Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Brandstof vergelyking Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -26 minutes ago
Brandstof !!!! Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -30 minutes ago
Brandstof prys Oktober 2026 saam gesels Geert -51 minutes ago
Brandstofheffing Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Augrabies canyon Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Rona... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Secunda

Sleep nou

Thu, 28/09/2017 - 07:29

Die wat gaan kamp gaan werk daar wat dit reen geniet Freda los vir my ook ontbys asb ek goed met skottelgoed was Koffie loop soos stroop

0
Centurion

Dusty

Fri, 29/09/2017 - 06:13

Goeie more almal.

Klaar my eerste koppie koffie gehad sommer so saam met beskuit. 

So het my laaste dag aangebreek. Gaan nou nou begin kamp opbreek.

Lekker onweer vanoggend.

Die wat gaan kamp ry maar versigtig. Ek dink die pad noorde toe gaan baie besig wees met die dat die skole vandag sluit

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 29/09/2017 - 06:36

Goeie more almal.  More Dusty, jy moet die laaste koffie geniet en mag die oppak glad loop.

Willem ek is nou nie seker hoe laat jy beplan het om die pad te vat nie, maar moooi ry en ek hoop die pad is lekker vir julle.

My beurt is oor 'n week.

 

Lekker dag vir almal!

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 29/09/2017 - 06:58

More sê.

Klaar my beker geledig, dankie.

Dusty julle moet veilig terug ry en fotos opsit, anders dink ons jy het gedroom?

Wie op die pad gaan, wees veilig, hier is dit mooi bewolk, ek dink vandag gaan ons lekker reën kry.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 29/09/2017 - 08:51

Ek hoop almal het 'n lekker oggend.   Dusty, jammer dit is alweer verby.  Lekker oppak en ry veilig terug.     Wilsur, julle moet ook veilig sleep en geniet die wildtuin.

Wel, dit is alweer naweek.   Ek weet nie of ek dit eers moet (waag) noem nie, onthou die Bokke speel more in Bloemfontein.  Kom ons hoop hulle kry bietjie waardigheid terug teen die Aussies.

0
Centurion

Dusty

Fri, 29/09/2017 - 12:24

Kamp is nou verby en veilig tuis. Prop vanoggend die wa se sok agter die voertuig en daar wou niks werk nie. Dieselfde het gebeur toe ek maandag gehaak het. Sal dit maandag terug neem na die paneelkloppers toe. Iets is nie reg nie

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 30/09/2017 - 05:19

Ek groet eerste vanoggend.  Weer een van my "vroeg wakker oggende" gehad.

Julle moet Franslab se inset gaan lees op Arie se draad oor bikers.   Dit het gesorg dat ek met die donkerte en stilte hier om my, tog te lekker gelag het.

Van Arie gepraat.   Waar het hy alweer heen verdwyn?

Nouja, dit is Saterdag.  Die wat kamp moet dit geniet.   

Ons kyk maar hoe vaar die Bokke vanmiddag in Bloemfontein.

0
Centurion

Dusty

Sat, 30/09/2017 - 06:25

Goeie more Freda en die ander wat hier kom lees.

Freda, Hester het dit die staarsiekte genoem. Jy lê op die bed en staar na die plafon.

Saterdag en weer tyd vir die tuinroete. Doen dit deesdae self vandat my tuiningeneer gedros het. 

Lekker dag vir elkeen

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 30/09/2017 - 06:27

Goeie more almal!    Ja Franslab ek het nogsteeds daai prentjie van die kickstarter agter die kombi in my kop.

Vandag gaan ek my waentjie se kombuiskas skoonmaak en re-stock.

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 30/09/2017 - 06:52

Anton geniet dit. Dit is mos ook deel kamp.

Dankie Dusty.  Hoe kan ek dit verduidelik, die voorbereiding maak die afwagting lekkerder, dit bring die avontuur nader al is dit nog so ver!

0
Centurion

Dusty

Sun, 01/10/2017 - 06:39

Goeie more almal.

Aarde is lekker nat na gisteraand se lekker reen. Sien daar word meer reen vir vandag voorspel.

Lekker dag vir elkeen

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 01/10/2017 - 06:58

More Dusty en almal.

Ja dis lekker nat, ons het met laas nag 52mm reen gekry!

Lekker dag vir julle!

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 01/10/2017 - 07:48

More almal.   Ek hoop jul gaan almal 'n heerlike Sondag geniet.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus