Was maar stil die afgelope ruk want werk het in die pad van kamp gekom.
Het die laaste langnaweek by Konka Private Family Adventure Resort (in kort Konka) gekamp. Was gelukkig om staanplek te kry want ek het eers die Dinsdag voor die langnaweek besluit om te gaan kamp en navraag gedoen.
Hulle het die Woensdag laat weet dat hulle 'n kansellasie in hulle boskamp gehad het - ek het onmiddellik bespreek nadat hulle my verseker het dat die staanplek groot genoeg is vir die Exclusive.
Daar gekom, ingeteken by sekuriteit wat onmiddellik vir Alex opdrag gegee het om ons te help opslaan nadat ek gese het dat ek daar is om te rus. Vandaar direk na die staanplek gery wat plaveisel wat groot genoeg is vir die Exclusive plus 2 tentdakke en dan gedeelte met gras en dan privaat badkamers met opwasgeriewe by al 84 staanplekke.
Nadat ons opgeslaan het het ons na die ontvangs gery waar ons die sleutel vir die badkamer gekry het en bederf was met 'n nie-alkoholiese cocktail. Vir die wat hulle drankies met skop soek was daar 'n alkoholiese weergawe en ook OBS.
Geriewe sluit in slides, warm en koue swembaddens asook groot grasperk reg voor van die staanplekke met tafels en stoele op die grasperk. Daar is ook 'n klein winkel en restaurant op die perseel en 'n paar leeus in kampe naby die ingang van die kamp.
Wat vir my uitstaan is die feit dat die Sondag oggend toe die munisipale/Eskom kragtoevoer uitgaan, dit nie lank geneem het voordat die kragopwekker ingeskop het en die hele kamp, insluitend al die staanplekke van elektrisiteit voorsien het. Dit was vir n eerste en daarom het ek onmiddellik my aansoek om lidmaatskap ingedien. O ja, dit is 'n "Lede Alleenlik" kampeerplek, maar hulle laat toe dat jy die eerste keer kan gaan kamp voordat jy besluit om aan te sluit.
Hulle reële is streng - stilte tyd tussen 22h00 en 07h00; geen maar geen musiek by staanplekke, en hulle is bereid om mense wat nie die reels nakom nie te help op pak maak nie saak watter tyd van die dag of nag dit is nie.
Die jaarlikse lidmaatskap geld is R500 per familie vir 2 volwassenes en kinders onder 16. Die staanplek koste oor lang naweek was R700 vir 6 persone - hou in gedagte dat die gebruik van die warmwater swembad en slides ingesluit is by die prys.
5 Jaar laas
Ons was 5 jaar laas hier gewees. Ons het nog op die aanbeveeling van Hennie Botha hiernatoe gegaan.....hy het gereeld hier gaan inloer. Daai tyd was die plek nog baie in ontwikkeling. Daar was toe sover ek omthou net 9 privaat ablusie staanplekke gewees en n paar oorkant die pad. Verder was daar net n puttputt baan gewees. Hulle was egter toe besig met n BMX baan ....soos op foto, en uitgrawings vir swembad en ander vermaaklikhede. Daat waas swembaddens tans is, was n sport veld en die kroeg daarbo was seker n klubhuis, want Komka was al die jare bekend gewees vir winter skole rugby en netbal toere waar klomp skole bymekaar gekom het....was baie populer, maar dit het seker weggekwyn, daaroor dat hulle die sportvelde omskep het in vermaak areas. Hulle was toe ook besig om nog staanplekke uit te lê...was besig met grondwerke. Ons was daar ook in koeler maande, maar sover ek onthou was die naaste swembaddens destyds gewees aan die ander kant van dal.....agter by die chalets en tennis, netbal bane. Dit klink odf die plek nog baie uitgebrei het intussen en n kinder paradys geword het. Ons het destyds ook skuins oorkant by Aasvoëlkrans gaan inloer by hul dieretuin....weet nie of dit nog daar is nie
Foto....besig met BMX baan
Leeus
Geert, die leeus is nog daar. Hulle het so paar keer 'n nag (so rondom 8nm en dan weer so 2/3vm) van hulle laat hoor. Dit sal interessant wees om uit te vind hoe die mense wat in die glamping tents is die gebrul ervaar.
Ja dit is regtig 'n familie paradys - die staanplekke rondom die ontspanningsarea gemik op families met kinders waar die ouers die kinders vanaf hul staanplekke af wil dophou of nie te ver na die ontspanningsarea wil loop nie, terwyl die bos staanplekke meer gemik is op diegene wat bietjie meer stilte soek.
kampkoste regstelling
Ek sien nou dat ek gesê het dat die kostes R700 was - dit is eintlik R700 per aand per staanplek dus R2100 vir die 3 nagte.
Dankie Trevor
Dankie Trevor. Interesant die lidmaatskap....hulle doen dieselfde by Libertas. Seker makliker om jou gaste te beheer ss once off probleem makers.
Hoeveel leeus is daar tans?
Getal leeus
Geert, ek skat nou want die een klomp het redelik ver van die heining afgelê - so my skatting is ongeveer 8 of 9 - dit kan meer wees
Klink lekker
Middag almal. Dit is so n park na my hart.
Ai dit is ver vanaf die Kaap.





Dit klink na 'n plek so na…
Dit klink na 'n plek so na-aan my hart. Net te ver van my af.