Goeiedag Kampvriende
Met my vorige gesprek het ek kamp vriende se hulp gevra oor inligting om met n karavaan by Koffiebaai te gaan kamp. Ek wou graag inligting oor die paaie, kampplekke, ens kry. Maar helaas daar is op alle fronte, selfs met e-posse na geadverteerde kamp plekke in daardie omgewing geen nuttige inligting nie. Die indruk wat geskep was is: BLY WEG. Tragies
Vandag het ek weer n inligting versoek. Waar kry mens 12mm Cherry Royal bord waarmee Jurgens karavane se kaste gemaak word. “Kas bouers” in Pretoria kyk my verskrik aan, blykbaar is dit n Staatsgeheim.
Kan iemand help ?
Ai tog Anton !!!
Middag Anton
Natuurlik wil die ou 'n kas in in sy Jurgens regmaak, of nog 'n kas inbou.
Ek moes darem jou ook bietjie terg![]()
Wessel dalk hou sy vrou van…
Wessel dalk hou sy vrou van die kleur en wil dieselfde in haar kombuis laat insit?
Wil n klein nuwe bedkassie…
Wil n klein nuwe bedkassie maak. Het nog net in Pretoria navraag gedoen. Sal nou maar verder kyk soos Eastlynn Wood Centre. Dankie
Sal sake baie makliker en goedkoper maak as iemand dalk n afval stuk het en wil verkoop. Soek net n stuk van 800 mm x 30mm
Ek sien redelik baie opsies…
Ek sien redelik baie opsies op die internet by verskeie winkels.
Kassie moet ongelukkig inpas…
Kassie moet ongelukkig inpas by huidige jurgens kassies en moet dus doelgemaak word
Brits woonwaens
Môre Kampvriend
Ek klink seker soos 'n vasgehakte plaat. Bel Brits woonwaens en hoor of hulle daarvan het. Hulle het vir baie jare groot herstelwerk en veranderinge aan Jurgense gedoen.
Vra om met Francois Stander te praat, tel 012 2525 169
REGSTELLING: Brits woonwaens
Môre kampvriend en al die ander
Ek was gou Brits woonwaens toe. Francois vra dat jy hom asb whats up met 'n foto van die hout wat jy soek. Hy kan dalk dit hê, of opspoor.
Die regstelling is dat die landlyn nommer lankal ontkoppel is, sy nommer is 082 572 6529





kamp vriend.
Moet jy 'n kas regmaak?