
Ok hier is die resep.
Ian se Kerriesous
Hierdie sous is genoeg vir 8 tot tien mense
8 tot 10 Groot uie - opgesny in ringe
Mayonaise - 300ml
Tamatiesous - 300ml
Worchestersous - 25ml
Blatjang - 150ml
Gemmer - 'n knippie(opsioneel)
Asyn - 50ml
Appelkoos konfyt - 50ml
Kerrie
Borrie
Sout - na smaak
Metode:
Smoor die uie tot halfgaar, gooi al bogenoemde bestandele by die uie en laat dit stadig prut tot die sous lekker dik word.
Spice jou ontdooide tjops of hoender klaar .
Laat die sous afkoel en pak jou vleis en die wors in die braaikasserol - laag vir laag met die sous tussenin en bo-oor.
Hoe langer die vleis in hierdie sousie staan, hoe lekkerder is dit. Laat dit vir ten minste 12 ure staan.
Bak nou vir jou 'n potbrood en sny hom in dik hompe. Wanneer die vleis klaar gebraai is sit jy dit terug in die sous en hou dit warm oor matige hitte. Oppas, moenie die kerrie laat aanbrand nie.
Hou jou tjops eenkant vir later.
Nou begin die sports!
Skep daai kerrie uiesous oor die brood en geniet dit. Sorg dat jy staan, want daai sous GAAN drup! Geniet dit!
Baie Dankie Wilsur. Dit lyk…
Baie Dankie Wilsur. Dit lyk heerlik.
Dankie Willem
Dankie Willem - aangename herinneringe. Lanklaas iets van ou Ian gehoor.
Dit lyk heel lekker, gaan…
Dit lyk heel lekker, gaan dit volgende naweek toets.
Oe, lekker!!
Baie mense hou nie daarvan om lamtjops te "bederf"met marinades en souse nie, maar 'n lamtjop wat in kerrie gelê het, is heerlik. Veral as die vetjie so bietjie crispy gebraai is. Ek het dit bitter lanklaas geëet, hierdie resep gaan ek beslis probeer. Dankie Wilsur, vir die resep en sommer dat jy my weer aan kerrie tjops herinner het.![]()
Ian Laing se kerrie sous/marenade.
Jy kan selfs die wors in die sous laat slaap en sal nie die velletjie van die wors bederf nie.
Ian Laing se kerrie sous/marenade.
Laat weet as iemand dit gemaak het asb.
Wilsir, ek gaan vannaand my…
Wilsir, ek gaan vannaand my tjops inle in hierdie sous en eers more aand braai.
Ek sal jou laat weet hoe hy geloop het....
LEKKER, hoe langer hy lê hoe…
LEKKER, hoe langer hy lê hoe beter !!!
Ian Laing se kerrie sous/marenade.
Freda, die wat oor bly sit dit terug in die sous (as daar nog sous oor is) en braai dit Saterdag.
Wag vir jou terugvoering.
Ek het hom toe prober…
Ek het hom toe prober Dinsdag, tjops 12 ure laat le en die tjops het soos fillet uitmekaar geval - absoluut heerlik!!!!
Gaan definitief dit ook…
Gaan definitief dit ook probeer. My mond water eintlik nou.
Kon toe nooit die naweek…
Kon toe nooit die naweek daarby uit kom nie, jongste kleinkind was in hospitaal, maar gaan die sous die naweek doen.
Wilsur daar was niks oor nie…
Wilsur daar was niks oor nie.
Ok toe nou uitgevind, borrie is tumerik.
Absoluut heerlik
Kyk, daai varktjops was lieflik. Sag en sappig, met 'n lekker bytsmakie. Ek glo nie ek sal vark ooit weer op 'n ander manier braai nie. Hy kan mos soms droog wees op 'n braai. Colin het die gaar tjops teruggesit in die warm sous. Ons het dit oor die tjops en aartappels geskep. My familie was omtrent vol komplimente, toe sê ek vir hulle, 'n ou wat ek nog nooit ontmoet het nie, het vir my die resep gegee.![]()





Hmmmm.... ek begin al amper…
Hmmmm.... ek begin al amper dir braaivleis vure ruik.