Asof Eskom en De Ruyter se dinge nie genoeg is nie sien ek ons is nou op die internasionale grys lys geplaas wat oorgrens geld wassery en bedrog risiko's aanbetref. Die geldmanne reken dat dit gewoonlik tot verminderde buitelandse beleggings en uitvloei lei, nie verbaas nie aangesien ons nou saam met ons ou vriende in Mosambiek, Sirië, Jemen, ensovoorts op die lys is. Veel word wel gesê rondom ons "goeie" vordering die laaste jaar maar ek weet nie so mooi nie....dan begin dit al hoe meer lyk of heelwat van De Ruyter se beweringe wel water hou...Moet maar solank ons tjoepies opblaas sodat ons darem nie te diep wegsink nie...En dan begin die metro's nou ook een na die ander na 'n onheilige alliansie tussen die ANC en EFF neig, volgende om te val na Johannesburg is sekerlik Ekurhuleni gevolg deur Tshwanetoria...sal maar 'n vooraad prozak's moet aanskaf vir die depressie wat ek begin voel aankom!
Meter ...
.....verduidelik 'n bietjie :-
- Waar sit hierdie meter ?
- Wie "lees" die meter maandeliks ?
- Wat sou 'n dief daarmee kon doen of hoekom sou die dief die meter probeer steel ?
Die meter sit aan die buitekant van die muur (kry nie nou 'n foto op die Tablet nie). Soms leës die stadsraad maar ek voer dit elke maand in op hulle web. Dit slaan my ook dronk die poging, dalk het hy gedink daar is kabels agter. Die deksel is al jare terug af geroes en die meter is van toe af oop. Kry toe by die buurman 'n stuk mesh om voor op te sit (so 12:00 se kant) net om dit moeieliker te maak toe gaan die krag af, een of ander substasie wat getrip het. Met die sien ek hy was besig om die draad te knip.

Die krag het nou net na 19:00 weer aangekom. Hoop nie hy pla verder vannaand nie en gee my môre tyd om die sif voor vas te rivit.
Die probleem is om hulle te kry om die draad reg te kry en hoopelik om 'n deksel aan te sit.
Ja Len, die DA sukkel baie hier, vir die tyd wat hulle hier die oorhand gehad het het dit baie beter gegaan. Vannaand terugvoering van die plaaslikke DA Raadslid wag hulle nou vir regs advies. 🤞🏻🤞🏻
Hoop jy het nog 'n meter…
Hoop jy het nog 'n meter more oggend Willem. Die donners steel enigiets waarop hulle hande kan lê...al is dit net vir 'n paar stukkies dun koperdraad of selfs die meter vir sy skrootmetaal inhoud. My meter is binne en ek lees ook self en laai die lesings, neem selfs waterlesing (buite op die sypaadjie) self met foto as bewys...
Krag of water-onderbrekings ...
Ons woon nou 17 jaar in ons huis hier in Brackenfell en het nog nooit, ek herhaal, nog nooit krag of water-onderbrekings van langer as 8 uur gehad nie, en dit gebeur buitendien uiters selde
Is ook by my vantoepassing, ek bly al meer as 25 jaar hier. Dit is met die nuwe SA wat dit begin het.
Ongelukkig kan almal nie maklik hulle penne uit trek en in 'n ander plek in kap nie.
Maak mens so moedeloos
Môre vriende
Ons komplek[sie] het 6 eenhede. Elkeen het sy eie watermeter buite op die sypaadjie.
In 2018 het ons reeds die meter met die plastiese tipe vervang, nadat hulle een van die ou "brass" tipe gesteel het. Verlede jaar in 4 weke se tyd het hulle 5 daarvan kom breek, net vir die stukkies koper konneksies en kleppe.
Waaragtig, verlede week terwyl ek in Marakele is, kom die rampokker weer en steel, breek net uit, 'n stukkie koperpyp, van lengte 300mm.
Dalk moet mens jou meters so skuif na binnekant van erf, agter hoë muur, met 'n opening net groot genoeg dat hulle die lesing kan neem.
Moeilik om die stories te…
Moeilik om die stories te verwerk! Hoe leef mens met die wat so oor jou kop hang elke dag?
Ek het ng vriende wat in Witbank woon, my geboortedorp en skoolgaan tyd. Totdat ons in 1987 verhuis het na Knysna was dit gladnie onaardig om daar te bly nie. Kinders het gesukkel met asma, ek het dit vrygespring seker omrede daar op 12 al ernstig aan n Gold Dollar getrek was.
Vriende het groot kwekery, en hulle praat van sal maar daar moet omkap, sal nooit dit verkoop kry nie alhoewel die besigheid baie goed doen.
Kom ons hou duim vas die…
Kom ons hou duim vas die rooi brigade en hulle meelopers spandeer eerder hule tyd daaraan om iets produktiefs te doen....maar nou moet hulle eers van die 1 setel Speaker ontslae raak. So die skoolgrond geveg sal seker voortduur....
Pretoria se nuwe Mayor ...
Baie goeie nuus, so gesien op ons WhatsApp DA groep.
Ons wyk se DA raadslid het al baie in ons area gedoen. 👏🏻👍🏻🤞🏻
Die minister versus Die "Ruiter"
Môre vriende
Vanmôre is ek so deurmekaar soos die spreekwoordelike roereier in 'n tuimeldroër. Wie moet mens nou glo, die voormalige CEO van Eskom of die nuwe minister van elektriese hoop.
Volgens laasgenoemde is alles omtrent onder beheer, hier en daar en tegniese probleempie, en geen sweem van korrupsie en beweerde sindikate. Van die probleme het ingesluip by die ontwerpfase. Nou kan ek nie onthou wie verantwoordelik was vir die ontwerpe , en kontrak-aanstellings nie.
Wat het van de Ruyter geword, hou hy oorsee vakansie, en moed hy dan nie binne 7 dae op dringende interdikte reageer het nie???
Pretoria & Minister van Elektrisiteit
Pretoria : Ek is bly Cilliers Brink is die nuwe burgemeester omdat (1) Die absolute gekonkel deur die ANC, die EFF en die reuse politieke party Cope met hulle broek op hulle knieë gevang is en nou die onderspit moes delf. (2) Cilliers Brink se koalisie-groep sal gesamentlik sterker uit die stryd tree omdat hulle gemeenskaplike gronde baie meer krag sal hê.
Minister van elektrisiteit : Hy het sy eerste toets gedop deur verlede week te verkondig dat korrupsie NIE die probleme by Eskom veroorsaak het NIE - kamptig net hier en daar tegniese en ontwerpprobleme. Gister krabbel hy terug om te erken dat bedrog en diefstal tog ook Eskom se probleme is. Wil jou nou meer ?
Ns. Ek sien Bloemfontein se Maryka Davies (DA) is uiteindelik pas as speaker verkies - nog 'n bloutjir die ANC en EFF se gekonkel
Onthou ook dat die minister…
Onthou ook dat die minister van (geen) elektrisiteit reeds destyds sy eerste toets as Pretoria se burgermeester gedop het met die korrupte (hof het bevind onwettige...) slim meter kontrak wat die stadsraad miljoene gekos het....
Sit hier met n ding wat my…
Sit hier met n ding wat my eelte seer druk.
Nadat ek na Mia Spies se onderhoud met De Ruyter geluister het, was ek soort van oortuig hy is eintlik die held in die Eskom verhaal, maar verstaan nie juis hoekom nie. Die wat dat hy name het om te noem, het lyk my nie gebeur nie, of het ek agter geraak. As hy blatant uitgesproke is, dan moet hy dit enduit volstaan, immers is dit sy plig, of hoe dan. Bullshitter om sy g@t te cover?
Volgende was n artikelwat deur die "ander kant" geskryf is, waar die agteruitgang van Eskom in sy skof redelik eenvoudig beskryf was, en nie n mooi getuigskrif nie. Ek gaan nie aanhaal nie, ek glo paar van die maters het dit raakgelees.
Nou vra ek myself, wat gaan nou eintlik aan, kom niks ooit tot n punt nie. Vreeslike geblaf en tande wys, en more oggend is dit net vergete. Maw niks is meer geloofwaardig nie, is n hoop twak, of n rookskerm om die aandag te skuif. Ek verstaan nie........eelte druk.
Pla my ook
Dit hinder my ook. As de Ruyter genoegsame vertroue in sy inligting oor die korrupsie en sindikate, asook name het, om dit te noem in 'n TV onderhoud, waarom nie die regering en Eskom daarmee gooi nie.
Ek sou daardie versamelde inligting in drie-voud gemaak het. Een pak na die minister Gordhan, ene na 'n betroubare advokaat, ene na AFriform se Gerrie Nel.
Dan het hy die eerbare ding gedoen vir ons almal.
Nou hang alles, behalwe die bedanking van Mabuza.
My dogter se saak is vandag…
My dogter se grootste saak is vandag gefinaliseer na geweldige ure se insit en sweet, nagte om gewerk om alles reg te doen.
Moord
Johann....
Naand Johann, ek neem aan jou dogter is dan Chrissie van der Linde.
Mooi getuigskrif vir haar
Kul jou hier en....
..kul jou daar, en woeps weg is die Guptas!!!!
Ai tog, was die papierwerk werklik volledig,OF dalk doelbewus onvolledig.
Plaaslik kan hulle nou maar die ou klein kalfies van die Vrede plaas ook maar los. Die dik gevrete beeste is lankal weg. Wat 'n absolute skande.
Dalk moet die internasionale gemeenskap maar hulle eie agente stuur om die BRICS saamtrek te kom bywoon, en te arrestreer wie hulle so graag wil vang.
Ja, die ANC lyk al hoe meer pateties.............
..............as regeerders van Suid-Afrika. Kan jy glo, in een week :-
- Guptas uitlewering aan Suid-Afrika misluk
- Die krag-noodtoestand is 'n flop en word opgeskort
- Die nuwe minister van elektrisiteit sê eers Eskom se probleme het niks met bedrog en diefstal te doen nie en dis te wydte aan tegniese probleme. Net om binne dae daarna te sê dis nie heeltemal wat hy bedoel het nie, bedrog en diefstal lê tog baie van Eskom se bedrywighede lam
- Eskom word deur die Tesourie vrygestel van die onmiddellike rapportering van vrugtelose uitgawes net om binne dae daarna na hewige kritiek die vergunning weer terug te trek
- Die President en die Regsafdeling van die Parlement sien mekaar moontlik in die Konstitisionele Hof oor die aanstelling van die SAUK Raad
- Ons sit met 'n "President missing in action" - wanneer laas het julle hom gesien of gehoor midde in hierdie chaos hierbo ?
House and home
Blykbaar hang hy in die genoemde winkel rond, opsoek na lekker groot gestoffeerde banke.![]()





Gaan my verstandjie ook te…
Gaan my verstandjie ook te bowe, wat wil iemand met 'n krag meter doen?
Willem het jy al daaraan gedink om "pet friendly beams" op die alarm te koppel, dit sou ten minste 'n waarskuwing gegee het?