Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
12 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -42 minutes ago
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -2 hours ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -2 hours ago
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -5 hours ago

Brutus A/T bande

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Terwyl ek ‘n artikel lees aanlyn in SA4x4 sien ek ‘n advertensie vir Brutus bande. Die pryse lyk heel goed, en hulle beweer dit het versterkte sywalle en lae padgeraas terwyl dit goed werk op teer, modder en sand. Jy kry ook ‘n gratis TPMS as jy vier bande koop. 
 

Ek sit altyd A/T bande op my sleepvoertuig, want ons ry gereeld grondpad. Ek sal die handelsmerk oorweeg wanneer ek weer moet koop. Teen daardie tyd behoort daar al ‘n paar resensies van gebruikers te wees. Ek kon nie nou iets kry nie. 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 20/01/2023 - 11:04

Chris

Ek het hulle pryse geloer, en dis omtrent R800/band duurder as wat Bridgestone AT bande nou kos.

 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 20/01/2023 - 13:46

Dit wys jou hoe lanklaas ek bande gekoop het! Ek het ‘n wanopvatting gehad van wat dit kos. Ek glo mos nie daaraan om elke vyf jaar nuwe bande te koop nie. Na vyf jaar het my sleepvoertuig se bande maar die helfte van hulle loopvlak se km gery. Ek kry gewoonlik 90 000km op ‘n stel. 
 

Terloops het ek verlede naweek my makelaar gevra of dit waar is dat assesors kyk of bande ouer as vyf jaar is na ‘n ongeluk. Hy het gesê die maatskappye waarmee hulle werk kyk nie daarna nie. Santam is een van die maatskappye (ek is by hulle), so ek gaan nie onnodig nuwe bande koop nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus