helfte hou daarvan om klere eerder met die hand te was wanneer ons kamp. Sy glo maar net eenvoudig dat die wasmasjiene by die oorde nie goed genoeg was nie.

Nou sit ek rustig hier onder my stoeptent met 'n beker koffie. Gisteraand se skottelgoed sal nou-nou aan die beurt kom. Rome is mos darem nie in een dag gebou nie.

Ek kom al jare met 'n LK's Sitbraai aan - al my tweede een. Maar dié een het nou-al heeltemal skeef getrek van jare se vuurmaak. Ek het toe maar gister besluit om my sak 'n bietjie te skud en by SSK (koöperasie) vir my 'n opvoubare vleklose staalbraaier te koop - wat gisteraand ingewy is met 'n Henties-kabeljou. Moer - maar was dit lekker!!

Vanaand wyk ons weer bietjie af van vuur aansteek met 'n "mac&cheese" wat in die oondjie gemaak gaan word. En verder beplan ek om vandag net niks te doen nie - ek weet mos hoe om dít te doen

Ons het baie aangename bure langs ons. Hulle het ons gisteraand kom roep om die fosfor in die branders te kom kyk. Die woord "mooi" kan dit nie beskryf nie.

Ek vind gister tot my skok uit dat die Buffalo motorfiets-"rally" dié naweek hier plaasvind. Ek berei my voor vir 'n moerse klomp lawaai. Daar's 'n reuse-groot markiestent by die amfiteater opgerig. Die lotjie bly gelukkig in die groot kampeerarea aangrensend tot die amfiteater. Nietemin word daar verwag dat die strate vol brullende motorfietse sal wees.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus