Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57239 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -11 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -13 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -24 minutes ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -35 minutes ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -47 minutes ago
Baid geluk Len, mag dit jaar… Verjaardae Johann L -49 minutes ago
Wessel julle moet dit geniet… Manyane Pilansberg Johann L -51 minutes ago

Ian Laing se kerrie sous/marenade.

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Sat, 12/08/2017 - 16:00
Forums

Kerrie

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 12/08/2017 - 16:07

Ian se Kerriesous

Hierdie sous is genoeg vir 8 tot tien mense 
8 tot 10 Groot uie - opgesny in ringe 
Mayonaise - 300ml 
Tamatiesous - 300ml 
Worchestersous - 25ml 
Blatjang - 150ml 
Gemmer - 'n knippie(opsioneel) 
Asyn - 50ml 
Appelkoos konfyt - 50ml 
Kerrie 
Borrie 
Sout - na smaak 

Metode: 
Smoor die uie tot halfgaar, gooi al bogenoemde bestandele by die uie en laat dit stadig prut tot die sous lekker dik word. 
Spice jou ontdooide tjops of hoender klaar . 
Laat die sous afkoel en pak jou vleis en die wors in die braaikasserol - laag vir laag met die sous tussenin en bo-oor. 
Hoe langer die vleis in hierdie sousie staan, hoe lekkerder is dit. Laat dit vir ten minste 12 ure staan. 
Bak nou vir jou 'n potbrood en sny hom in dik hompe. Wanneer die vleis klaar gebraai is sit jy dit terug in die sous en hou dit warm oor matige hitte. Oppas, moenie die kerrie laat aanbrand nie. 
Hou jou tjops eenkant vir later. 
Nou begin die sports! 
Skep daai kerrie uiesous oor die brood en geniet dit. Sorg dat jy staan, want daai sous GAAN drup! Geniet dit!

​​​​​

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 12/08/2017 - 18:22

Dankie Willem  -  aangename herinneringe.  Lanklaas iets van ou Ian gehoor.

Port Elizabeth

Antie

Sun, 13/08/2017 - 12:47

Baie mense hou nie daarvan om lamtjops te "bederf"met marinades en souse nie, maar 'n lamtjop wat in kerrie gelê het, is heerlik.  Veral as die vetjie so bietjie crispy gebraai is.  Ek het dit bitter lanklaas geëet, hierdie resep gaan ek beslis probeer.  Dankie Wilsur, vir die resep en sommer dat jy my weer aan kerrie tjops herinner het.yes

Port Elizabeth

Antie

Thu, 24/08/2017 - 06:05

Ek het gister spesiaal gaan dik gesnyde varktjops koop by die slaghuis.  Huis toe gekom, jou sous gemaak en die tjops lê nou lekker en marineer daarin.  Ons gaan dit vandag braai met familie wat kom kuier.   Ek kan sommer sien hoe lekker dit gaan wees.

Port Elizabeth

Antie

Fri, 25/08/2017 - 09:52

Kyk, daai varktjops was lieflik.  Sag en sappig, met 'n lekker bytsmakie.   Ek glo nie ek sal vark ooit weer op 'n ander manier braai nie.   Hy kan mos soms droog wees op 'n braai.   Colin het die gaar tjops teruggesit in die warm sous.  Ons het dit oor die tjops en aartappels geskep.  My familie was omtrent vol komplimente, toe sê ek vir hulle, 'n ou wat ek nog nooit ontmoet het nie, het vir my die resep gegee.laugh