Daar is op die FB groepe gedurig mense wat groot voorstanders is van stabiliseerders. Daar is die wat dink dit is nie regtig nodig nie?
My eie opinie is dat dit net n troos is.
As dit dan regtig so n noodsaaklikheid was sou die vervaardigers dit dan nie ingebou het nie? Sou dit dan nie wetlik verpligtend gemaak word nie?
Ek dink dat reg pak, Spoed, banddruk en padgedrag ’n baie groter invloed het op die stabiliteit van die wa.
As jy verkeerd pak en die wa begin swaai gaan daai stabiliseerder nie vir jou regtig help nie. Daar is ’n video beskikbaar wat die effek van verkeerd laai baie mooi demonstreer.
Warren ek stem met jou saam…
Warren ek stem met jou saam. Dit is slegs n hulp maar daar is mense op FB wat vir almal vertel dat die die enigste oplosing is vir die probleem sonder dat hulle die probleem ondersoek het.
Ek self sleep met n TANDO maar ek vertrou nie op hom om dit wat verkeerd is reg te toor nie.
Warren, dit is presies soos…
Warren, dit is presies soos wat jy dit uitwys. Dit verander niks aan die sleep nie maar is 'n hulp in 'n nood.
My definition of a rig.....
Just my 2 zupta's worth...
A rig is a combination of: -
The tug.... <Sleepkar>
The trailer / karavaan or combination of vehicles wat gesleep word,
And the driver.....
Everyone talks about vans and cars.......... & vans and cars.... FEW of us ever discuss the driver.
In most cases, the "instability" of a rig is LACK OF DRIVER KNOWLEDGE...
Towing a van is nie kinder-speeletjies nie...
Looks easy..... Think it's easy.... Then wonder what the hell happened....
And if only driver's would take the trouble to learn about how to do it properly, there would be less incidents..
Like Segkoek, (the original poster), with all the disinformation around, he is only trying to filter through the nonsense and educate himself...
WELL DONE! Come to the forum, don't be afraid to ask, (there are no silly questions) and get the proper info...
Deon, ek sal nooit iemand…
Deon, ek sal nooit iemand wat nie in stabiliseerders glo, probeer oortuig om dit aan te bring nie, en sal ook nooit iemand wat daarin glo verkeerd probeer bewys nie.
My vraag is "Hoekom dra jy veiligheids gordels?"
Dit gee my daai ekstra tydjie om korektief op te tree, dit verminder die effek van ruk winde, en ek kan 'n hele rits voordele opnoem, maar geen nadeel nie.
Ek sleep met 'n yellow blade die Penta, dit is streng gesproke, te lig vir die wa, maar ek gebruik dit nie om 'n fout te kompenseer nie, ek gebruik vir redes soos bo genoem.
Ek was vroeg in my "loopbaan" in 'n vis stert beweging, (my eie onkunde) nooit weer sien ek kans daarvoor nie.
Dalk moet ek net dit stel…
Dalk moet ek net dit stel dat ek nie n probleem het met n stabiliseerder nie. Ek het dit teen die onkunde wat mense op FB opnebaar en die verkeerde inligting wat daar vir groentjies gegee word.
Ek sleep al van 1980 af en dink nie ek is heeltemal n groentjie nie. As iemand raad vra oor swaai of sê dat hulle wa swaai word daar dadelik gesê om n stabiliseerder te koop. Dit los nie die probleem op nie. Dit steek dalk net die probleem weg As die rede vir die swaai nie aangespreek word nie gaan die probleem dalk net vererger.
Warren se stelling dat die eenheid die sleepvoertuig, die wa en die bestuurder is kan glad nie betwyfel word nie.
Stem, stabiliseerders is nie…
Stem, stabiliseerders is nie om foute mee reg te stel nie, in teen deel, soek die oorsaak en stel dit reg.
Grootste probleem by onstabiliteit is verkeerd pak, bande verkeerde druk, te laag, en natuurlik menslike foute, soos spoed of verkeerde verby steek van voertuie. Ek gaan so ver moontlik van 'n trok af verby, het gevind dat die ruk winde dan minder is.
Ek argumenteur nie met jou stelling nie, ek bevestig wat jy sê.
Ek kyk graag en gereeld, Utube videos in verband met sleep / sleep ongelukke ens.
Ek het 'n klompie jare…
Ek het 'n klompie jare gelede 'n Sprite Major met 'n Ford Courier gesleep en het 'n Trapesium gemonteerp. Een naweek oppad warmbad (Bela Bela) toe het 'n sterk wind gewaai. die trapesium het die wa reguit gehou terwyl die ander karavane wat saam met my op die pad was redelik baie heen en weer geswaai. Dit het my gehelp om met 'n redelike stabiele eenheid te ry.
My siening is: As jy n…
My siening is: As jy n verskil voel tussen met en sonder stabiliseerder maak dan eers jou fout reg. Daar moet geen verskil wees tussen met of sonder nie. Die grootste probleem met ons volk is dat ons met goed sleep wat heeltemal te veel krag het en ons ry almal te vinnig want ons kan. Ek begin myself druk om nie vinniger as 100km/h te sleep en en glo my baie meer onspanne en ook baie ligter op diesel.
Nico, dit is ook my maks…
Nico, dit is ook my maks spoed wat ek sleep. Tussen 90 en 100km/uur. Dit is reg, meer ontspanne en rustig
Stabilizer is wat my…
Stabilizer is wat my aanbetref n moet, soos n kar met n safety belt is.
Dit kan net tot jou voordeel wees.
Ek stem 100% dat die doel van n stabilizer nie is om n reeds onstabiele kombinasie reg te maak nie. Jy moet reg pak, punt!!
Maar al is jou reg gepak, en binne jou gewigs grense, het baie eksterne faktore soos rukwinde, vragmotors, hoe brue waar sterk wind oorwaai, dalk n band wat bars, n baie groot impak op jou kombinasie, en dit is hier waar n stabilizer sy werk doen, dit is hier waar daai eksterne faktore die verskil maak waar n kombinasie sonder een dalk die hele rig kan verloor, en die kombinasie met een stabiel sal bly.
Ek het self jare terug n noue ontkoming gehad, rustig teen 95 km/h gesleep, nogals met n Tando, en 5 km voor Swellendam het ek n moerse rukwind gekry wat my hele kombinasie so laat fishtail het dat ek van die pad af is in n sloot en teenoorgestelde riging gekyk het. Gelukkig vir my het ons nie gerol nie, ek glo as my spoed meer was, sou ons, gelukkig was daar ook geen ander verkeer van voor toe dit gebeur nie. My skade was minimaal aan beide voertuig en karavaan.
Met verdere ondersoek op die Tando, het ek gevind hy was daar, maar doelloos, die voertuig se diesel roet, olie aanpaksels het tussen die 2 friction skywe inbeweeg, gevolg dat dit olierig was en geen friksie gehad het nie, ek het die friksie skywe skoon geskuur, weer aanmekaar gesit en die ding verkoop.
Ek het n Straightliner aangeskaf daarna ek kyk sedertien nie terug nie.
Ek sleep nie sonder n stabilizer nie en is van mening dat sou my Tando op daai dag nie foutief gewees het nie (geen olie aanpaksel tussen friksie skywe nie) dit my gehelp het en ek nie die kombinasie verloor het nie.
So - die wat met Tandos sleep en diesel voertuie, maak daai bout los en gaan daai friksie skywe na vir diesel roet aanpaksel.
VW wat jy se oor die Tando…
VW wat jy se oor die Tando maak baie sin. Dit bring my nou by n ander saak. Hoeveel mense wat stabiliseerders gebruik het die kennis oor hoe dit eintlik werk en hoe gereeld word hulle nagegaan?
Daar is baie mense op ons paaie wat sleep maar nie eers weet hoe om n wiel om te ruil as daar n pap wiel is nie. ( Bel die AA is nie wiel omruil nie.) Daar is nog baie ander goed ook wat hierby aansluit maar dit is nie die doel van die bespreking nie.
Net soos met n "Skippers License" dink ek amper dit het tyd geword dat daar n tiepe van n kursus gevolg moet word vir mense wat wil sleep. Om n EB te he beteken nie jy kan sleep nie. Dit beteken net jy mag
Ek dink die meeste van ons wat hier gesels het al baie ondervinding maar daar is baie groentjies daar buite wat by so n kursus sou kon baat.
As ek so lees en na van die raad kyk wat mense vir die groentjies gee raak ek skoon bevrees. Dan kan mens ook nie vir daardie mense reghelp nie, want dit is wat sy Oupa se oom se neef wat al 80 jaar sleep gesê het.
Deon, jy is in die kol, met…
Deon, jy is in die kol, met jou stelling dat kode EB jou toe stemming gee om te sleep, maar dit beteken nie jy kan sleep nie.
Ek sleep nou al baie jare, en as Wegsleep 'n kurses hier naby aanbied, skryf ek in. Mens kan net baat vind daardeur. Ek jan bv nie agteruit stoot met 'n karavaan nie,men sal dit graag wil doen. Ek stoot maar teen 5kilos per naweek agteruit.
Foefie of te not, ek skeep…
Foefie of te not, ek skeep nie sonder my Yellow Blade nie.
Dit is wel "te lig" vir die Penta, maar dit help beslis!





You are both Right & wrong
First. A stabiliser is not a device to make a wrong rig right.
If your rig is wrong (by example incorrectly packed / travelling to fast / tyre pressure unequal / to heavy for the tug and many other), you need to correct that first.
manufacturers do not design the caravan to be unstable, so it needs to track correctly, have the correct nose weight & draw weight for the tug / towing attitude and so on and on FIRST......
But there are many factors that can influence the stability of a rig, that may well be out of the control of the driver...
Pasassing / oncomming interlink trucks at high speed are notorous.... burst tyres weather / oil spill on the road.... vehicles stopping suddenly.....
Just believe me when I say............... When <and not IF> it DOES go wrong, it goes horribly wrong very quickly...
and here is where a stabiliser is of immesurable help...
WHEN IT'S GOING WRONG YOU WILL NEED EVERY BIT OF ASSISTANCE YOU CAN GET to bring the rig under control.
YOU AND YOUR FAMILY'S LIVE'S MAY DEPEND ON THAT....
And that's EXACTLY what a stabiliser does... Gives you immesurable help to control your rig....
The choice is yours. If your rig is big, running close to weight limitations or any other factor which chews up the safety margins built into these things, I CANNOT STRESS THE IMPORTANCE OF TAKING PRECAUTIONARY MEASURES, and a stabiliser is, probibly one of the most important ones).
BTW. I do not tow with a stabiliser, only because the configuration of my rig is of such that I don't need one Tug = Landrover discovery (2 ton) and a 750Kg trailer, so don't think I'm punting stabiliser's for the sake of having a stabiliser....
Regards
Warren