DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
- 669 views
Goeie more mense. Heerlik…
Goeie more mense. Heerlik koel hier by ons vandag. Vir julle wat kamp, geniet die oggend! Koffie vir enigiemand?
Lekke more julle
Ry half 6 werk toe vanoggend net ek op die pad is dit nie lekke nie julle moet n gatskop dag he. Gooi die koffie / tee in geniet hom hy loop soos stroop
Goeie more. Dankie vir die…
Goeie more. Dankie vir die koffie Anton.
Toets gisteraand net die voertuig se kragkoppeling vir die wa. Het nog nie weer gehaak nadat die voertuig by die paneelkloppers was nie. Al die konneksies was een pennetjie uit. Maak gou vanoggend die koppeling los. Sien toe dat hulle die blokkie nooit gesluit het nie en die het terug geskuif met een pennetjie. Daardie sesde sintuig, luister maar na hom. Dit het my gister heeldag gepla tot ek gaan kyk het. Is darem nou reg.
Sal nou die laaste paar goed laai en wag dat die huismense ontwaak en gereed maak.
Almal wat op die pad is vandag ry versigtig. En kyk uit vir onverskillige bestuurders.
Lekker dag vir almal
Lekker Dusty! Jy moet…
Lekker Dusty! Jy moet veilig ry en moenie vergeet van daai fototjies nie (-;
Goeie môre almal !
Goeie môre almal !
Dit het vanoggend om 06:00 saggies met 'n misreëntjie hier by ons begin reën en ek hoor nou hierbuite dit reën al effens harder - ons is baie dankbaar al is dit net effens.
Lekker dag aan almal !
Goeie more maters, dankie…
Goeie more maters, dankie vir die koffie Anton.
@ Dusty, julle moet veilig ry en geniet die wegkoms.
@ Shaun, ek sou dink dit is lekker alleen op die pad?, ek dink die verkeer gaan so teen 12uur begin optel hier in die binneland
naters?
naters
Johann ek weet nou nie of jy bedoel het om te se knaters of maters nie?
lekker dag vir julle!
Dagsê aan almal
Ek hoop julle het 'n baie lekker vakansiedag.
Dusty, weereens, geniet die kamp en julle moet veilig ry. Hoop die paaie is nie te besig vandag nie.
Nou vir nog 'n lekker koppie koffie!
Goeie more Freda! Lekker…
Goeie more Freda! Lekker dag vir julle ook. Ek drink nou tee ![]()
Môre sê, dankie vir die…
Môre sê, dankie vir die koffie, vandag voel vir my gaan lank wees want Surette wil Mall toe ![]()
Die rigting wat ons gery het…
Die rigting wat ons gery het was redelik stil. Min verkeer gehad. Maar van die noorde af was die pad baie besig. My reisgenote het net die karavane getel tot by weesgerus. Dit was oor die 400 karavane. Nie eens die offroad sleepwaens by getel nie.
Was lekker warm gewees vandag. Was eers na vyf in die swembad gewees
Was eers na vyf in die…
Was eers na vyf in die swembad gewees
Jy moet lekker uitspan en geniet Dusty!
Dusty, geniet dit ou vriend,…
Dusty, geniet dit ou vriend, bly julle het veilig gery??
Anton, ek het daai flater (maters) reg gemaak??
Dit reen nou lekker hier by…
Dit reen nou lekker hier by ons in Centurion.
Goeie more. …
Goeie more.
Koffie gemaak en sit nou en kyk vir die tatentale.
Onweer vanoggend hier
Ligte reen
More julle het gisteraand 2 mm reen gehad hier in Secunda lekke dag vir almal en die koffie loop soos stroop
Goeiemore
More almal. Hier by ons het ook uit die bloute gisteraand 'n paar lekker buie geval. 'n Lekker gevoel as jy hoor hoe kry die tuin water. Maar vanoggend is die lug weer blou.
Dusty, ek is bly julle is veilig. Geniet dit.
Lekker dag vir almal. Ons gaan vandag by broer en skoonsuster kuier vir 'n braaitjie.
More Almal. Het n lekker…
More Almal. Het n lekker kamp agter die rug daar diep in die bosveld. Geen opvangs, geen geraas. Net stilte en die roep van jakkals en die voëls.
het laasnag so 6mm reen hier in Meyerton gehad. dit sal darem help dat die stof nou gaan minder wees.
Lekker dag aan almal... Gaan groot
Goeie môre almal !
Goeie môre almal !
Vrek koud hier by ons in die Kaap vandag en ons het gister darem so 7 mm reën gehad.
Ek hoop Anton is "gegear" vir die koue Kaap vandag - hy kom vandag of môre 'n draai hier by my gooi. Ek wil hom sommer nog bykom oor sy opmerking oor ons stokou, swanger omies hier op die forum !
Enige ander opodragte wat ek met hom moet uitvoer ?
Lekker dag vir almal !





Goeiemore
Dit was gisteraand winterkoud by ons. Moes weer ekstra kombers oorgooi. Vanoggend skyn die son en die lug is blou. Dit voel nog koelerig in die luggie, maar glo dit gaan warmer word.
Geniet julle Sondag. Moenie vergeet om te braai nie.