Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -2 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -4 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -9 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -10 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -11 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -12 hours ago

Julie 2025

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums

Goeie môre alaml,

So begin die 7de maand van die jaar. Het nou al die eerste helfde van die jaar lekker saam met die ander "gekamp".

Brits

Wessel Strydom

Tue, 01/07/2025 - 06:47

....ek moet vandag begin met betalings en verdere detail besprekings vir my Mokala- Namakwaland-Bellville- KarooNP toer.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 01/07/2025 - 10:07

Ons is net voor 13:00 weg uit Worcester en het 15:00 by Grootvadersbosch se hek aangekom. Ons was twee keer vantevore in Maart en Augustus 2019 by die reservaat, en het beide kere baie geniet. Die huisies is nog net so netjies soos voorheen, en baie goed ingerig.
A

Daar is 'n oopplan sitkamer/kombuis met alles wat mens nodig het, 'n badkamer met 'n stort en toilet, twee slaapkamers en 'n braaikamer met 'n ingeboude braai. Die sitkamer het ook 'n vrystaande kaggel wat die vertrek lieflik warm maak met net 'n paar stukkies hout. Daar is buite ook 'n vuurmaakplek, maar die wind het ongelukkig te veel gewaai om dit te gebruik.
 

Daar is 'n klomp bosbokke wat wei tussen die huisies, en hulle is redelik gewoond aan mense. Hier het Chris een probeer nader deur voor te gee hy is ook 'n bok.
B

Ek het reeds vertel dat ons 'n jong rooikat gesien het 'n ent voor die reservaat se ingang, reg in die pad. Dit was lieflik. Ons het ook blou ape gesien buite die reservaat, en bobbejane binne. Daar is 'n bobbejaan monitor en mens word gewaarsku dat jy goed moet wegsit en toemaak om hulle uit te hou. Daar is selfs perspex diefwering voor die vensters. Ons het een keer die bobbejaan monitor gekry, en toe ek hom vra of hy hulle weghou was sy antwoord; "Ja meneer, die bobbejane is baie ondeund".
 

Ons het lekker gebraai en kaartspeletjies gespeel die Vrydagaand. Saterdagoggend het ons gaan stap na 'n waterval in die inheemse bos. Dis 'n kort, maar steil paadjie. Die kinders wou eers verder stap met 'n sirkelroete, maar het gou van plan verander. Ek het toe alleen verder gestap, en dit was hemels om alleen tussen die groot bome te wandel.
C

Daar was twee steil afdraendes gevolg deur twee steil opdraendes waar ek die stroompie oorgesteek het, maar dit was koel genoeg tussen die bome met die wind wat meestal ook help afkoel het.
D

Die middag het ons krieket gespeel en die kinders het op die buitelug gym naby die huisies gespeel. Nadat ek gestap het, het ek sterk oorweeg om te swem. Volgens my horlosie was die swembadwater egter net 12 grade, so ek het daarteen besluit. Ons het die rugby op Salomien se foon gekyk, en weer gebraai en kaartspeletjies gespeel.
 

Die Sondag is ons so 11:00 weg uit die reservaat nadat ons na die kampterrein gaan kyk het. Dit is lieflik ingerig by die nege staanplekke wat elk 'n dek het met opwasgeriewe, kragpunte, 'n vuurput, bankies en 'n sambreel. By nommers 1 tot 3 is genoeg plek vir 'n karavaan en sleepvoertuig, en mens sal nie veel hoef op te slaan nie.
E

Die ablusie is silwerskoon en netjies, en daar is 'n lekker swembad met 'n groot speelarea vir die kinders.
F

G

H

I

Daar is baie geveerdes, en ek het vir die eerste keer in my lewe 'n Suidelike swie gesien.

J

Ons gaan definitief volgende keer daar kampeer. Ons het met Tradouwspas gery en in Barrydale middagete geniet by Diesel and Cream. Die kinders het elkeen 'n melkskommel van R65 voor BTW gehad, en kon dit nie klaarmaak nie. Dit was omtrent net roomys. Oppad uit het ons by Joseph Barry distillery brandewyn geproe, en dit was nou regtig lekker. Mens kon selfs die goedkoopste van die vier (R420 per bottel as ek reg onthou) net so sonder water proe sonder dat dit 'n alkoholbrand gehad het. Ongelukkig kon ek net 'n paar klein slukkies geniet omdat ek moes bestuur.
 

Van daar af is ons deur Montagu terug. Dis eintlik lekker om al die bulte tussen Swellendam en Ashton mis te ry en die Klein Karoo lyk pragtig. Die Ranger het lekker geloop en ons was 15:30 weer tuis na 'n heerlike naweek.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 01/07/2025 - 10:14

Dit lyk rerig na 'n baie lekker en netjiese plek. Ek hou van die toebehore by die staanplekke. Sal 'n mens per staanpleknommer moet bespreek??

Dit klink of woonwa nie gaan inpas by ander staanplekke nie. 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 01/07/2025 - 10:52

So plek sal ek graag besoek. Dis wonderlik om te sien julle kinders kan die buitelug en natuur geniet soos `n kind veronderstel is om groot te raak.

Kennise van ons wat ook kamp se kinders is die absolute teenoorgestelde. Lê heeldag op fone en tablets en gaan kwalik uit in die natuur. Dit is so erg dat hulle nie eers meer na oorde toe gaan met slegte selfoon opvangs of wi-fi nie.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 01/07/2025 - 11:05

Sal 'n mens per staanpleknommer moet bespreek??

Dit klink of woonwa nie gaan inpas by ander staanplekke nie. 

Ek het dieselfde vraag gevra. Jy kan ‘n spesifieke staanplek bespreek. 1-3 is die grootste met oorgenoeg plek vir ‘n wa en sleepvoertuig. Dis ook die naaste aan ablusie. Daar is wel ‘n stuk grondpad om by die reservaat uit te kom, maar ek kon meestal 80 kph ry, behalwe op die dele wat bietjie nat was met ‘n paar gate. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 01/07/2025 - 12:33

Dis wonderlik om te sien julle kinders kan die buitelug en natuur geniet soos `n kind veronderstel is om groot te raak.

My ouers, omgewing en opvoeding het my die geleentheid gebied en ek bied dit graag vir my kinders. Hulle het nie tablette of slimfone nie. Hulle lees graag en ek moet basies elke middag na werk nuwe boeke gaan uitneem by die biblioteek langs ons kantore (wat ek met liefde doen). Chris Jnr het juis gister Jock van die Bosveld klaar gelees en Kara is besig met Alice in Wonderland.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 02/07/2025 - 10:22

Ons sou nou oppad gewees het Shingwedzi toe van Letaba af. Maar nou sit ek hier en koud kry, met nog ‘n koue front oppad. Intussen is Salomien se Fiesta nog nie reg nie. Pierre het die injectors vervang, want die een was verstop. Ongelukkig lyk dit asof die enjin seergekry het agv die verstopte een. Blykbaar brand die piston maklik as een silinder lean hardloop. Dit is nou aldus Pierre.

Intussen het Stuart laat weet hy gaan sukkel om die Kavango se paneel te herstel. Hy is in kontak met Wolmacor om te kyk of hy dalk ‘n ander circuit board by hulle kan kry om die een wat beskadig is te vervang. Ek glo egter die paneel is aanmekaar gesit (gebou) van niks af, en daar is dus nie plug and play komponente wat net vervang kan word nie. Ek sal hoor wat hy aanbeveel, maar siende dat die res van die paneel nog reg werk, oorweeg ek dit om net te vra dat hy die 220V laaier uitbrug en ‘n ander een inbou. Ek dink die R3500 model wat hy my gewys het is overkill. Daar is goedkoper Victron laaiers beskikbaar. 
 

Dan klink dit ook of my skoonma moontlik ‘n beroerte gehad het, en hulle medies uitgeput is na skoonpa se weke in intensiewe sorg.

Hierdie was duidelik nie ons jaar om Krugerwildtuin toe te gaan nie. Afgesien van die finansiële en werksuitdagings vooraf, het daar nou nog finansiële uitdagings bygekom, en dan nog skoonma se gesondheid ook. Voeg daarby dat ek die Kavango se batterye met ‘n eksterne 220V laaier sou moes laai (en ek haat dit as iets nie reg werk nie, ek kan nie ordentlik afskakel tot ek dit reggekry het nie). 
 

But this too shall pass.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 02/07/2025 - 12:04

.............sterkte met jou uitdagings wat julle kampering-planne belemmer.

Ten spyte van ons groot ouderdomsverskil, klink dit nogal dieselfde lollery as hier by ons  -  alles breek, die iets in die 30-jarige wasmasjien moes vervang word, selfs die ketel het so begin lek dat dit ook vervang moes word, en die Mecedes lek effens olie en om 'n seëltjie van R150 te vervang gaan R15 000 kos !

Ek haat dit ook as iets nie reg is nie, dit moet dadelik reggestel word, maar dis nie altyd dadelik moontlik nie.

En intussen staan die Exclusive botstil (met 'n trukamera wat net vir 15 minute werk en dan ingee !) Al kan ons nie in die onmiddellike toekoms kamp nie, ek hou nie daarvan as iets flenters is en nie herstel is nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/07/2025 - 13:39

...ek neem aan daai moerse bedrag is wat MB jou kwoteer. dalk moet jy net jou kar na 'n goeie "nie MB" werktuigkundige neem, en kwotasie kry.

15 minute is mos lank genoeg in tru rat. of nie????laughlaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/07/2025 - 13:43

....sterkte ou maat. Kom ons hoop dat Wolmacor nog parte vir die ou modules het. Ek sien op hulle webblad dat hulle sommige van Echo se ouer modelle se laaiers en panele gestaak het.

   

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 02/07/2025 - 14:51

Let wel gelyk breek en nie gelykbreek nie. Ja Oom Len, ek voel ook so. Verlede week ry Salomien iewers heen met die kinders met die Prado. Sy bel my toe en sê Kara het die regter agter venster oop gemaak en dit wil nie weer toemaak nie. Ek sê toe vir haar sy moet dit so parkeer met die oop venster laat ons hoop iemand steel dit.
 

Op daardie tydstip was ek so keelvol vir al die ander goed wat breek en verkeerd gaan dat ek regtig gevoel het hulle moet maar die Prado steel sodat ek die versekering kan eis. Dit was toe potloodpunte wat langs die skakelaar ingeval het en dit in die af posisie gehou het. Dis nou ‘n risiko met kinders wat nie fone of tablette het nie en hulself moet vermaak deur te lees of te teken op die langpad. Gelukkig kon Salomien die punte uitvis en kon die venster weer toemaak. 
 

Sterkte daar by die Loaders. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 02/07/2025 - 15:35

...........ek het reeds 'n kwotasie by 'n nie-amptelike Mercedes werkswinkel gekry en dis die een wat ek hierbo genoem het.  Die Mercedes agente vra my "net" R2000 duurder !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 02/07/2025 - 15:42

As Yr se voorspelling soos gewoonlik naby aan die kol is, kry ons hier in Kaapstad se noordelike voorstede vandag tot  volgende Maandag 94mm reën  !

Lekker nie waar nie ?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 02/07/2025 - 16:16

Ek het voorheen vertel van toe ek in Dzanga Sanga in Sentraal-Afrika Republiek was en saam met die Ba’aka pygmies in die woud was om te kyk hoe hulle jag met ‘n net. Ek het ‘n foto van my saam met ‘n paar van hulle gekry. 
 

A

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 02/07/2025 - 17:07

... die pigmeë is klein mensies, maar jy lyk soos 'n reus daar agter hulle.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 02/07/2025 - 17:27

Stem saam met Chrislaugh Hierdie gee mens nou 'n beter perspektief van hul lengte.

  • Wildehont: jy kom met baie interessante foto's te voorskyn. Wens jy wil meer daarvan plaas. Indien jy dit met jou kinders deel gaan hulle 'n skatkis hê - ook dan van die Ba'akas wat moontlik nie meer baie jare gaan bestaan nie.
0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/07/2025 - 15:21

Lees asb die berig in vandag se Maroela media. Dit het gebeur naby die Grasmere tolhek. 

Sovêr my kennis strek, die 1ste berig in media oor die voorval. Dit bevestig net weer---moenie in donker ry nie!!!!

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Fri, 04/07/2025 - 08:39

Dit is nie net die kapenaars wat reën kry nie. Vroegoggend val daar so verdwaalde bui hier in Pretoria skaars genoeg om die grond nat te maak maar net genoeg om van die winterstof ontslae te raak.

Die lug buite is blou blou helder en skoon. Ai ek wens die somer kom gou

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus