Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wildehont November 2026 Wessel Strydom -40 minutes ago
Uile by Nossob November 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Uile November 2026 Geert -7 hours ago
Hallo almal November 2026 Goeie Hout -8 hours ago
Rona November 2026 Goeie Hout -8 hours ago

Wat is jou gunsteling Kampplek en hoekom?

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

Dit is altyd interessant hoe persoonlike smaak kan verskil as dit by kampplekke kom.

Ek weet erens praat ek van TietiesBaai as gunsteling kampplek, maar ek gaan realisties moet wees ook, want 1500km is bietjie ver.

So wat sal ek se, watter kampplek is my (ons) gunsteling? 
Ek gaan se Dube, in Brits.  Dit is nie te ver van ons af nie, maar ver genoeg om as wegbreek te dien.  Jy het nie n 4x4 voertuig nodig om wild te sien nie. Heerlike skadu en bome, lekker groot staanplekke en first come first serve. Die warmwater hydro absoluut n wenner veral vir daai lekker winter kampe.  Lekker bos gevoel. Baie voelryk. Kindervriendelik. 

So wat is jou gunsteling kampplek en hoekom?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 15/08/2019 - 08:43

In werklikheid is mygunsteling, daar waar my karavaan staan, maar as ek moet uitsonder, Buffelspoort, Weesgerus, Lekkerrus, Eiland, Ouskip, Montagu Guanu, Hartenbos, Drie Berge, Satara, ag nee wat, die lys het nie 'n end nie,  en ek het bogenoemde ook hie in volgorde genoem nie.😀 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 15/08/2019 - 10:53

Ek en Berdien gaan einde vannie jaar by De voet se boskamp draai sal dan vir Koos noem hulle moet na badkamers kyk 2 jaar terug toe ons daar vir naweek gestaan het was alles ok wys jou net dinge kan agter uit gaan Wessel hoekom is jy ongelukkig met Koro Koro ek was baie gelukkig toe ons daar was

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 15/08/2019 - 11:42

Middag "Sleep nou"

Soos ek genoem het, seker maar uiteenlopende ge-aardhede.

Ek het iets verwag, en dit nie gevind nie. Die plek[boskamp gedeelte] was na my mening, effe onversorg, sodanig dat dit 'n brandgevaar ingehou het. Daar was geen sigbare waterkarre in 'n werkende toestand, indien 'n veldbrand sou ontstaan nie. 

Hulle advertensie is misleidend, die plek het geen wild nie. Op navraag is ek meegedeel ---gaan stap maar in die grondpad tussen die plase. Ek vermoed die wildsbok op hulle internet foto het hulle geleen vir die fotosessie. laugh

Daar is ook geen ruimte waar mens kan ry om wild te kyk nie.

Ek sal veel eerder weer Marakele, Mabalingwe in daardie omgewing besoek.

Groete   

0

Dit is ook my gunstelinge, soos Wessels se, Marakele, Kruger, Botswanna, Matamba!!

MAAR en n groter maar, as jy tieners in die huis het werk daai plekke nie, hulle soek besig bly dinge anders maak hulle jou aftyd onaangenaam.

So, op die stadium besoek ek man alleen plekke in die bos soos Kruger, Marakele ens anders sal ek nooit daar kom nie.

Weesgerus is dus "in" en sulke klas oorde............vir tyd en wyl sal ek maar die geroesemoes vat wat daarmee saamkom.

0
Uitenhage

neelsec

Thu, 15/08/2019 - 14:19

Ons het 6/8/2019terug gekom vanaf ATKV Hartenbos was in Rondavel tuis die Maandag geen Karavaan in die park , oral langs die pad terug was baie parke geen karavaan in sig

Verlede jaar dieselfde tydperk was die parke meer beset gewees oral waar ons hierdie jaar gekamp het baie minder karavane in parke

Wat se die ander lede by hulle area was dit beter gewees

Ons September vir maand by Plet

 

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 15/08/2019 - 15:04

Stoffel, ons was so drie jaar laas daar,  sover ek weet, bestaan die oord nog. 

Johann, bestaan die plek nog? Ek het jare gelede 7 dae tyddeel daar gehad.  

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 15/08/2019 - 19:32

Ja dis hoe ons maar verskil Wessel dis soos Buffelspoort ek hou nie vannie plek maar baie hou weer vannie oord te minste het ons almal iets gemeen kamp is koning wink

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 06/10/2022 - 10:37

Vir naweekkampe hou ons baie van Skurwekop naby Robertson, 

Die bostaande is van Oom Len lank gelede toe die gesprekslyn begin is. Kampeervriende van ons was al meer as een keer by Skurwekop en skryf dit ook hoog aan. Ek sien hulle het darem streng reëls oor watervaartuie en laat nie groot enjins toe nie.
 

Omdat ons 18 tot 20 November net vir ‘n naweek gaan, wou ek nie verder as Rawsonville of Robertson uitwyk nie. Rawsonville se lekker kampeerplekke was almal vol bespreek, so op die ou end moes ek kies tussen Quaggaskloof net anderkant die Breederivier op die Villiersdorp pad en Skurwekop.
 

Quaggaskloof lyk lekker met ‘n sandbank en strand voor die staanplekke waar die kinders heerlik sou kon baljaar. Dis egter so geleë dat die NW en SO (ons heersende winde - NW voor fronte en SO in die somer) jou uitmekaar gaan waai daar. Ons kry genoeg wind hier in Worcester, so toe Skurwekop laat weet hulle het vir ons plek, het ek dit opgeraap.
 

Die vriendelike Marinell het vir ons nr 25 bespreek wat min of meer reg in die middel van die oord op die rivier is. Nou is daar weer iets om na uit te sien voor ons 2 Desember by Breede Otter gaan staan ‘n ent stroomop van Skurwekop af. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 06/10/2022 - 11:45

Ek het eendag daar gaan inloer en was nogals beïndruk met dié plek. Ek het dit in my agterkop om dalk daar te begin met my beplande toer vir volgende Julie tot September.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/10/2022 - 06:21

Môre vriende

Ek lees nou deur die gesprek en besef skielik, ek is in 'n groef.!!!!!

Ek gaan meestal maar soos 'n donkie terug na die ou bekende plekke, Manyane, Kruger wildtuin, en dan dieselfde kampe--Satara, B&D, Balule. Daar is sekerlik logistieke redes vir my keuses, maar sodoende mis mens dalk mooi plekke.

Die afgelope Meimaand was 'n uitsondering, die pad gevat, by nuwe oorde kampeer, en dan ook saam met forumlede gekampeer. So ook verlede jaar heeltemal weggebreek Augrabies en Kalaghadi toe, vir 'n eerste keer. Nagedagte, beide die "buite die groef" toere was heerlik. 

DV gaan ons volgende jaar weer KNP toe, maar met die fokus op die Noorde kampe, Punda, Tsendze, en dan maar weer af na Satara en B&D om op N4 te kom.

Na aanleiding van Hennie se inset oor sy komende besoek aan Konka, gaan google/soek ek die plek. Groot is my verbasing om te sien hoeveel oorde is sommer hier naby my tuisdorp, en ek weet nie eers van die plekke nie.

Ek sal selfondersoek moet doen, waarom wei ek so kort om die groef??  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 07/10/2022 - 06:42

Afgesien van jou vrou en dalk jou sleepkombinasie geld die opskrif vir kampeer ook. Uiteraard gaan mens gunstelinge hê, maar vir korter verblyf soos ‘n naweek weg glo ek daarin om nuwe plekke te probeer. Wat ek ook doen as deel van vooraf verkenning en uitskakeling is om YouTube video’s te soek van die plekke wat ek oorweeg. Dit gee gewoonlik ‘n beter idee uit die gebruiker se oogpunt as wat die webwerf van die oord gee. Hier is een van Skurwekop wat heel aangenaam lyk. Sit die musiek af en kyk verby die mense in die kampeergeselskap  (op wie daar baie fokus is). 

video
0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/10/2022 - 11:19

Middag Chris S

Jy praat van kort naweek, ek het vreeslik lui en stadig geword. 'n Kort naweek kamp is bloot te veel werk vir my. 

Ek het gevind dat selfs met die kinders in die huis, dat kort breke al hoe minder geword het, soos hulle ouer geword het. Geniet jou kleingoet, hulle almal het 'n gemeenskaplike probleem----hulle word binne 'n oogknip groot.

Ek begin al Vrydae koop en pak, en dan is ek netnet reg vir haak teen Sondagmôre. laugh 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 09/10/2022 - 19:57

Ek stem so saam jou Wessel n ou moet uitbeweeg uit die normaal / gewone en gaan soek bietjie n ander oord / oorde vir my is De Voetpadkloof  n ongelooflike oord veral hulle boskamp ek gaan binnekort vir n naweek bakkie vat in hulle boskamp kamp en alles uit toets Berdien kan ongelukkig agv haar mediese kondisie nog nie trap klim of swem of ongelyke plek beweeg nie dan soos baie weet Richtersveld , Verneukpan , en ander wil ons ook nog doen 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus