Sit sommer en wonder of julle ook gelukkig is om 'n geskenk vir jouself te mag koop.
Ek kon 'n wenslysie optrek, nuwe Hilux, Triton of Tasman. Wragtig almal afgekeur, bloot omdat ek mos reeds movers aan Kavango laat sit.
Ook nie nuwe Hilux
Ook nie n nuwe Hilux gekry nie, maar vadersdag het reeds gister begin toe my seun my trakteer het op n knipmes braai. Skape was heerlik gewees en atmosfeer heerlik
Te laat....
....gewees met keuse.!!! Daar was nie 'n witte op die vloer nie. Boonop is die 2.4 outomaties in Raider formaat nie meer beskikbaar nie.
Volgende goedkoopste is die 2.8 outomaties, maar in slegs in SRX gewaad.
Miskien moet ek ook soos Chris B 'n bestelling insit vir die 2.4 in 4x4 [auto] Raider gewaad. Ek is mos gewoond om 11 maande vir 'n trokkie te wag.





Daan wil nie!
Toestemming, alles, om 'n nuwe Hilux te koop, maar nee....nie nou 'n nuwe nie. Geen rede nie. Nou sit ek met 'n dilemma.