DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
- 678 views
More mense, dankie Dysty tee…
More mense, dankie Dysty tee was heel lekker, wie drink koffie saam.
Wie die naweek op die pad gaan, doen dit met veiligheid.
Dusty, julle moet veilig sleep en geniet die kamp.
Brackenfell
Goeie more almal! Julle moet 'n lekker Vrydag beleef!
Ek is volgende week bietjie innie kaap (vir werkies) , lyk vir my ek gaan in Brackenfell / Protea Hoogte oorbly.
Goeiemore
Hier is dit alweer naweek, en boonop 'n lang een daarby.
Ry julle vandag al, Dusty? Hoe lank gaan julle kamp? Julle moet dit geniet en sleep veilig.
Voortrekker, geniet jou tyd in die mooie Kaap. Ek aanvaar jy gaan alleen, so moenie te veel na Lolla en die kiddies verlang nie.
Lekker dag vir almal en geniet die naweek.
Freda, nee ons ry eers…
Freda, nee ons ry eers Maandag en kamp tot Vrydag.
Die naweek gaan te besig wees.
Het gisteraand die beddegoed terug gesit wat gewas is. wil nog die naweek die kamera agter op die wa afhandel.
Sal Sondag die kos en klere inpak
Dusty, julle moet lekker pak…
Dusty, julle moet lekker pak, en veilig sleep Maandag.
skimp skimp
lyk vir my ek gaan in Brackenfell / Protea Hoogte oorbly.
Skimp skimp skimp .... Len
More Almal…
More Almal.
Amper sulke tyd. Besig om te pak. gaan gou die naweek weer so n lekker boskamp inkry op n vriend se plaas. geen geriewe nie, nie eers vars water nie. Net lekker groot koelte bome en n lekker kuier plek.
Weer die selfde groep ou skool vriende wat saam gaan kamp. Kom van sover as Dundee in KZN af om saam te kan wees.
Sien baie uit. behalwe na die verkeer... Dit is Noord van Pta naby Dinokeng en die N1 is n malhuis op so n lang naweek.
Vir die wat gaan kamp. Veilig ry. En dan sommer vir almal.. GENIET DIE NAWEEK. Gaan groot.
Segekok, julle moet dit…
Segekok, julle moet dit verskriklik geniet en ry maar versigtig op die besige N1
Wyn
Werk se vanoogend vir my ek oor my tyd afvat tot more oggend dan gaan werk ek weer tot shut klaar is so ja ek is n eerbare burger die Brandvlei kelders BC se Shiraz loop soos stroop Deon lekke kamp ek kort die bos ding en vinnig ook
More
Maar stil op forum julle wat kamp moet geniet dink aan ons wat werk en ja die koffie loop soos stroop
More sleep nou. Ja ek kamp…
More sleep nou. Ja ek kamp maar weer op my stoeppie met 'n koffietjie - oor 2 weke is dit ons beurt om te haak.
Jip Jip
More Anton ja ons beurt kom ek sien uit na Koro Koro en dan November met my ma se 70 verjaardag uit na ATKV Eiland groete en kamp lekke so oppie stoep
Goeiemore
More Shaun, Voortrekker. Waar is Dusty vanoggend, en die ander?
Dit is bietjie koel hier by ons, nie juis kampweer hier in ons geweste nie. Gister 'n koue wind gewaai, gisteraand 'n bietjie gereën.
Ek hoop al die werkendes onder ons geniet die langnaweek, so ekstra dag by die naweek is altyd iets om na uit te sien.
Dag se uit 'n nat, koue en…
Dag se uit 'n nat, koue en winderige Salt Rock.
Beloof weer om 'n goor naweek, wat weer betref te wees!
Ek voel altyd bitter jammer vir die mense wat vir 'n lang naweek of 'n kort wegbreekie kom en dan sulke weer kry.
Vir ons lang staners is orraait, ons weet as dit more opklaar nie dan sal dit beslis een of ander tyd opklaar, ons het baie tyd om te wag vir mooiweer. Kort termyn kampeerders het net die naweek, en wat doen jy met die kindertjies heeldag as dit koud en nat is?
Goeie môre almal !
Goeie môre almal !
Ons het gister so 'n ou verspot-reëntjie gehad wat ons karre net nog vuiler gemaak het, maar gisteraand was dit yskoud hier by ons. Maandag is daar darem weer 'n voorspelling vir weer 'n bietjie reën.
Ek wonder nog wat ek vandag gaan doen.
Geniet julle Saterdag.
Goeie more…
Goeie more.
Vanoggend is dit rustig. Gaan nou koffie maak.
Gisteroggend was n bedrywige oggend. Het vroegoggend reeds met tuinwerk begin om alles netjies te kry voordat on moreoggend die wa haak.
Lekker rusdag vir elkeen
More almal
Dusty geniet waar julle ook al gaan en julle almal moet n lekke dag he die koffie loop soos stroop
druppels?
Goeie more almal. Bewolk, winderig, kouerig, laat die druppels val!
Lekker dag vir almal!
Die mense wat op die pad is…
Die mense wat op die pad is oor die naweek moet asb baie versigtig ry!
Ek verstaan die manne raak nou baie erg met verkeers oortredings, vir spoed kry jy sommer maklik twee kaartjies na die bokke se volgende game!!





Goeie more almal,…
Goeie more almal,
Vrydag en is 'n lekker dag. Tee gemaak en koffie is ook aan die gang.
Amper tyd vir kamp. Nog 'n paar dinge om af te handel dan is ek reg vir sleep.
Lekker dag en lang naweek vir elkeen