Ek het pas 'n 1999 Gypsey Romany aangekoop. Die wa is toegerus met 'n Chargemaster MK 5. Die 220V-stelsel werk 100%. Dus werk al die muurproppe binne en buite sowel as die yskas. Die ligte werk egter slegs as ek die battery koppel. My vraag is: Moet daar ’n battery gekoppel wees sodat die 12V-stelsel ten volle kan werk? Of behoort die ligte in elk geval te werk sonder dat die battery gekoppel is?
Indien ek wel die battery koppel, hoe weet ek dat die Chargemaster werk? Moet die "Power" skakelaar op die Chargemaster aan- of afgeskakel wees as ek die karavaan aan elektriese krag gekoppel het?
Sal graag wil leer by julle.
12v benodig
Ek het n' Gypsey Raven D 1997 gehad. Hy het n' Chargemaster MK5 in gehad.
Die Chargemaster laai die battery en verskaf ook 12v aan die woonwa waneer daar 220v gekopel is. As daar nie 220v gekopel is nie werk die woonwa se 12v van die battery af.
Jou Chargemaster werk nie. Die battery sal dus aff loop / pap word as jy hom koppel.
Jy het een van drie opsies:
1) Vervang die Chargemaster met n' ander battery laaier soos n' Victron,
2) Maak die Chargemaster self reg. Maak hom oop en her soldeer all die punte op die circuit board. Veral die van die toroid transformator,
3) Haal die Chargemaster uit en vat/stuur hom na Leon Le Grange. 0 ate too 77 zero nine ate one tree. Hy woon in Pta Noord.
Ek hoop jy kom reg.
Ligte
Jou ligte sal werk sonder 'n battery as jy net die skakelaar op die chargemaster aansit.
Ek het lank sonder battery gekamp op my regal omdat die chargemaster begin "overcharge" 18 Volt gemeet battery toe en die battery het nie daarvan gehou.
ek nie seker of dit skade sal maak nie maar ek het vir jare gekamp sonder battery sonder probleme





12V stelsel
Dit klink asof die ligte van 12V af werk en die res 220V. Vir die ligte om sonder ‘n battery te werk sal daar dan ‘n AC adaptor moet wees wat die 220V wisselstroom omskakel na 12V gelykstroom.
Ek het ongelukkig geen idee hoe die Chargemaster werk nie, maar ek glo hier is lede wie sal kan help.