Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -30 minutes ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago

HOW THIS for expensive...

Jozie
Profile picture for user TWTFAWC
Submitted by TWTFAWC on
Forums

1955 se pryse

well I picked up a book at the animal charity shop, Fisherman's eldorado... And it was all about fishing along the coast of SA, both West & East coasts...

How wonderful was the fishing back then... 1952 - 1957... You should see some of the accounts

Records of Massive shad runs in Natal... Stories of Mazzeppa bay....

When last was a shad even seen in Durbs / south coast?

Recounts of sardine runs where the waves spilled the sardines onto the beaches by the ton....

Anyone seen even one sardine outside of a blikkie lately?

Oh, and  How HELPFUL and FRIENDLY the Local äfrican" folk where,

You would think it was a completely and totally different country

But, inside was this treasure..... A menue from Hotel Nelson dated 1955...

Imagine eating all of that.......... Nogal at a sit down meal at a hotel for 75c..

SIGH......

seventy five cents...... Wonder what it would cost today in zupta's

So I've mailed the Nelson hotel in Capetown and asked them if it was an old menue of theirs....

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 26/05/2017 - 15:06

I suppose many people did not even earn 6/- a week at the time.   So for them it was expensive to eat at Hotel Nelson.    I remember an older person telling me as a young lad he earned eight shillings a week.  He paid about 5/- a week for his lodgings and had to provide his own meals.  He ate bread, jam and butter all week, but only on payday he used to go to a Cafe where he ate a big plate of food for a few pennies.  The same meal every time, 3 huge meatballs, with mash, pumpkin and cabbage, all covered with gravy.laugh

Ek wonder of ons agter-agter-agter kleinkinders eendag sal terugkyk na die pryse wat ons vandag betaal en ook lag omdat dit so goedkoop was?

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 29/05/2017 - 10:44

Sleep nou, daai is duur, toe ek begin kar ry het was Sasol 20c per gallon, of dan 5cn lit.

Ons het toe maar net so gekla!

Ek onthou n pakkie 20 Texan plain was 14c toe hulle praat om die sonde belasting te verhoog sou sigarete met n half sent opgaan. Almal ek ook het gese as sigarete Opgaan na 14.5 sent gaan ons ophou rook want dit raak nou onbekostigbaar!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 29/05/2017 - 12:03

Ek het in 1969 'n Vauxhall Viva GT splinternuut uit die boks gekoop vir R2000, nie sleg vir 'n twee lit sportskar nie?

Petra en ek het ons eerste woonstel gehuur vir R45.oo per maand in 1971. Twee slaapkamer woonstel met 2 afdakke vir ons motors, nuwe gebou, ons was die eerste intrekkers.

Elektriese rekening so om en by R4.50 @ maand, wit brood 9c, bruin brood 7.5c

Maar dan moet ek ook noem dat my salaris as terein bestuurder by 'n siviele ingeneurs maatskappy R255.00 per maand was plus die vol gebruik van 'n maatskapy voertuig, volle gebruik vakansies en alles en hulle het al my petrol betaal, selfs al was ek op vakansie. Net in die buiteland, Mosambiek of Rhodesia moes ek self petrol betaal. Dit was 'n International V8 vier wiel aangedrewe bakkie.

Petra het die wonderlike salaris van R110.00 per maand verdien as akte tikster. Sy was [is] eintlik 'n handels onderwyseres maar het nooit onderwys gegee omdat hulle te min betaal het, ons kan nie onthou hoeveel nie, maar dit was onder R100 per maand. Sy sou ook nie 'n permanente aanstelling, met die die beter voordele kon kry omdat sy 'n getroude vrou was.

Maar ja die lewe was goed selfs met die klein salarise ons het baie goed geleef, 

In 1973 het ek my eie besigheid begin, meenthuis komplekse ontwikkel, toe het ons soos konings geleef, nooit eers gedink aan geld nie, gekoop wat ons wou en elke Vrydag aand was "open house" by ons, al ons vriende het gekom vir 'n braai, al die vleis, drank en ander eetgoed was deur ons voorsien!

Toe kom daar 'n resessie in die eiendoms mark, bougenootskappe het geen geld om lenings te gee nie, en ek word gevang met 20 eiendomme wat ek kan verkoop, maar niemand kon 'n lening kry nie!!! Ek moes natuurlik nog steeds my ontwikeling lenings bly betaal, toe maar met Allied gaan praat, voor hulle my kon bankrot verklaar, hulle het die rente op my lenings gevries en die terugbetalings uitgestel, nie omdat hulle my so jammer gekry het nie, maar omdat hulle ook nie eiendomme sou kon verkoop nie!

In 1980 toe maar by Allied begin werk[ hulle het my in elk geval omtrent besit], vir die wonderlike salaris van R750.00 per maand plus maatskapy motor, Mazda 323. Ek het op daai stadium net standerd 8 gehad, toe maar met Allied se hulp my matriek gemaak en toe verder geswot tot ek as 'n profesionele waardeerder kon registreer. Daarna maar nog so elke nou en dan bietjie by geswot. Allied het later Absa geword, en so het ek maar daar gebly tot ek afgetree as nasionale bestuurder by hulle eiendoms afdeling.

Ja dit was goeie jare, ons het 'n pragtige lewe gehad, en leef nog steeds baie goed, selfs met die ANC regering saam.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus