6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -11 minutes ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -23 minutes ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -39 minutes ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -43 minutes ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago

Frikadel se XT 140 offroader

Submitted by Admin on

Dankie Frik dat jy so bietjie met ons gedeel het oor julle liefde vir Wild Kamp met jou XT 140.

Lees gerus op KAMPFORUM.co.za se Kamp Blad onder:   Frik se XT 140 offroader

 

FREDA: Jy kan maar brag, Frikadel.   Julle kamp seker 'n hond uit 'n bos met daardie kombinasie.

FRIKADEL:

Freda het geskryf:

Jy kan maar brag, Frikadel.   Julle kamp seker 'n hond uit 'n bos met daardie kombinasie.

Ek moet se Freda, ons geniet die wa geweldig veral omdat hy so selfonderhoudend is.

Nou is dit net n gestruggle om n oop naweek te kry om te gaan kamp want die kiddies hou ons naweke vol!!

Secunda

Sleep nou

Sun, 23/07/2017 - 20:02

Het selfde trailer gehad puik hy gaan waar jou voertuig gaan mis my XT140

Sleepnou, daai wa is tops en ons gesin slaan hom in n japtrap op en af want elkeen ken sy pligte.

Howling Moon sit nou n nuwe tent op want die vorige een het vir een of ander rede skeep getrek aan die een kant.

Ek dink dis die krag en speed van daai Hilux 2.8GD6 wat daai tent bo van daai wa af sleep!!devil

Secunda

Sleep nou

Mon, 24/07/2017 - 12:26

Stem puik wa sit foto op sodra tent op is sterkte

Secunda

Sleep nou

Sat, 12/08/2017 - 08:37

Frik het jy jou XT se tent al toe terug gekry

Ek gaan vandag navraag doen oor die vordering by Thomas van Comet.

Sal laat weet as hy op is want ons beplan weer n boskampie een of ander tyd nie te ver van nou af nie....

Secunda

Sleep nou

Mon, 14/08/2017 - 09:43

Ek nog altyd goeie diens van hom en sy span gekry hoop jy word nou vining gehelp

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 26/08/2017 - 10:06

Ag nee man Frikkadel, dis nou al 6 maande gelede wat jy begin brag het en sederdien het jy nog niks bewys/gewys nie  -  net een ou flou fototjie wat meer van die HiLux wys as van die XT 140.

Sien is glo  -  ek glo niks van jou braggery sonder fotos as bewyse nie.  Ek maak my so ewe reg vir 'n lekker lang storie en fotos van hierdie gesin van vyf en hul XT 140 en skielik poef, niks om te lees en kyk nie !

Nee man, kry lewe asb. !

Kry ek nou n getikte loesing soos nog nooit tevore nie!!

Ek is nie baie groot op die foudie ding nie, maar sal van nou af my kant bring met die knoppies druk.

Ek het darem laasweek my tent teruggekry van Howling Moon af en is besig om voor te berei vir my September Kruger vakansie.

Die naweek alles gewas en gepak en die krag gekoppel om die batterye te laai en die Snowmaster op te start.

Ek vertrek op die 26ste September 2017 na Satara vir n heerlike drie dae se ontstspan en julle kan maar tonne fotos verwag want ek weet nou hoe om hulle te plaas!!!

Watch this space.......

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 11/09/2017 - 11:49

Ek is aangenaam verras en het my Outlook Calendar gestel op 30/9 om fotos te sien  -  ek het jou een dag grasie gegee.

Hallo Voorie, was net mal besig by die werk en my latte hou my besig met die rugby, maar nou is ek hier in al my glorie.

Glo my ons kamp nog was net weg vir die langnaweek om dinge te "rough out" in 5 ster verblyf in Clarens!!

Lekker om weer hier te kan tik.

Waar my wa staan

Arie

Fri, 06/04/2018 - 16:39

Nee kyk ek sien op FB dat daai twee seuns van ou Vleisballetjies hom goed besig hou met die rugby saam!!

Wil my lyk of Frik met reg kan brag met sy twee ysters, glo ons sal hulle nog saam met die Blou Bulle sien opdraf om die Lions 'n moewiese pak slae te gee?

Dan lyk hul nog verstandig genoeg om 'n Ford Ranger te koop in die toekoms?

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus