In die Raven is daar nie baie spasie om die eilandbed nie, veral by die voetenent. Aanvanklik was dit vir my 'n storie om die bed op te maak maar ek het nou al 'n makliker manier uitgewerk. Amper so-iets soos Elton Jantjies voor hy pale toe skop, 'n patroon van bewegings wat altyd dieselfde bly en siedaar! Die bal is deur die pale, of in my geval, die bed is opgemaak.
Soms, as ek die bed opmaak, dan dink ek, dit is net tot vanaand. Vanaand moet ons weer hier lê, dan word hy weer deurmekaar. Ek maak hom op, net om weer op hom te slaap.
Dit laat mens dink aan die spreekwoord : "Jy het vir jou 'n bed opgemaak waarop jy moet slaap". Is dit nie presies hoe dit in die lewe gaan nie? Ons doen en sê soms dinge waarmee ons onsself in die voet skiet. As ons eers daardie bed opgemaak het, moet ons op hom slaap. Gelukkig het ons altyd keuses. Ons kan besluit om daardie opgemaakte bed te koester of ons kan besluit om reg te maak en ons bed op 'n ander manier op te maak en oor te begin.
Ek wens ek kon dit regkry om…
Ek wens ek kon dit regkry om 'n onopgemaakte bed te ignoreer. Voordat die bed opgemaak is, lyk die karavaan vir my te deurmekaar.
Fransman, daai toezippery saam met Linda vertrou ek gladnie. Maar dit is 'n baie goeie idee.
Freda,…
Freda,
Stem saam. Ek hou ook nie van 'n onopgemaakte bed nie. Baie kere wanneer my vrou gaan klaar maak in die ablusie dan maak ek sommer die bed op. Meeste kere doen ons dit saam. Sy staan aan die eenkant en ek aan die ander kant.
Die slaapsak storie. Wanneer dit een slaapsak is dan is dit 'n slaapsak. Twee aanmekaar is 'n streepsak
Dus my joppie daai, ek maak…
Dus my joppie daai, ek maak beddens op by die huis, elke oggend, ons sin en klein boet sn.
As ons kamp is dit een van die 1ste dinge wat ek doen, ek kan nou nie n on opgemaakte bed hanteer nie!
Het self ook van daai slaapsakke wat so aanmekaar zip, lekker goed daai![]()





Bed opmaak
Freda, net om aan te sluit by jou bed opmaak in wa, ons het al die jare wat ons gekamp het, 'n stel slaapsakke gehad, wat ons aanmekaar gerits het om een groot slaapsak te maak, waarvan voetenend toegerits is, en dan kom die ritsluiter so entjie op aan die kante. Dit het ons dan bedags ook op bed gelaat, en wanneer ons saans inkruip, net die ritse effe opgetrek aan die kante.
Dieselfde dubbelslaapsak het ons nog tot vandag!!!, en, wanneer ons met vakansie gaan (soos onlangs!!) word dit ons oornag beddegoed waar ons oorslaap, en by vakansiebestemming. Ons ry ook ons eie 2 kussings saam!!! Snaaks hoe dit maar 'n gewoonte kan raak!!!
En, wat jou spreekwoord aanbetref, dit bly maar die waarheid!!!