Dit is altyd interessant hoe persoonlike smaak kan verskil as dit by kampplekke kom.
Ek weet erens praat ek van TietiesBaai as gunsteling kampplek, maar ek gaan realisties moet wees ook, want 1500km is bietjie ver.
So wat sal ek se, watter kampplek is my (ons) gunsteling?
Ek gaan se Dube, in Brits. Dit is nie te ver van ons af nie, maar ver genoeg om as wegbreek te dien. Jy het nie n 4x4 voertuig nodig om wild te sien nie. Heerlike skadu en bome, lekker groot staanplekke en first come first serve. Die warmwater hydro absoluut n wenner veral vir daai lekker winter kampe. Lekker bos gevoel. Baie voelryk. Kindervriendelik.
So wat is jou gunsteling kampplek en hoekom?
Gunsteling Kampplek inzetten 2
Ons was nog nooit by Kleinplasie nie en hoor net goeie stories van die plek. Sal dit graag eendag wil uit toets. Ons gunsteling plekke op die oomblik is Forever Resorts- Plet, Buffelsbaai en nader aan die huis kamp ons graag by Montaque. Ons gaan volgende naweek Silverstrand by Robertson toets. Was laas daar met 'n motorfiets rally en kan dus nie toe 'n goeie oordeel gemaak het nie.
FRIKADEL: Elephant Sands in Botswana is ons firm favourite.
JANWILLEM: Soos Len dit stel, Ons jaarlikse optog het een plek in gedagte. Oom Paul se plaas. Hier in by ons gaan ons altyd a "happy wanderers" dit is op die water, maar dit is nie 'n swemstrand nie, te veel stromings, maar die die visvang is baie goed.
daar waar my tent staan en…
daar waar my tent staan en my vuur brand, en solank my geliefdes daar langs my is en ons veilig is!
Gunstelling kamp plek
Eish so baie van te kies maar een kamp plek wat ek en Berdien baie van hou is De Voetpadkloof se boskamp die is gelee so 1 km van oord af sal bietjie fotos vir julle laai. Hoekom die diere loop hier verby jou of hulle jou nie raak sien nie die bome die berge die kamp vuur innie nag is net puik.
Aangesien ek relatief…
Aangesien ek relatief onlangs eers op hierdie forum betrokke geraak het, lees ek maar van die ouer drade so stelselmatig deur - en kom toe op hierdie een af. Ons gunsteling-bestemming is ongetwyfeld Karoo Nasionale Park. Baie mense gebruik dit hoofsaaklik as 'n oornagkamp en dalk 'n ekstra nag of drie. Ons kamp meermale daar vir 2 - 3 weke.
ATKV Eiland Spa is ook baie hoog op ons prioriteitslys. Dit is een van die wonderlikste plekke vir 'n Bolander om te oorwinter. Ons was nou-al by twee geleenthede daar vir 2 maande en beplan om in 2019 vir 3 maande te gaan nadat ons klaar in die wildtuin gekuier het.
ATKV Hartenbos is ook 'n groot gunsteling. Hartenbos se klimaat is van só 'n aard dat jy bykans enige tyd van die jaar daar kan gaan kamp.
En dan natuurlik die Krugerwildtuin. Ek is nie juis kieskeurig wat kampe aanbetref nie, maar ons gunstelinge is Shingwedzi en Tsendze.
Ek bring van
Dis hoekom ek van die ou drade weer afstof soos jy Chris dis om nuwe lede kans te gee om te lees en hopelik te reply maar ja soms gebeur daar bok en rol![]()
Chris, Hartenbos is op my…
Chris, Hartenbos is op my hoë wens lysie, was nog nooit daar nie.
Het nog net by Letaba, Berg…
Het nog net by Letaba, Berg-en-Dal en Shingwedzi gekamp in Oom Kruger se plaas. Daar is nog so baie op my lys voor ek 100 slaan.
Ons kamp volgende jaar (30…
Ons kamp volgende jaar (30 Apr - 14 Jun) in Punda Maria, Shingwedzi, Tsendze, Letaba, Satara en Maroela. Ons het al in elke kamp in die wildtuin gebly waar daar gekamp kan word, maar het nog nooit in Pretoriuskop en Balule gekamp nie (slegs in rondawels gebly).
Ons bly ook vir 6 aande oor in Karoo Nas Park oppad noorde toe (o.a. die Paasnaweek ingesluit).
En hopelik kry ek eerskomende Saterdag vir 3 maande plek by Eiland Spa vanaf 15 Jun.
Willem - Ek het ook nog só baie kampeerplekke wat ek wil besoek - veral in KwaZulu-Natal. Maar my vrou om daar te gaan toer.
Chris, ek self is nie baie…
Chris, ek self is nie baie lief vir die KZN kus nie, eerder die Kaap.
Hello mede kampers Vir ons…
Hello mede kampers
Vir ons ouens wat noodgedwonge in ou Transvaal moet bly/werk, is die wille Krugertuin gelukkig naby. Daarom sekerlik ook dan van ons gunsteling kampplekke.
Myselwers is reeds bespreek in Junie 2019 in Satara, my nr 2 keuse. Eerste keuse is egter Balule, maar die skoner geslag bly my besluite veto, tog so afhanklik van Eksdom-krag.
Groete
Wessel
Balule - wonderlike ou…
Balule - wonderlike ou kampie. Ek is net te jammer vir my 1993 Caravette 6B, met sy 13" wieletjies om die stuk gruispad tot daar te sleep. Ons het verlede jaar 'n keer tot daar gery toe ons by Satara gestaan het. Ek het toe maar weer besef dat die pad net té sinkplaat was my waentjie en was toe maar dankbaar dat ek my oorspronklike Balule-bespreking verander het. Soos reeds gesê is dit 'n fantastiese kampie, maar ons het maar eerder in een van die hutte gebly. Dalk - eendag as ek groot is, kamp ek in Balule.
Richtersveld
Kyk gisteraand Weg Richtersveld wat ek opgeneem het kyk ek oorweeg nou om my wyn roete toer te ruil met dit noord kaap moet ek en Berdien ook doen ja daar so baie om te doen te sien maar aai die tyd![]()
Shaun, ek het gedink sodra…
Shaun, ek het gedink sodra ek en my wyfie met pensioen is, gaan ek SA deur kruis, maar nou hou die kleinkinders ons naby die huis.
Maar ek werk aan die wyfie, vertel haar gereeld hoe mooi ons land is, en nog so baie om te sien voor ons te oud is.
ek het gedink sodra ek en my…
ek het gedink sodra ek en my wyfie met pensioen is, gaan ek SA deur kruis,
Ek beplan dit ookal van my jongdae af. Doen selfs besprekings vir sodanige reis. En as ek my kom kry dan sit ek in die wildtuin en al die ander plekke is vergete.
Chris, mens se tyd loop uit,…
Chris, mens se tyd loop uit, ons moet toer terwyl ons kan.![]()
Johann, ATKV Hartenbos is…
Johann, ATKV Hartenbos is baie lekker maar ek hou nie van al die gewoel oor Desember nie. Len gaan bv elke Feb af daarnatoe en ek gewoonlik einde Feb to mid Mrt.
Daar is ook Dibiki in Hartenbos, maar dan is jy so entjie van die strand af.
Ek verkies ook Maart in…
Ek verkies ook Maart in Hartenbos. Wat my aanbetref is Maart die beste tyd om langs die Kaapse kus te kamp - normaalweg van die minste wind en nie die hoë temperature van Feb nie, maar nog steeds lekker.
Vanjaar maak ons egter 'n uitsondering deur Hartenbos toe te gaan 12 - 18 Desember. Maar ons doen dit net ter wille van ons twee kleinkinders op Grabouw wie se ouers daardie tyd moet werk. Ons mis darem die ergste "mal-seisoen" in Hartenbos - en gaan beleef dit in ons tuisdorp (Kleinmond) in 'n mindere mate.
Dibiki
Dibiki is nog ook op my "to do"-lysie. Dit is een van slegs 10 woonwaparke wat volgens die "ratings" op CaravanParks.com se webblad, 5 sterre kry vir sekuriteit, ablusies, waarde vir geld en staanplekke.
Ek kan onthou dat Freda en Koos Mol destyds ook net positiewe dinge t.o.v. Dibiki vertel te gehad het.
Ek sal definitief weer Eden…
Ek sal definitief weer Eden Park naby Naboom besoek, wat n lekker kampplekkie in die bosveld!





Gunsteling Kampplek
Ons is ook mal oor Dube. Daar is n paar ander ook waarvan ons baie hou. Richardsbaai is ons gunsteling by verre.
LEN LOADER:
Ons gunsteling kampeerplek is die Kruger Nasionale Park, by enige een van die ruskampe - maar dit is baie ver van Brackenfell af, 2000km om presies te wees ! Ander gunstelinge is Addo Olifantpark naby PE (800km van ons af), Karoo Nasionale Park by Beaufortwes (475km van ons af), Kleinplaas by Oudtshoorn (400km) en natuurlik ATKV Hartenbos (400km). Vir naweekkampe hou ons baie van Skurwekop naby Robertson, Leentjiesklip by Langebaan, Yzerfontein en Onrus.
Onder is 'n foto van Yzerfontein se strandgebied.
FREDA: Dit is moeilik om 'n gunsteling te gee. Elke kampeerplek het iets van sy eie waarvan mens hou. Ons was al twee keer KNP toe met die karavaan en het toe ook by van die fantastiese kampe daar bo in die land gekamp. Ek beny die mense daar bo die kampe wat hulle het. Maar as ek gunstelinge moet noem, moet ek maar praat van kampe nader aan ons waar ons graag gereeld gaan. Die Tuinroete is ons gunsteling, ons het al by heelwat verskillende kampe daar gestaan, maar Forever Plett is ons gunsteling. Buffelsbaai is ook fantasties. Hier naby die huis, kamp ons meestal by Willows en Van Stadens maar Addo is ook 'n gunsteling.
VOORTREKKER:
Len Loader het geskryf:
Toe ek die foto sien wou ek se dit is Yzerfontein. Lekker plek. Die ander een op jou lys waar ons ook al gekamp het is Karoo Nationale Park.
VW: Hier is nou nie so baie oorde in PE nie, maar my gunsteling in oorde hier rond:
1. Van Stadends
2. Willows
3. Pine Lodge
4. Gamtoos Ferry
Ons is seker boring, maar daar is geen plek waar ons wil kamp Desember maande behalwe Kleinplaas in Oudtshoorn nie! My standpunt is maar bloot dat ons werk blerrie hard vir ons geld en sien heel jaar uit vir n Desember wegbreek, en die laaste ding wat mens dan soek is n teleurstelling.
By Kleinplaas weet jy wat jy kry, constantly constant, goed geprys, netjies, plaas atmosfeer, lieflike weer, man, gaan kamp self daar en kom vertel my!!
Ons hou ook van Keurbooms en Forever Plett en kamp gewoonlik Augustus lang naweek een van die twee elke jaar.
Het al by vele ander gekamp, die is nou bloot net gunstelinge!
VOORTREKKER:
VW het geskryf:
Ek het darem al by Forever Plet gekamp. Baie lekker gewees.
LEN LOADER: VW, stem saam dat Kleinplaas by Oudtshoorn 'n treffer is. Ons is juis weer oppad daarheen op 12/4 vir ons kultuur-opknapping by die KKNK. Hier is sommer 'n foto of wat vir ouens wat nog nie daar was nie :-