133424 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker gesels. Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -1 hour ago
Oppi Rivier Lakeview Lodge and Camping Rona du Plessis -7 hours ago
Rockview Lakeview Lodge and Camping Geert -7 hours ago
Waardeer jou moeite, Geert Lakeview Lodge and Camping Rona du Plessis -7 hours ago
Oppi Rivier Kampersrus Lakeview Lodge and Camping Geert -7 hours ago
Op facebook gevra Lakeview Lodge and Camping Geert -7 hours ago

Oopvou Kampwa

Johannesburg
Submitted by WilleWillemien on Fri, 17/04/2026 - 14:28
Forums

Middag almal.

Ek was laklaas hier.

Hoop almal skop darem nog.

Ek het so 'n paar dae gelede 'n video gesien van 'n oopvou kampwa wat 'n nuwe produk is.

Hy vou op dieselfde manier oop as die ou Jurgens Slipstrem plat waens waar die twee deksels bo oopvou en beddens word met die tent wat dan aan die sykant van die wa opslaan.

Het enigeen dalk 'n idee watter maak dit is? 

 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/04/2026 - 15:47

Jy sal meer info moet gee, of verwysing na waar mens die video kan bekyk.

Was dit 'n plaaslike produk??

Johannesburg

WilleWillemien

Fri, 17/04/2026 - 16:20

Hy lyk amper net soos die een op die foto, maar nie a pop top nie.

Hy is platter.

As jy langs die wa staan vou sy twee deksels na links en regs oop en word die beddens

Maw na die disselboom se kant en na die agterkant van die wa oop.

'n Ysterraam vou dan oor die deksels oop wat die dak van die wa form met seildak en voortent.

Die deur is dan bokat die wiel.

 

Johannesburg

WilleWillemien

Fri, 17/04/2026 - 19:31

Te swaar.

Moet hom met 'n 1300 Jimny kan sleep.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/04/2026 - 19:32

Ek sien dat die prys van die nuwe model R585 000 is. dit beteken dat die groter modelle se prys nog meer gaan wees. nogal duur vir hoofsaaklik seil om jou.

Die groot voordeel is seker die lae windweerstand tydens sleep. Ek het so vinnig gekyk, die BVM van die modelle is almal meer as 1500kg. Dit is dus nie 'n ligte gelaaide wa nie.  

Johannesburg

WilleWillemien

Fri, 17/04/2026 - 20:10

Dankie julle.

Het besluit ek sal weer 'n Pajero met 'n ouerige Gypsie 5 in die hande kry.

Geen haas, want ons kamp nie in die winter nie.

Daas kom 'n opelugskou in Augustus by Broedersstroom.

Sal gaan kyk wat daar beskikbaar is.

 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/04/2026 - 21:36

...dan gaan dit nie help om buitelug skou by Broederstroom by te woon nie.

Soek op internet na die groot woonwa handelaars, hulle hou baie en groot verskeidenheid waens aan. Kyk ook na Caravanparks.com se lys van pad en boswaens.

Daar is baie beter opsies as 'n ou Gypsey 5 woonwa. Eers moet jy besluit of jy 'n padwa of 'n boswa wil hê.

Lekker huiswerk doen.

NS: Het jy reeds die Jimny, of oorweeg jy dit ook.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/04/2026 - 11:16

Kyk ook na die gewilde Skipper reeks waentjies. Ek sien hulle BVM is net 750kg, ideaal vir 'n ligte voertuig, soos 'n Jimny.

Ek het nog net goeie terugvoer oor die waentjies gesien.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/04/2026 - 19:54

Hou asb aan om saam te gesels op die forum.

Laat weet wat jy beplan en waarop jy besluit het, betreffende 'n woonwaentjie en sleepvoertuig.

Ek raai jy is ook op 'n ouderdom waar mens nie met leertjie na 'n daktent wil klim niewink

Johannesburg

WilleWillemien

Sat, 18/04/2026 - 20:11

Die Skipper lyk goed.

Sal net nog ander produkte ook google soos voorgestel.

Sal ook eeeers na die Pajero gaan kyk wat ek in gedagte het

Ek sal bly gesels hier.

Dalk lig ons nog 'n wa of twee.

Johannesburg

WilleWillemien

Sat, 18/04/2026 - 20:41

Nee Wessel.

Alhoewel ek drie keer per week Pluimbal speel en gereeld met my woefie gaan stap, het ek nog nooit sin gehad om met 'n leer bed toe te klim nie.

Ons verkies twee beddens.

Rede waarom ek eerder vir 'n regop kar met 'n Gypsey sal gaan.

Johannesburg

WilleWillemien

Sat, 18/04/2026 - 21:16

Jip Wessel

WW.

Was jy die koffiemaker op die Wegsleep forum?

Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/04/2026 - 07:10

Ek was wel deel van die Wegsleep forum, maar die titel koffiemaker lui nie 'n klokkie nie. 

Daai dae het ek met 'n Territory en Palma vakansie gehou.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus