Soos ek op 'n ander gesprek genoem het, en sleg voel omdat ek so gekaap het daar, begin ek die gesprekslyn om, hopelik, dinge beter te kan verstaan.
Ek weet mense kyk na kw en Newton meter, en ook na rat verhoudings ens. as dit kom by veral sleep vermoë, maar ek het std 10 deur die venster af gekyk.
Verstaan nie die dinge so lekker nie, ek soek net altyd 'n > 300nm sleep voertuig, maar lees altyd van al die ander goed, wat is al die verhoudings en wat is die doel van dit als?
Help asb hierdie probleem kind.
Dis al weer die Engelse se skuld
wringkragband[ Nm] teenoor kragband kW]
Power band verwys na wringkrag (Nm), nie krag (kW) nie.
Hilux 2.8td
Môre Chris B
Ek het jou bakkie se info reeds op my spreitabel. Al wat verskil tussen ons trokkies, is die verhouding van "diff". Joune is effe kleiner as die 2.4. Dit maak dat jou bakkie teen dieselfde rpm en in dieselfde rat as myne so 7km/hr vinniger is.
Jy kan jou trokkie jaag in 4de rat tot 121km/h, voordat jy oor die maks rpm van 3400 gaan. Jy kan dus gerieflik jou spoedbeheer op 107km/hr [meter] stel, en soos dit vanself afrat tot by 4de, sal dit slegs 3000rpm haal. Dit is baie veilig, onder die maks van 3400rpm wat ek as absolute boperk beskou.
Info is gratis, geen konsultasie fooi word gevra nie![]()
Die rekenaar beheer van die…
Die rekenaar beheer van die meeste outo ratkaste is deesdae heel intelligent, inderwaarheid het meeste sg "artificial intelligence (AI)" - in my jonger dae het een van my proffies daarna verwys as skyn intelligensie
. Meeste moderne outo ratkaste "leer" jou bestuurstyl en besluit daarvolgens wanneer om ratte te skakel - in praktyk kan dit dus beteken dat as twee mense met dieselfde voertuig dieselfde karvaan sleep hulle verskille sal ervaar bloot omrede die twee ratkaste verskillend "geleer" het! Die rekenaar beskerm oor die algemeen beide ratkas en enjin (die van julle wat nog die ou Rooikat gevegs voertuig (dis daai groot bul met die 8 wiele en 76mm kanon) onthou, sy ratkas het reeds 'n rekenaar ingehad, ons het dit sommer die "brein boks" genoem!) In beginsel gebruik alle sodanige rekenaars 'n groot klomp insette wat gebruik word in die besluitnemings proses (goed soos inset-as rotasie spoed, uitset-as rotasie spoed, krag en draaimoment kurwes, voertuig snelheid, rat tans geselekteer, versneller posisie, ens.). Maar dit beteken ook nou nie dat die bestuurder se optrede glad nie skade kan veroorsaak nie. Dis nou maar net ekke, maar ek is effens versigtig vir wat die ou by die agentskap my vertel, hy is tog nie die ontwerps ingenieur nie, bloot net die voertuig "tiffie" met gewoonlik bitter min begrip van die aspekte wat die ontwerp gedryf het? Terloops. die nuwe geslag ratkaste se rat skakelpunte wanneer "opgerat" word en "afgerat" word verskil ook. Laastens, wat "cruise control" aanbetref gebruik ek dit byna glad nie as ek sleep nie. Dis omrede die uwe 'n steil opdraande sien aankom en reeds effe begin versnel om my snelheid te probeer handhaaf, gewoonlik skakel die ratkas glad nie oor nie. Die cruise control aan die ander kant reageer eers as die snelheid begin val wat die ratkas forseer om na 'n laer rat oor te skakel - maw meer brandstof word gebruik.
Die blikbrein
Middag Grootwind
Dit is gerusstellend dat die blikbrein "skynbaar" beide enjin en ratkas beskerm. Ek vermoed dit is wat ek gister waargeneem het, die outomatiese ingryp, om rewolusies te verlaag tot onder 3400rpm.
Ek hou egter daarvan om sekere besluite self te neem, meestal aan konserwatiewe kant, en gaan blikkies brein soms inperk.
Hoe vinnig "leer" die brein mens se bestuurstyl.? As mens gereeld afwisselend solo en sleep -ry afwissel, watter styl gaan dit aanleer?
Ek dink deesdae is daar baie "skyn intelligensie" op kampusse te vinde.
Die blikbrein ...
Dis omrede die uwe 'n steil opdraande sien aankom en reeds effe begin versnel om my snelheid te probeer handhaaf
As die ST in "S" is werk die "cruise control" nie. Wat ek doen is hom is "D" te sit en dan die "cruise control" gebruik maar as ek die steil opdraande sien dan skakel ek hom oor na "S" en selekteer dan 5de rat om die revelusies so effe vroër op te jaag voor di opdraande en as ek begin klim skakel ek weer na "D" so dat hy self kan besluit of hy na 4de toe moet gaan. As sien hy gaan verder terug skakel dan eers sit ek die "cruise control" af om self die ratte te verander al het ek stadiger begin ry/sleep.
Willem....
Middag Willem
Jis jy het 'n moeilike resep. Ek kan nie onthou nie, en myne het net 4 ratte gehad, dus skiet ek nou in die donker;
Het jou ST nie 6 ratte nie? As jy vanaf 5de rat in S-mode terug skakel na D-mode, gaan dit nie outomaties terug na 6de nie. Daarna beluit die brein watter rat dit wil selekteer.
Willem....
Hello, jy het my nou gedwing om Grompie se boek te gaan lees.
Tot my verbasing sien ek toe dat sy spoedbeheer ook net werk onder die volgende ratkeuses;
1] normale D-mode
2] S=mode maar slegs vir keuse waar boonste rat beperk is tot ratte 4 tot 6.
Laasgenoemde het dus die voordeel dat ek die snelratte kan vermy deur S-4 te kies en steeds die spoedbeheer kan gebruik. Natuurlik dan teen 'n laer spoed.
Wessel ...
Van 2011 ken ek nou al die ST se 6 ratte vorentoe. As ej sonder die spoed beheer ry tot in 6de en ek sit hom dan in S dan skakel hy een rat terug, maar as ek met die spoed beheer aan ry en ek skakel dan oor na S dan gebeur daar niks maar dan kan ek met die rat hefboom hom - of + na my rat keuse. Soos bo genoen sit ek hom af na 5de rat en as die bult begin klim sit ek hom weer terug na D vir die ratkas om self verder te besluit.
Hoop dit maak sin. 🤔🤷♂️
Sjoe.................,
...........................maar dis 'n gekompliseerde saak om met 'n outomatiese voertuig met spoedkontrole 'n opdraande te nader as jy sleep ! Selfs as jy 'n wetenskaplike met 'n PhD is en eers jou voertuig se handleiding moet raadpleeg !
My ou sleepvoertuigie het ses handratte voerentoe en ek sleep lekker teen 110kpu (en 1900 rpm) in 6de rat. Wanneer ek 'n opdraande sien nader kom, skakel ek terug na 5de (of 'n laer rat waar die enjin-revolusies in die omgewing van 1900 rpm is. Die oomblik wanneer ek die koppelaar raak om af te rat, kanselleer die spoedkontrole outomaties todat ek dit weer aktiveer. Ek sal maar by hierdie handrat-outjie hou tot ek nie meer kan bestuur nie.
Ek ken darem ook van outomatiese karre. My platkar is outomaties en ek ry op- en afdraandes met spoedkontrole geaktiveer sonder enige verdere insette van my kant af.
Nie alle outomatiese…
Nie alle outomatiese voertuie is so ingewikkeld nie, my kar se spoedbeheer werk in enige van die ratkas se verstellings.
Len....
Naand Len
Ek lees jou boodskap mooi raak, gehoor.
Ter versagting moet jy darem onthou dat ek Grompie nog net 7 maande het. Twee keer gesleep, af Kaap toe, 'n maand nadat ek hom gekry het, Junie maand met die regtervoet swaar verbind terug huistoe.Tweede sleep was afgelope Septtember Pilansberg toe. Laaste sleep is geen uitdaging nie, net 100km tot daar en dis plat pad.
Hopenlik as ek die lewe behou, sal ek ou Grompie ook kan benut, sonder om handleiding te raadpleeg. Mens ken mos eers 'n voertuig so na 10 jaar se gebruik, of hoe??





In die rooi...
.... die analoog wyster by aanskoue van die amper swempakkies