Die dag is amper verby en niemand het nuwe gesprek begin nie. Dus doen ek dit maar, en dis nie 'n Aprilgek foefie nie.![]()
April 2025 saamgesels
Ek weet nie hoekom hulle altyd diesel meer goedkoop maak as petrol nie. Dit besoedel die lug net meer!
Maurits ...
... het jy 'n geelbaadjie aan omdat jou Hilux 'n petrol-model is?![]()
Watter verrassing!!
Net hierbo spot ek nog met Maurits - en die volgende oomblik staan hy voor my voordeur saam met sy mooie Martie om persoonlik te kom sê hy wens ons 'n veilige reis en lekker vakansie toe. Hulle is op pad na Cara-Camp om 'n paar goedjies te kry vir hulle trip wildtuin toe wat ook voorlê. Ons sien mekaar weer in Krokodilbrug waar ons enkele aande mekaar sal raakkamp.
Wil jy nou meer. Dis nou…
Wil jy nou meer. Dis nou toevallig. Julle gaan lekker saam kuier in die wildtuin.
Mens moet dalk maar maak…
Mens moet dalk maar maak asof die Trompie en RNE gedoentes nie "regtig" is nie, beter vir mens se gesondheid. Ons het tussen 1991 en 1994 in Engeland gewoon, toe was die Rand/Pond wisselkoers sowat R4.50 en ons het toe gedink dis rof. Nooit gedink dit sal eers naby kom waar dit nou staan nie, vlgs die Daily Investor op 'n stadium gister aan R24.73 geraak, staan nou al op R24.82. Die slegste ooit...en Trompie het skaars begin om die wereld ekonomie te vernietig....En boonop staan die Rand/Dollar vanoggend reeds op R19.05.....
Welkom aan nuwe lede
Ek sien elke dag nuwe name wat bykom. Julle moet asb saamgesels oor julle doen en late, kamp ervarings, beplande toere en alle derglike lekker dinge.
Spesiale woord aan Ollie1985----dalk loop ons mekaar in die ou dorpie raak.
Jan...
....ek het sommer vir die lekker gekyk na Bergrivier en Hollandche Molen [HM] oorde.
1] Bergrivier is maar 8km uit Paarl, en HM ongeveer 18km, wat ok nou nie landuit is nie.
2] Vir die tyd in April is die tariewe verstommend dieselfde vir die 2 oorde, ongeveer R420/nag vir 2 persone.
3] As jy sê die oord neem nie besprekings nie, praat jy van Bergrivier??
Onthou ek gesels sommer vir die lekker saam.
Wessel …
Wessel ja Bergrivier. Hulle sê hulle neem die besprekings vir die tyd wat ons wil kamp nie omdat hulle nie besig is nie. Neem wel besprekings vir besige seisoen soos skoolvakansies.
Hollandsche Molen se resensies is nie goed wat dagbesoekers aanbetref nie. Sal maar wa hak en na altwee gaan kyk as ons daar kom.
Ons het selfs na Goudini gekyk vir warm swembad maar hulle tariewe is R930.per nag. Dan sit jy met dieselfde probleem van dagbesoekers.
April 2025 saamgesels
Jan, probeer Heuwelsig in Franschhoek. Bietjie duurder maar die moeite werd. Pragtige pad tussen Franschhoek en die Paarl. Paar minute se ry. Dan kan jy sommer by my seun by Chamonix gaan wun proe. Maurits
Dankie Maurits …
Dankie Maurits dit lyk na 'n pragtige plek. Soos jy noem bietjie duur maar ons het so 'n paar jaar terug op 'n toer besluit om eendag terug te kom na Franschoek. Sal beslis opvolg en eerder daar gaan kamp. Ons kort so 'n bietjie bederf.
Hollandse Molen is eintlik…
Hollandse Molen is eintlik baie besig en gewild onder dag besoekers, maar lyk of n mens lekker daar kan kamp in stiller tye. Ons het ook al by Heuwelsig oorgebly, so 10 staan plekke en vorm deel van 'n Lodge en deels 'n wyn plaas reg langs Leopard Creek. Die uitsig vvan daar oor die berge is asemrowend mooi, veral laat in die middag. Lekker stil en veilig daar, ons sal beslis weer daar oorstaan sou ons die geleentheid kry.
Verleidelik en uitlokkend....
...ek sien die nuwe "kortpad" regs bo op ons tuisblad. Dis 'n absolute skande dat sulke obsene toere op 'n gesins forumblad adverteer word.![]()
![]()
![]()
Bere van Kuruman ???
Ek verneem dat dit goed gereën het in Keimoes omgewing. Het dit in Kuruman omgewing ook goed gereën??
Ek hoop die knellende droogte is gebreek
gaat jy huistoe???
Middag Chris S, is die paar dae verby in DWS.
Sien uit na jou foto verhaal, hoop die weer het saamgespeel
"You've got mail"!
As ek reg onthou is dit hoe daardie eerste baksteen-selfone mens kennis gegee het van 'n sms wat vir jou lê en wag. ?? Wel, vandag het ek ook 'n briefie in die pos gekry - soos seker almal op die forum. Dit maak mens van vooraf lus om te gaan kamp. My Botswana-trippie se tyd kom nader...net nog so vier maande!!! (daar moet nog baie water in die see loop)






Wessel, …
Wessel, Bergrivier oord is 419km van ons af en die Ranger draf dit sommer in die oggend af.
Ons het die oord gekontak en hulle neem nie besprekings vir wanneer ons wil kamp nie. Jy arriveer soek 'n kampplek en betaal. Omrede ons skrikkerig is om in daardie geweste oor 'n naweek te kamp sal ons kyk wat gebeur en dan besluit.
Ongelukkig is daar vakansie dae in die tyd wat ons wil kamp en is nie lus vir dagbesoekers nie.
Het na Hollandsche Molen gekyk maar is miskien bietjie vêr vir elke dag se inry. Sal wag vir die wedstryd program en sien hoeveel dae ons kleinseun speel en dan besluit maak.