Môre vriende
Na aanleiding van Len se opmerking dat kampeerinsette min is, deel ek sommer my kampeer/toer idees met julle. Dit is nou, as dit ons beskore is.
Plan 1: Blommekyk gedurende Augustus/September. Om die gewraakte Vryburg mis te ry, oorweeg ek dit om via Aldam, Mokala-NP, Upington, Augrabies tot in Springbok te sleep. Dan ondertoe na Van Rhynsdorp, en terug oor Calvinia tot in Upington. Vandaar terug in my spore huistoe. Dit sal so ongeveer 3770km se sleep wees.
Plan 2: Blommekyk net tot by Springbok. Neem dan maar die N14 die kortste roete oor Vryburg, en draai in Springbok om, met N14 huistoe. Benaderde afstand is dan slegs 2850km.
Plan 3: Om soos tevore genoem, die meeste van Kaapse SANPARKE te besoek. Ry dus via Aldam, Bloemfontein na Mokala. Vandaar af na Karoo-NP, dwars na Camdeboo, en Bergkwagga by Cradock. Dan terug via Gariep met N1 tot in Brits. Dit is dan 'n benaderde afstand van so 2600km.
As mens net vooruit weet of daar wel blomme gaan wees. Ek hou nie daarvan om sonder enige besprekings rond te sleep nie. Ek is bekommerd dat teen die tyd dat mens wel weet dat dit 'n mooi blomme jaar is, mens nie meer kampeerplek in Sprinbok, Kamieskroon gaan vind nie.
Hierdie idees is natuurlik aanvullend tot ons reeds bespreekte toet van bo tot onder in Kruger-NP, gedurende Junie'23.
Namakwa land het gewen
Na baie oorweging het die Namakwa blomme gewen. Môre begin die besprekings in alle erns.
Ek gaan maar begin met besprekings in blomme omgewing, en dan die res daarom beplan en bespreek. Ek is benoud dat ek al klaar te laat is, maar tyd sal leer.
Ons hou duim vas
Ek hoop julle kry plek, en dat ons goeie reën sal kry die winter sodat daar sommer baie blommetjies is in die lente.
Ons het vandag weer ‘n donderbui gehad. Dis iets wat nou al hoe meer gereeld gebeur en nie regtig voorheen het nie, behalwe nou en dan in die lente. Ons infrastruktuur is nie ontwerp vir die klomp reën in só kort tydjie nie, en dit maak my lewe ook moeiliker met al die klagtes wat ons kry. Die senior bestuurder pos waarin ek waarneem sedert Augustus sluit onder andere Paaie en Stormwater as een van die afdelings in. Gelukkig sit ons huis op ‘n knop en dreineer ons erf mooi. Daar is net een lekplek in die kombuis wat ek nog nie geseël kon kry nie. Die dak is so gebou dat ek nie daar kan inkom in die plafon met my 1,98m liggaam nie. En daar sak die reën nou weer uit. As dit só aanhou gaan julle lekker blomme kyk Wessel. Bespreek maar.
besprekings gemaak
Middag vriende
Ek kan effe ontspan, die belangrikste 3 besprekings is gemaak en betaal. Ek het dus slaapplek by;
KarooNP vir 20 tot 23 Augustus
Rondeberg vir 1 tot 3 September
Kroon Lodge vir 4 tot 7 September.
Die res gaan ons maar mettertyd invul.
Die dame Marthie by Kroon Lodge, seg vir my dat hulle alreeds baie besprekings vir daardie tyd het. Wys jou net, om nie te lank te wag met besprekings in blommetyd nie.
Kroon Lodge
Watter lieflike plek! Ons het een aand in hulle vaste akkommodasie oorgebly, maar gaan kyk na die woonwa-fasiliteite - puik! Koos Mol het ook groot lof vir Kroon Lodge gehad toe hy en Irene vir enkele aande daar was.
Van Karoo Nas Park kan ek jou niks vertel nie, maar wees gewaarsku dat Augustus kan onbeskof koud wees daar. Ons het dit drie jaar gelede tydens Augustus beleef toe ons vir 3 aande in een van die chalets oorgebly het nadat ons Covid-boeie losgemaak is. Die Nuweveldsberge was lekker geskimmel van 'n laat-winter sneeuval en 'n ysige wind het ons gekasty.
Blomme toer
Wessel , is daar enige rede hoekom jy met die N1 afkom en nie Noord Kaap nie, of gaan jy Noord Kaap terug.
Chris duP
Middag Chris
My huidige beplanning vir die toer is gegee onder "Planne bly verander", gedateer 24/2/23 effens boontoe.
Ek wil met die gaan N1 ry tot by Bloemfontein, dan oorspring Kimberley toe tot by KarooNP. Daarvandaan see toe, en Bellville na my suster.
Ons wil terug uit Namakwaland, oor Upington met N8 Bloemfontein toe en N1 tot in Brits. Ek het nie lus vir die N14 oor Vryburg deur die Wes Transvaal nie. Ek het in 2021 'n slegte stel afgetrap met rampokkers in Vryburg se hoofstraat. Tweedens wil ek met die terugkom by MokalaNP onder Kimberley oorslaap.
Mokala
Wessel - dalk moet jy maar jou beplande datums vir Mokala so gou moontlik agtermekaar kry. Daardie is 'n gewilde tyd vir Mokala met ouens wat terugkeer vanaf blommekyk - en Mokala het slegs 6 staanplekke by Motswedi. Kyk maar na hierdie "link" t.o.v. beskikbaarheid in Motswedi gedurende September:
Vol Mokala
Middag Chris
Lyk my jy is 100% reg. Die ou kampie is klaar vol vir 2 aande wat ek daar wou wees. Sentrale besprekings is al toe op 'n Vrydag.
Ek het hele naweek om planne te maak vir alternatief. .
Upington woonwa plekke ???
Middag vriende
Ek kan die pad korter maak tot by Riverside Ritchie deur eerder in Upington omgewing te oornag. In plaas van Augrabies weet julle van ander plekke, en wie het al gestaan by;
Kalahari Monate, 13km op Askham pad uit
River Ridge
Oranje Rus
Blomme toer
Wessel ons het laasjaar oorgestaan by Red Sands Lodge, 15 km voor Kuruman van Upington se kant af. Google dit gerus. Bly net weg uit Kuruman uit, dit is n misdaad nes. Moet nie eers die kans waag om na die oog van Kuruman te gaan kyk of in die dorp te parkeer nie.
Ek het nog nie by enige van…
Ek het nog nie by enige van 3 genoemde plekke gestaan nie, maar ek het nog net goeie goed van Oranjerus gehoor en gelees. Ons sou eersdaags by Kalahari Monate oorgeslaap het (in chalet) op pad Kgalagadi toe, maar ons besprekings is mos gekanseleer.
Oranjerus
Oor ‘n week is ons DV daar. Ons het al op ‘n keer daar oornag oppad Kgalagadi toe, en ek het daar gebly op ‘n werk uitstappie om na ‘n tender by ‘n sonplaas noord van Pofadder te gaan kyk. Dis ‘n netjiese plek en die restaurant het ‘n lekker biefstuk bedien toe ek laas daar was (dit was wel sowat 10 jaar gelede). Ek het nog nie kampeer daar nie, en volgende Vrydag slaap ons weer is hulle vaste verblyf.





Nou praat jy...
Chris S, ek gaan ook die raad van die wilde hond volg, en die keer vanaf Bloemfontein oorspring na die Kimberley--Drie susters pad [N12].