Dit was lekker skinner-stories op verskeie sosiale media platforms dat die Knysna en Plett brande deur brandstigters veroorsaak is, en dan met gepaardgaande galbraak daaroor.
My standpunt was dat dit beslis nie opsetlik-bedoelde brande was nie want niemand, selfs die slegste mens, sal so 'n verwoesting aan sy medemens wil veroorsaak nie. Daar moet eerder gewag word op amptelike verklarings na kundiges se ondersoeke.
Dis gister bekend gemaak dat die brande by Knysna deur weerlig veroorsaak is en by Plett is dit veroorsaak deur kortsluitings toe 'n krag-transformator deur die stormwind omgewaai is.
Wys jou net.
Ek het dit ook gelees ja,…
Ek het dit ook gelees ja, eerlik het ek self op n stadium gedink dit was opstelik vir die blote feit dat dit ook in PE op verskeie areas gebrand het.
Ek het net gewonder wat die toeval was dat dit in George, Knysna, Plett, Van Stadens, Lady Slipper, Sardinia Baai en Uitenhage op dieselfde tyd brand, als so kort op mekaar, binne ure.
Die kenners het nou na hul ondersoek bevestig, so dit is wat dit is.
Jong wat betref die mens, as ek op die nuus hoor of lees hoe wreed aardig mense gemartel en dan vermoor word, en die aardige dinge wat mense aan ander onskuldige mense doen, dan twyfel ek nie en glo dat daar baie mense is wat so iets wel sal doen sonder om n oog te knik en nog daaroor sal lag.
So twee weke terug het protestors op die N2 buite PE petrol bomme na n ou man se bakkie gegooi, n onskuldige ouman wat net verby gery het, sy voertuig het uitgebrand, verby gangers het die man gered, hy kon dood gebrand het, seker nog nie eers die slegste van die slegstes nie, maar toe hulle daai petrol bom gooi na hom het hulle nie n veer gevoel vir hom nie, Sad but true
Brand
Dis seker ook nie mense wat die bloem stadsaal aan die brand gesteek het nie..
Net ssos die amptelike verklaring van weerlig etc etc etc so glo ek aan brandstigting . Die goggas wat dit doen gee nie n flenter om nie. Die stadsaal in bloem is deur betogers aan die brand gesteek. Hulle gee ook nie n flenter om nie.
Ons het met n ou van knysna wat by karoo n.p saam gekamp het gepraat oppad terug op maandag. Die brande het op verskeie plekke ontstaan. Brenton. Golf landgoed. Karatara en oral. Sal snaaks wees as dieselfde weerlig dit by robberg plet dit ook gedoen het. En by P.E. alles dieselfde tyd. Dit was nie die eerste wind wat erg gewaai het nie.
Snaaks dat die plakkerskamp op knysna ook nie gebrand het nie,. Maar die pkakkers het van die koshulp wat vi die mense op knysna aangebied is kom plunder.
Jammer , jammer , jammer ek glo nie van die storie van spontane oorsake nie.
I rest my case.
Oom Jeep. Ek stem met jou…
Oom Jeep. Ek stem met jou saam. Daar is altyd n spindokter wat die goed wil verdraai. Hier in Meyerton omgewing het hulle n man gevang wat n plot aan die brand gesteek het. Dit om sy ex vrou wat verblyf reg op die plot het daar af te kry. In die proses het nog so 8 ander plase ook gebrand.
Wil net by sê dat dit darm nou al so n paar jaar gelede was.
Johan, dit is baie geldige…
Johan, dit is baie geldige punte wat jy maak . Die omstandighede kom baie verdag voor. Jy sal onthou ek het al hier by Plett vir jou gesê ek wonder of dit waar is omdat ons niks verder daaroor gehoor het nie. Is daar enige iemand wat bewyse het dat brandstigters wel gevang was en dit nie net 'n gerug op sosiale media was nie?
Dis erg oor julle stadsaal. En, ja, dit was beslis brandstigting want dit verskyn oral in die koerante en op TV nuus. Dit is 'n skande dat mense sulke dinge doen.
Ai dit moet swaar wees om…
Ai dit moet swaar wees om altyd die slegte in jou medemens raak te sien?
Ek praat metso baie mense wat die Bybel uit hul kop ken, màar nog steeds altyd die slegte gerugte eerste glo.
K verstaan dit anders, die Bybel leer my om altyd die positiewe te sien?
As mens werklik glo kan jy mos onmoontlik negatief wees?
...nog iets...
Die Bloem stadsaal brand is nie ter sake nie - dit was duidelik brandstigting, daar is 'n rede wat aan die brandstigting gekoppel kan word, daar was arrestasies en die hoofstroom media het wyd daaroor gerapporteer.
Die punt wat ek wou maak is, moenie val vir elke jan-rap-en-sy-maat se skinnertong wat vals stories oor die onsigbare sosiale media versprei nie. Na my mening was die brandstigting-storie in Plett en Knysna 'n klassiek voorbeeld van so 'n vals gerug.
Ek was nie daar nie en kan dus nie met gesag verduidelik hoekom 'n sekere plakkerskamp nie gebrand het nie, maar ek het wel video materiaal gesien hoe plakkers deur die afgebrande area probeer om hulle hutte weer op te rig. Die uitgestrektheid van die brand skryf ek toe aan die buitengewone windstorm wat geheers het.
Ten slotte sluit ek aan by Arie, ek probeer ook om die goeie in mense raak te sien eerder as om op die slegte te fokus en dit dan van toepassing op die meerderheid te maak.
VW, jy is reg die lewe is 'n…
VW, jy is reg die lewe is 'n lied, ons bly in 'n pragtige land, ons leef goed, gaan kamp gereeld en almal wat ek sien ry met die nuutste voertuie en karavane, soos jy se die lewe is absoluut 'n lied!!
Wat Len se is baie waar meeste van ons val aanmekaar met die "gerugte" wat op sosiale media versprei word, die man wat dit begin het lag lekker vir die klomp ape wat keer op keer daarvoor val.
Daar was al hoeveel sulke belaglike stories, mense het vertel jy moet nie daai plakkertjies van jou familie en honde agtewr op jou motor plak nie, die inbrekers kan jou dan teiken want hulle weet hoeveel honde en kinders jy het, REALLY dit is mos sommer 'n groot pot bollie?
Daai lee koeldrank bottel voor jou huis op die sypaaidjie, ag nee man wie val vir sulke nonsens?
Soos Len se, die Stadsaal in Bloem kan nie met die ander brande vergelyk word nie, dit is tog immers heel duidelik dat dit brandstigting was?
Al wat mens moet doen is om te keer dat jy nie dadelik oorreageer nie, sit bietjie terug en dink logies oor enige saak, mense het hulself [ek ook] al baie belaglik gemaak deur sekere stellings in die hitte van die oomblik te maak en dan later agter te kom dat jy eintlik heel van die pad af was?
Dink voor jy stellings maak anders moet jy later sterk back paddle en allerande flou verskonings uitdink soos nou in die geval van Afriforum?
Ek is glad nie lief om bybel versies aan te haal nie, mense wat my ken kan uit my leefstyl sien dat ek 'n Christen is, maar as jy dan wil Bybel versies aanhaal [wat jou volle reg is en ek kritiseer nie mense wat dit doen nie] moet dan nie die volgende gal braak oor iets nie.
Die Christelike geloof leer ons om jou naaste lief te he, soos iemand nou die dag nog hier aangehaal het, surely kan jy dan nie die volgende dag jou mede mens veroordeel sonder werklike bewyse nie?
Dit klink vir my net soos die mense wat verkondig "Dit MOET waar wees, ek het dit in die koerant gelees of op TV gesien" of net so erg, ek het dit Gegoogle, met Google moet jy ook maar mooi uitsoek en die kaf van die koring skei!
Nee wat gee mense maar liewer die voordeel van die twyfel voor mens te kras oordeel!
Terloops, ek lees gister van…
Terloops, ek lees gister van een of ander Profesor [kan ongelukig nie nou sy naam onthou nie] wat reken die grootste rede hoekom die brande so erg versprei en hand uit geruk het is maar aardverwarming gepaard met die knelende droogte. Die veld was so dor en uitgedroog dat 'n klein vonkie die hele wereld laat vlam vat het.
Klink vir my logies maar ek is nie 'n kenner op daai gebied so sal nie regtig komentaar lewer op sy stelling nie.
Kan ook nie my hand op gister se Beeld le om sy naam op te spoor nie, hier in die kamp werk dit so, ek koop elke dag die Beeld en dan gee ek dit aan vir my buurman, so skuif daai arme koerant die hele kamp deur, party ouens lees gister se nuus eers Saterdag.
Petra koop weekliks die You [regte skinder tydskrif] en die word dan ook so aangestuur na amper die hele kamp toe!
Kry ek so gaaitjie om vinnig…
Kry ek so gaaitjie om vinnig hier te loer, en wat sal ek sien.
Alweer politiek praat op 'n kamp forum.
Ja so sal ons mos al om die kampvuur ook politiek praat, dit het tog immers 'n baie groot impak op ons daaglikse bestaan, en niks werklik verkeerd daarmee nie.
Groot verskil wat ek egter nou sien, is niemand is aanvallend of beledigend nie, dit is hoe ons forum groei.
Ek verskil met sommige insette, en stem saam met ander, ek is mos immers regs, my linker hand kan nie eers 'n hammer vas hou nie?
Daar was 'n video clip van swart dames in Knysa wat se dat die brandstigters (hulle woorde) versklikik gevaal het in hul doelwit, want die teendeel het het gebeur.
Instede van wit teen swart op te stook, het hulle dit reg gekry wat die politisie nie kon reg kry nie, nl die mense van alle rasse het so saam gestaan, dat dit vir die een vrou in trane gehad het.
Mens kan ook redeneer dat die "uitslag" ter wille van veiligheid gedokter is, hoe sal ons weet.
Een ding is seker, of dit brandstigting was, en of dit wel die sameloop van wind, weer en elektrisiteit was, die mense het daar so vereenig, dat dit mens hoop gee vir SA.
Ek het ook video clips gesien van blankes wat wys hoe hul bure se huise tot op die grond af gebrand is, en hul huise staan ongeskobde. Hoe verklaar mebs dit, abders om dit wat hulle met hul monde gesê het, die waarheid moet wees.
Een Engelse dame sê sy het voor die tyd "gevoel" sy moet bid, sy het dit gedoen, haar huis het geen skade nie.
'n Ander jong Afrikaanse dame, het tydens die brande sonder ophou bly bid, haar huis staan soos 'n anker tussen die swart verbrande omgewing.
...dis nie politieke praatjies nie............
Sou die gesprekke op hierdie forum oor die verwoestende brande in Knysna en Plett politieke praatjies wees, dan weet ek nie wat is NIE-POLITIEKE praatjies nie. Ek is van mening dat daar niks in ons daaglikse lewe gebeur wat nie aan een of ander politieke draadjie gekoppel is nie.
En dan op 'n ander noot, ek dink wanneer ons gesprek voer oor Suid-Afrikaanse landsburgers, onderskei ons feitlik altyd wat ons wil sê in ras terme, byvoorbeeld 'n swart vrou het dit of dat gesê of ons blankes tree so of sus op. Hierdie manier van praat geld nie net vir die blanke rasgroep nie, maar kom voor by alle rasgroepe. Ek dink dit gaan dekades neem om hierdie ras-skeiding in ons gesprekke te laat vervaag.
Lees nou weer. (Data was op…
Lees nou weer. (Data was op, het mos al my geld op kamp spandeer)
Ek het ook maar gese wat ek waar geneem het.
Daar was geen brand in die knysna plakkers kamp langs die N2 as gevolg van hierdie brand nie. Ons het gery tot by Bevedere en Kenton.. want "gerugte" was dat die Bevedere kerkie ook gebrand het. Gelukkig. Inteendeel by Kenton was daar op die berg so te sê geen boom oor nie. Huise sleg tweede gekom en soos Johann gesê het een huis afgebrand, bure se hout huis niks. Sommiges tuine als weg maar huis bly staan. Slegs rook skade want mure is swart van die rook.
Die mense wat ons by karoo gekry het, het gese dat hulle op golflandgoed bly en van hulle vriende se miljoene rande se huise afgebrand. Hulle het ook die "plakkers" gesien wat die voorrade van die bystand kom "haal" het. Daar is/was mense wat nie versekering gehad het nie.
En
Ek praat nie politiek nie, gee net my mening. Ek glo nog steeds aan brandstigting. As n bosslaper n vuurtjie maak omrede hy koud kry en die bos raak aan die brand, is dit brandstigting. Bedoelde of onbedoelde.
En
Bybelversies... ek domineer nie Bybel versies nie. Ek weet eks skuldig,,, dalk meer as ander,, aan een sonde waar ander weer skuldig is aan ander. Niemand is sonder sonde nie. Al wat ek sê, ek glo nie alles nie. Hetsy sosialemedia of amptelike media. Daars te veel leuens wat verkondig word, selfs op tv. Dinge wat jy met n knippie sout moet vat.
Hier is lede wat nie glo aan brandstigting nie en die goed in ander mense vooropstel. Dan is daar ander wat anders glo, sonder om negatief te wees. Eks nie negatief nie, al dink sommiges so.





Brande
Ek het hier vertel van 'n stemboodskap wat ons ook ontvang het oor "brandstigters". Na 'n dag of wat het ek egter ook geglo dit was nonsens, want dit was nooit in die koerante of TV/Radio nuus bespreek of verder gevoer nie. Ek het vanoggend ook gelees op Maroela Media dat daar blykbaar 'n paar dae voor die brande in Knysna, aangemeld was dat "onderbos" in die omgewing smeul maar dat daar nooit iets daaromtrent gedoen was nie.