Ek kan nie onthou of Len se familiekamp vir 2 of 3 weke sou wees nie. As hy nog nie terug is nie, behoort dit nou een of ander dag te wees.
Ek sien uit daarna om sy vertellinge te hoor en foto's te sien.
Wonder ook, more is mos…
Wonder ook, more is mos laaste dag van skool vakansie, so as sy kinders nog daar is, ry hulle seker more huistoe om die naweek tuis te wees vir skole wat Maandag heropen.
As ek dit nie mis het nie, verbeel ek my dat hy en sy vrou nog n week of wat langer bky sonder die kinders?
As hy terug was sou hy al…
As hy terug was sou hy al kom groet het. Kan ook nie onthou wat hulle skedule was nie.
Goeie môre almal !
Ek voel geëerd dat julle oor my wonder ! Ons was gister 0m 16:00 veilig tuis.
Ja, ons hele ou spulletjie (vier gesinne) het veilig, sonder teenspoed 4800km met vier voertuie, drie karavane en 'n sleepawaentjie (die ene met nuwe "bearings" wat ekself ingesit het !) gereis - baie geseënd en dankbaar as 'n mens in ag neem die uiters roekelose bestuurders op ons paaie en die baie ongelukke.
Ek sal so met die loop van tyd van ons heerlike vakansie vertel.
My Pathfinder het my gister hier naby Worcester voorgespring en eerste 70 (70 000km) geword - nou verstaan julle seker hoekom ons so lief vir mekaar is !
Baie welkom tuis Len. Ek is…
Baie welkom tuis Len. Ek is bly alles het goed afgeloop.
Nou wonder en hoop ek darem dat julle n wonderlike tyd ook gehad het?
Welkom terug Len. Ek glo…
Welkom terug Len. Ek glo jy gaan ons nog van al die lekker dinge vertel. Ja, mens het baie rede vir dankbaarheid as soveel mense, saam, so ver gereis het en geen teëspoed gehad het nie. Baie geluk ook met jou verjaarsdag. Dit was seker ekstra spesiaal.
Sover ek dit het, verjaar…
Sover ek dit het, verjaar Len Maandag 24 Julie, mag verkeerd wees, maar ek onthou dit van 'n ander gesprek af?
Jy's reg Johann
Jy's reg Johann, maar ek kon dit nie later met my kinders in die Wildtuin vier nie omdat die kleinkinders se skole Maandag begin en ons dus moes terugkeer.





Het self vanoggend gewonder…
Het self vanoggend gewonder hoe en waar dit gaan met hulle?