Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -15 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -16 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -16 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -16 hours ago

Nagaan van karavaan vere

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Hierdie onderwerp is dalk meer van toepassing op eienaars van boswaens met soliede aste. Eergister nadat ons gehaak het by Jongensfontein wys my een vriend wat saam gekamp het aan my uit dat dit lyk of die Kavango se vere ver verbysteek aan die agterkant. Toe ons na die anderkant kyk lyk dit dieselfde. Op die oog af kom dit dus voor dat die wa oorlaai is, of dat die vere pap is (sien foto hier onder). 
 

Ek gaan lees toe bietjie op, en kry hierdie riglyne om die vering na te gaan. Ek moet nog onder die wa inklim om mooi seker te maak niks is gekraak of anders fout nie. Die laaste ding wat ek wil beleef is dat ‘n blad/blaaie breek in Kgalagadi. Dit sal die toer lelik in die wiele ry. Ek het gisteraand bietjie rondgekrap op die 4x4 forum in gesprekslyne oor Kavango waens. Die foto’s wat ander eienaars daar geplaas het waarop vere sigbaar is lyk net soos myne (met die omgebuigde punt wat verby steek aan die agterkant). 
 

Ek hoor graag wat die ervare mense hier se mening is, en herinner ander eienaars van waens met bladvere om dit na te gaan. 
 

A

Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/03/2023 - 08:01

Soms moet ek net my smoel toehou. 

Die Hilux se langste bladveer [boonste ene] is in 'n ronding gevorm wat seker om die bus met die bout deur geheg is. Die verlenging onder las, of op/af beweging word opgeneem deur hegting beginsel aan die onderstel. 

Sonder meer detail oor hoe Chris S se Kango vere, voor en agter geheg is aan die bak, gaan ek nie verder bespiegel nie. 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Thu, 30/03/2023 - 09:29

Soos op die ander draad.,.................. "Classique veranderinge" genoem dat my alko as gesak het aan die een kant. Kon duidelik die verskil sien tussen die bokant van die wiel en die modderskerm. 

---------Al Sou dink die afstand tussen band en bokant van die modderskerm is 'n aanduiding, maar hoeveel moet dit min of meer wees?"---------

Met my nuwe as is die karavaan so 45mm hoër van die grond af. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/03/2023 - 09:41

Môre Chris S

Ek wonder as mens Willie sou vra of hy die oorspronklike spesifikasie vir 'n Kavango se vere vir mens sal gee. Of dan die verskaffer waar hy dit aankoop. Ek dink dis 'n billike versoek vir 'n ander dag.

Ek kan nie glo dat totale veerlengte voldoende spesifikasie is nie

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 30/03/2023 - 11:46

Ek wou nou graag 'n bietjie die bladvere storie van nader bekyk, maar  ongelukkig :-

  • Die 17-jaar oue Exclusve het daardie rubber-gedraaide vere oor die hele agteras van alvier wiele  -  geen bladvere of kronkelvere en skokbrekers nie.  En onder die Pathfinder ?  Net kronkelvere met skokbrekers en dus niks om te bekyk nie.  Met 80 000km se sleep agter die rug deur hierdie kombinasie is dit nogal 'n prestasie dink ek.  Ek moet darem erken Pine Joubert het die 50mm "spacers" tussen die Exclusive se as en die onderstel  so 'n paar duisend kilometers gelede aangebring, maar dis al.
0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/03/2023 - 12:50

Middag Len

Ek bespeur so 'n bietjie spog in jou inset hierbo. Jy mag natuurlik die feite met ons deel.

Onthou net, kronkelvere en skokbrekers kan ook hulle veerkragtigheid oor jare verloor. Met 80 000km sleep, kan jy dalk oorweeg om nuwe skokbrekers vir die Pathfinder in te sit. Vat hom sommer na Chris S se spesialis, dan "upgrade" jy sommer die Padvinder na harde 4x4laugh

My trokkie het bladvere agter, en die Kavango kronkelvere met skokbrekers. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 30/03/2023 - 13:13

Hier onder is ‘n foto. Die vere het voor ‘n oog met ‘n bus waardeur dit met ‘n bout aan die onderstel vasmaak. Oor die as is dit vas met die U-boute en agter hang dit in ‘n bracket. 
 

Ek sal die gewig meer eweredig moet versprei oor die breedte, maar dis moeilik weens die wa se uitleg. Die laairuimtes oor en agter die as in die sitbankies van die kombuis is nie ewe groot aan weerskante nie. Die linkerkanstes is breër as die regterkantstes. Dis waarom die battery links sit. Daar is ook ekstra kassies aan die linkerkant bo die sitbankie wat nie aan die regterkant is nie. Verder is daar regs ‘n venster, waar daar links ‘n kombuis is. Dit het ‘n staal deur wat afslaan en ‘n blad word waarop ‘n stofie gemonteer is. In die deur/blad skuif ook ‘n staal opvoutafel in, wat daar geberg word wanneer dit nie los gebruik word nie. Dan is daar laaie waarin verskeie dinge gebêre word, en die borde, bakkies en bekers sit in spons wat uitgesny is daarvoor. Die agterste laaiplek onder die sitbankie is ook breër links as regs, so die kantseile kom daarin. Regs kom net die silwer seil en stormnet. Ek moet kyk of ek nie dalk die spaar pak vere aan die regterkant kan bêre nie. Verder weet ek nie werklik hoe om gewig oor te skuif van links na regs nie. 
 

A

0
Worcester

Wildehont

Thu, 30/03/2023 - 13:25

Die vere wat Louis bestel het (en waarvan ek een pak gekoop het vir spaar) kom van Burquip af. Ek het gaan kyk op hulle webwerf wat die spesifikasies is, en dit lyk op die oog af voldoende. Die wa se BVM is 1 800kg, so 2 000kg laat darem net meer as 10% grasie toe. Om ‘n hoër drakrag in die lengte te kry sal mens na 10-blad toe moet gaan vir 2 500kg. 
 

A

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 30/03/2023 - 13:41

Hoeveel spasie is tussen die as en onderstel voordat dit "bottom" die foto maak dat dit na baie min lyk. Eienaardig dat daar nie bump stop rubbers is nie, daar is n waterpyp? wat lyk van hier af eerste met die as gaan kennis maak sou dit deurstamp.

Terloops kry die cruiser more nuwe skokbrekers agter. Voor het ek geruime tyd gelede al vervang, het olie gelek na n Namibia sinkplaatpad vanaf heinde tot in verre, of dan n dag se ry.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 30/03/2023 - 13:46

So stukkie useless inligting.

Die tyd toe ek Jurgie gefix het, het ek n plank op twee badkamer skaals gesit en dan beurtelings onder die wiele links en regs geplaas.  Op die manier kon ek deur soort van uitwerk waar om wat te sit sodat dit redelik naby aan eweredig versprei word.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/03/2023 - 13:52

...nou Chris S uitlos, die man moet nog voldag werk, EN dan regmaak en pak om môre te sleep.

Onthou, hy is nou soos die liedjie seg-----" 'n hand vol vere" en waar daarmee heen.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 30/03/2023 - 14:12

... om môre die pad te kan vat. Ek praat van Chris WH - nie myself nie. Ek gaan maar net vir die naweek vir vriende in Struisbaai kuier. My seun en sy gesin vat ook môre-oggend om 02:00 die pad Hentiesbaai toe. Hulle het 'n allemintige skof voor hulle tot in Windhoek (Arebbusch Lodge).

Geniet Kgalagadi en die reis daarheen Chris WH.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/04/2023 - 13:50

Middag Chris

Wat gaan jy nou doen met die Kavango se bladvere? Het jy al uitgevind of hulle die lekker dik ou stel se boog en veerkragtigheid kan herstel.

Dis darem baie moeite en pakplek om 'n spaarstel saam te piekel.

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/04/2023 - 06:51

Ek gaan vir eers die vere net so los. Dit het Kgalagadi deurgesien en ons gaan seker eers weer 2025 daarheen. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus