Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -3 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -4 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -5 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -5 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -5 hours ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Waar my wa staan

Arie

Wed, 20/09/2017 - 16:07

Snaak, ek dog dit is net Absa wat sulke goeie diens lewer?

Dalk 'n ex staf lid van Absa wat nou by Santam werk?

0

Hoe sê hulle advertensie ?.......regte, egte versekering !  Ek het ook puik diens van Santam ontvang met my geyser wat so 9 maande gelede gebars het -  en met my Pathfinder se sondak wat verlede jaar ontplof het en vervang moes word.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 20/09/2017 - 19:44

LEN,

Ek het het nou so gelag, ek moes uit loop.

0
Centurion

Dusty

Thu, 21/09/2017 - 05:31

Goeie more.

Voel vanoggend hier in Kempton waai so 'n lekker fris windjie. Koffie ia aan die gang en tee is gemaak.

Wa is klaar skoon gemaak en gereed vir kamp volgende week.

Geniet ook hierdie dag.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 21/09/2017 - 06:42

Is almal al uit die bed en aan die gang?   Ek hoop die koffie help om julle behoorlik wakker te maak.  Behalwe Dusty en Warren, die twee hardwerkende manne wat vroeg by die werk is.  

Warren, safer not to listen to Tetley. wink  I actually bought Tetley tea recently, first time I saw it in the supermarket.  Very nice tea and cheaper than the other well known brands.

Dusty, dit is lekker as die wa reg staan vir 'n kamp.   Ons gaan oor drie weke vir 'n maand kamp en moet nog begin regmaak.  Na ons lang kamp het ons meestal alles uitgepak om weer van voor af te begin.

Nouja, geniet julle dag.  Onthou, elke dag is dalk nie goed nie, maar daar is iets goed in elke dag.  heart

 

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 21/09/2017 - 07:00

Mag julle almal n geseende dag he. Die wat gaan kamp geniet en die koffie loop soos stroop vanoggend

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 21/09/2017 - 07:07

Ons het baie lanklaas iets van Dassie gehoor.   Ek kyk my oë uit maar hy kom nie tevoorskyn nie.no

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 21/09/2017 - 07:33

Ons het baie lanklaas iets van Dassie gehoor.

Freda ek wonder dieselfde ding.

Segekok, julle moet lekker kamp!

Lekker dag vir almal!   My koffie is nou kla.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 21/09/2017 - 07:49

wees gegroet

wees suksesvol!

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 21/09/2017 - 08:30

Ons waardeer dit vreeslik baie dat jy ons nou se dae kom groet in die oggend.   Ons wag net om te sien of jy nie iets meer as dit gaan kwytraak nie.   Het jy gesien Len het vir jou gister 'n vraag gevra?    

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 21/09/2017 - 08:32

Hi

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 21/09/2017 - 08:51

Ek is oortuig daarvan die bogemelde kommentaar van Arie (twee letters) is nog die kortste wat hy of enige iemand anders op die forum geskryf het.

Freda, Big G soek nog want sy groet is nog steeds kortasem.

Goeie môre almal wat aan die forum deelneem -  dié wat net lees is uitgesluit en word nie gegroet nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus