6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verblyfplanne Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -29 minutes ago
URC Springbok rugby Geert -1 hour ago
Sabie River Café Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Swadini Januarie 2026.

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Nou ja, dit lyk of ek net kom inloer as ek verlee is, maar benodig julle hulp🤣

Ons ver kinders kom 16 Desember kuier, en die opgewondenheid loop baie hoog hier. Ons het hulle Januarie 2023 laas gesien toe ons daar was.

Sal nou graag wil weet wat is die beste roete om te ry vanaf  Middelburg, (tot Swadini) google wys 'n korter pad na Middelburg via Dullstroom met die R540, ek het altyd daai rigting via Nelspruit gesleep.

Ons gaan twee pad karavane wees, die naby kinders kom saam. Die idee is om Swadini 'n basis te maak, wildtuin te besoek en die omgewing aan die kleinkinders te wys. Dit gaan die Ausie kleinseuns se eerste besoek aan daai mooi wêreld wees.

Ek kan nie eers onthou hoe lank terug het ons daai pad gesleep nie, verseker meer as 20 jaar.

Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 14/11/2025 - 15:12

Johann, dit wil voorkom of julle tydsberekening om dán daar aan te kom baie goed is. Wel, ek weet nie wat die weer gaan maak nie, maar het vanoggend 'n berig gelees wat sê dat dele gesluit gaan word as gevolg van 'n film wat daar rond geskiet word - Blyderivier Canyon tot 24 Desember en die uitkykpunt by Swadini tot 5 Januarie. Ek hoop dat die filmspan se skedule op datum sal wees want ek dink nie dit gaan vir kampeerders aangenaam wees om met dié klompie te moet deel nie (praat uit ondervinding want ons was vir jare deel van hullelaugh). As ek reg onthou was daar 'n jaar of twee gelede ook so 'n geval, en was Swadini gesluit vir ander kampeerders. Ek hou duim vas dat hulle gouer klaarkry - soms gebeur dit ook.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 14/11/2025 - 16:35

Ek neem kennis van wat die film makers beplan, hoop maar hulle interveer nie met my planne nie🤣

Forever het wel 'n boodskap gestuur, maar dit lyk sover of ons hulle gaan mis.

 

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 14/11/2025 - 16:44

Dink jy daai op/af draendes in Abel Erasmus is erger as Magoebas kloof sin?

Kan nie meer so ver terug onthou nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/11/2025 - 17:50

Na my mening skerper af. Die voordeel is, dit is letterlik in 2 stappe. Tussen die 2 steil afdraendes is so 2 na 3 km plat pad. Remme kan koud loop.

In die rigting van Swadini is dit afdraende. Terug na Origstad se kant is dit eintlik net opdraende. 

Ek is daar af die 1ste keer met 'n Fleetline agter my 1800 Astra. Geen probleme gehad nie. As jy 'n trok voor jou kry met die terugkom, hou vêr agter dit, sodat jy sy warm lug kan vryspring.    

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus