Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -3 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -5 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -10 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -11 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -12 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -13 hours ago

Julie 2025

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums

Goeie môre alaml,

So begin die 7de maand van die jaar. Het nou al die eerste helfde van die jaar lekker saam met die ander "gekamp".

Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/07/2025 - 07:38

....alreeds in die pad geval na waar geen sein is??? Of hulle is so besig met voorbereiding dat hulle nie tyd het vir ons nie. ??

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/07/2025 - 13:45

KNARS, het gevra dat ek julle ouens moet aanpor en aanspoor . Hulle het weens grootskaalse uitgawes aan onbegrote verskuilde uitgawes 'n kontantvloei probleem. 

As julle ouens nou gou indien en inbetaal wat julle skuld, kan KNARS wat hulle my skuld, wel betaal. Ek het dit nodig vir my dieselkoste volgende maand Kaap toe.

Onthou, julle samewerking is vir 'n goeie saak.wink 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 22/07/2025 - 19:06

Die Classique staan nog hier by die huis vir nou😏

Ons is so 80% gereed om die wa te verkoop en wag vir Augustus/September vir 'n moonlike beter prys. Ons bly baie lekker in die Weskaap maar die koue is hier te lank om gereeld te kamp soos ons gewoond was in Durban.

Die Ranger het nou onlangs die 100 000km oorgeslaan en ons hou hom aan net vir sleep wat nou nie gereeld genoeg gebeur nie. Kan miskien nou nog goeie inruil kry.

Soos ons lewe tans verloop sal ons elke jaar na die kinders op die plaas in Namibië gaan want nadat ons skoonseun se Pa verlede jaar oorlede is boer hulle nou alleen en is baie besig met stoet beeste. Dan soos verlede jaar die ander kinders in Jhb en Nelspruit besoek met een toer. Dit is 6-8 weke en ons kinders in Nelspruit het 'n karavaan wat ons kan gebruik vir die Kruger.

As ons die emosionele/lekker kant van kamp kan oorkom maak dit ekonomies nie meer sin om die wa en Ranger aan te hou nie siende ons hoeveelheid van kampe wat tans voorlê. Is slegs die goeie herinneringe wat baie pla. 😢

Tyd sal leer en ons sal nog mooi dink oor ons kamp toekoms en vader tyd is ook nie aan ons kant nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 23/07/2025 - 07:57

...dit klink of julle drasties veranderinge aan lewensstyl oorweeg. 

Ek het begrip vir die woonwa verkoop, maar sommer die Ranger ook?? Dit beteken dat julle reeds nog 'n voertuig het wat geskik is vir langpad ry.  Namibië en Nelspruit is nogal 'n ent van Sedgefield af.  

Sterkte met al julle besluite. 

NS: Ons gemeenskaplike vriend in Brits het onlangs ook sy kasteel in my buurt verkoop, en kleiner paleisie elders in dorp aangeskaf. Ek dog hy sou sommer permanent getrek het S.field toe.  

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 23/07/2025 - 11:06

Dink die swaarste is om die sentiment eenkant toe te skuif. Toe ons die skuif van Durban af gemaak het was dit baie voorentoe en agtertoe voordat ons die besluit geneem het.

Gelukkig het ek by my Pa geleer dat as jy 'n besluit maak is dit op daardie oomblik die regte een. Vergeet dan van wat agter is en doen wat jy besluit het. Dit het nog altyd baie goed vir my gewerk. As dit dan later opeindig dat dit die verkeerde besluit was dan is dit so en het ek nie die heeltyd loop en wonder nie. 

Daarom was die verhuising maklik en is ons geseënd dat dit die regte een was. 

Dat ons kamp met die Classique gaan mis is virseker maar moet die opsies oorweeg. 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 24/07/2025 - 06:42

Ons het maar dieselfde denke gehad met ons aftrek Wes-Kaap toe.

As 'n reël het ons nie in die winter gekamp en ook nie met ons jaarlikse verlof nie. Ons het basies sedert 2007 net van vaste verblyf gebruik gemaak op lang vakansies. Deur die jaar miskien net 4-5 keer gaan kamp, en dit was langnaweke ingesluit.

Ek wou nooit Noord van Pretoria sleep aangesien die verkeer maar net altyd 'n nagmerrie was.

Met die eiendom wat ons gekoop het, was daar in elk geval nie plek vir my karavaan en groot sleepvoertuig nie. Dus het ons besluit, verkoop "and get over it". Hier is in elk geval so baie plekke in die omgewing vir vinnige wegbreek.

Mis ek kamp, ja maar dit was 'n besluit en ons berus daarby.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Thu, 24/07/2025 - 07:27

Baie geluk met jou verjaardag vandag Len, 'n baie geseënde jaar vir jou en vir Annetjie met julle gesondheid. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 24/07/2025 - 08:20

Ek kom glad nie deur na een van hulle twee nommers nie. Ek het al die ander sattelietkantore van SANPARKE ook probeer en selfs van die hekke en kampe. Na 112 oproepe en 45 minute het ek uiteindelik deurgekom na die sentrale kantoor in Pretoria. Ek het nie veel hoop dat ek gaan kry wat ek graag wil hê nie. Ek hou nou al 8 minute aan. Was aanvanklik 439ste in die ry en het in 8 minute geklim na 397 toe. My lugtyd gaan waarskynlik opraak voor ek by ‘n agent uitkom. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 24/07/2025 - 08:33

Ek het bespreking gesoek vir my broer. Hulle wou Satara toe gaan. Ek het aangehou tot 68.....toe dit begin 5 na 10 min raak om 1x posisie te klim, het ek neergesit. Ook toe probeer by die plekke soos Wildehont....kon nie regkom nie. My broer se 2de keuse was Maroela, 3de Singwedzi 4de Letaba.....sy vrou kon nie hul 1ste 4 keuses kry nie, maar kon regkom in Skukuza.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 24/07/2025 - 08:35

Ek is bevrees die tyd wat jy deurkom is alles bespreek. Ons sal maar weer die paadjie loop as hierdie jaar....dit het tyd gevat, maar darem het ons daar gekom

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 24/07/2025 - 08:42

Ek is bevrees die tyd wat jy deurkom is alles bespreek.

Ek is nou 323 na ‘n halfuur. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 24/07/2025 - 11:15

Ek het aangehou vir ‘n uur en 58 minute voor ek by ‘n agent uitgekom het. Ons het net begin praat toe word ek afgesny. Gelukkig het die agent my terug gebel. ‘n Vriend wat ook aangehou het vir twee ure op twee lyne sonder om deur te kom is op albei lyne afgesny, so lyk my dit werk so. 
 

Dit was raap en skraap en ek kon nie presies kry wat ek wou gehad het nie, maar ons het darem ‘n bespreking:

30 Jun: Hut sonder gerieve langs die restaurant Letaba

1-4 Jul: Staanplek met krag maar nie by die heining nie Shingwedzi

4-9 Jul: Staanplek met krag Punda Maria

9-12 Jul: Staanplek teen heining eerste twee aande en laaste aand nie Shingwedzi 

12-16 Jul: Tsendze staanplek 29 (ongelukkig was 28 reeds gevat, en so ook 27, 2 en 3).
 

Ek het vir my vriend probeer plek kry in die Suide, maar daar was net drie aande by B&D en een elk by Skukuza en Satara. Die res was reeds vol bespreek. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/07/2025 - 14:10

Chris S en ander desperate Kruger verslaafdes, die afgelope paar jaar gebruik ek uitsluitlik die besprekingskantoor in Stellenbosch. Ek gebruik hulle vir al my Sanparke besprekings. 

Die telefoon word dadelik opgetel, en in keurige Afrikaans bedien. Dalk selfs met glasie rooiwyn in die handlaugh

Probeer hulle gerus, flinke diens gewaarborg. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 24/07/2025 - 14:29

Die telefoon word dadelik opgetel, en in keurige Afrikaans bedien.

Ek het hulle twee nommers ‘n totaal van 32 keer gebel vanoggend en die foon is nie een keer beantwoord nie. Dalk is hulle nie gerat vir die volumes wat saam met besprekings vir skoolvakansies kom nie (waarvan Julie vakansie seker die gewildste is).

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/07/2025 - 14:31

Dit is omtrent 'n gewilde kampie in Kruger. 

Ek weet nie waarom wil almal soheentoe foeter nie. Dis 500m grondpad, daar is geen vermaak, geen elektrisiteit, omring met mopaniebosse en olifante.

Daar is geen internet of selfoon sein nie, en party staanplekke het te veel skadu. Ouens met sonpanele sukkel.

Dan is staanplekke 26 tot 29 ook baie gewild, seker omdat dit son het, teen die draad is, en naby dames ablusie en opwasgeriewe.

Ai tog, ek het my ook weer daar ingeboek volgende jaar.sad

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/07/2025 - 14:35

...ek het klaar gestuur, toe sien ek jy het met hulle ook gesukkel. Het hulle gladnie opgetel nie?

Ek wonder of hulle nie 'n dag of 2  later oopmaak as hoofkantoor vir 'n periode se besprekings nie.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 24/07/2025 - 15:05

Ek wonder of hulle nie 'n dag of 2  later oopmaak as hoofkantoor vir 'n periode se besprekings nie. 

Hulle het vooraf per e-pos bevestig dat hulle vandag van 07:30 as ‘n inbelsentrum funksioneer vir besprekings vir Julie 2026. Hulle het nie een keer uit 32 geantwoord nie en soms het hulle foon nie eers gelui nie. Ander kere het dit vreemde geluide gemaak (en dit was nie hulle faksnommer nie). Volgende jaar moet ek dalk maar heel eerste SANPARKE se hoofkantoor bel, alhoewel my vriend op twee fone aangehou het voor my en afgesny is sonder om by ‘n agent uit te kom. Ek weet nie meer watter kant toe nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus