More almal Berdien sopas bevestig ons maand kamp vanaf 17 Julie tot 18 Augustus 2023 is betaal by die Eiland ons staan in Blok F staanplek 240 ons roete verander drasties die jaar pad wat ons altyd gery het vanaf Belfast ,Dullstroom , Lydenburg Origstad baie agteruit gegaan , so ons sal N17 vat tot in Pretoria dan N1 vat tot in Polokwane (Pietersburg ) vandaar Magoebaskloof of Duiwelskloof deur na Tzaneen en dan na Eiland ons super opgewonde
Slim keuse ...
... met jou beoogde roete Shaun.
My hart trek met 'n punt Eiland Spa toe. Ons het sedert 2015 elke ongelyke jaar vir minstens 2 maande daar gekamp. Synde vanjaar weer 'n ongelyke jaar is, was ek eintlik veronderstel om eersdaags die pad noorde toe te vat, maar dit gaan ongelukkig nie gebeur nie.
Ek is nie gek oor die F-blok nie (nog nooit daar gestaan nie), maar dit is ongetwyfeld die blok met die heel beste ablusie-fasiliteite. Al die blokke se ablusies is netjies, maar die F-blok s'n word die netjieste onderhou deur die personeel wat daar aan diens is.
Johaan , Chris
Vandag meeste terug voer wat ek gekry het Johann is ry die N1 soos ek beskryf het , Chris die Eiland word net beter elkke keer as ons daar is die F Blok is effe ver weg van alles af maar meer stil en meer diere wat daar verby kom dalk loop een innie tent in dan het ek genoeg vir biltong en n lekke steak jip stem badkamers flippen netjies en skoon
Staanplek 240
Foto gekry van F Blok staanplek 240 hy is lekke groot en redelik plat
Oorweeg Georges valley pad
Middag Shaun
Ek sleep ook Tzaneen oor om op PBorwa te gaan slaap, einde Mei. Ek sal kom vertel hoe die paaie was, wat ek gery het.
Ek gaan oudergewoonte net anderkant Heanertsburg regs wegdraai om met die Georges valley pad te ry. Dit sleep baie ligter op die wa se remme.
Die draaie is nie so kort opmekaar nie, met kort reguit stukkies, waar die inlooprem kan ontspan, en remme afkoel.
Dalk loer ek sommer by Gecko se fabriek ook in
George's Valley
Ek het al meermale groot frustrasie op die George's Valley pad beleef en vermy dit heeltemal deesdae. As jy daar agter 'n stadig-bewegende swaarvoertuig sit, dan sit jy. Plekke vir verbysteek is beperk (daar is amper geen dubbelbane nie - in teenstelling met Magoebas) en houtlorries is redelik algemeen.
Dalk het Wessel ander ervarings. George's Valley is oopgestel in die vroeë 80's, toe ek in Tzaneen gewoon het. Tzaneeners vermy dié pad a.g.v. frustrasies. Ek ry eerder die Modjadjiskloof (voorheen Duiwelskloof) roete, maar sleep al vir etlike jare eerder Magoebas (af of op).
Maar nou ja - persoonlike keuses.
Magoebaskloof
Middag Chris B
Ek het lanklaas daar gery, dalk 2018, en gladnie geweet dat Magoebaskloof plekplek dubbel is nie.
Dalk moet ek dit probeer Meimaand.
Magoebaskloof / George's Valley ...
Ek het gevind dat Magoebas te erg is (af) op die Exclusive se remme en (op) is dit nogals 'n straf selfs vir die ST want die oor die 2,000kg agteraan is rof. Ek het altyd die Modjadjiskloof (voorheen Duiwelskloof) roete baie beter gevind. Met die 3B het ek besluit om George's Valley om te sleep (het met ons KNP kampe terugvoering gegee) en volgens my was dit nooit erg gewees met trokke of stadige voertuie nie.
Wessel my voorstel sal wees sleep hom met die afgaan en as dit jou nie geval nie het jy nog steeds 2 ander keuses terug.
Magoebaskloof en ander
Naand Willem
Ek gaan Magoebaskloof ry met die gaan P Borwa toe. Ek kom onder by Berg en Dal uit die wildtuin uit.
Ek het baie jare terug my Palma se remme weggebrand Magoebas af. Die arme Isuzu kon net nie teen kompressie daai wa in toom hou nie. Die rook het getrek, maar geen vlamme nie.
Ek wou vra
Ek wou vra maar sal Duiwelskloof vat en dan mik Tzaneen se kant toe sal julle laat weet
Berdien is haastig
Saterdag word die karavan uitgepak alles gewas en terug gesit die slawe drywer is lyk my haastig vir ons maand kamp by die Eiland ![]()
Shaun ek aanvaar dit is nou …
Shaun ek aanvaar dit is nou 'n gedane saak, die uit pak en was ens, nou moet julle die res geniet en kamp 'n brak uit 'n tak.![]()
Johann net so
Karavan gewas gepak net klere en vleis moet in en kombers oor karavan getrek nou wag ons![]()
Maar jy's 'n haastige…
Maar jy's 'n haastige mannetjie, Shaun. Klaar gepak 2 maande voor die tyd kan net van een ding spreek - jy's lus vir kuier by Eiland! Lekker plek in die wintermaande!
Net vanoggend my bespreking…
Net vanoggend my bespreking ook finaliseer en is daar in Mei maand, selfde soos laasjaar, maar eers gaan ek vir Oom Paul kuier vir 5 nagte by Satara en dan Eiland toe vir 6 nagte, kan nie wag nie, Net jammer dat ek vir oom Sleep nou gaan mis die jaar, ons maak dit n ander keer.
Josef jammer man
Ja Sasol se nee werk ons sou Mei ingeboek het by Eiland maar volgende keer Josef
George’s valley padoppervlak
Ons is die vorige twee jare daar af en terug op met Magoebaskloof. Verlede jaar was die padoppervlak in George’s valley baie swak. Groot slaggate en blokke teer wat uitgesny is maar nog nie vervang nie. As die skade in die skaduwee kolle is sien mens dit soms te laat en dan ry jy nie lekker nie. Ek swaai nie graag uit met ‘n wa op sleeptou nie.
Eiland Spa vir ‘n maand in die winter klink na ‘n heerlike vooruitsig. Lyk my die Mollers begin oefen om swaeltjies te raak.
Magoebaskloof
Ek het tydens die Paasnaweek vir my Tzaneen-vriend wat hier gekuier het, gevra watter pad hy sou sleep tussen Tzaneen en Polokwane. Hyself sleep 'n Penta met 'n 3.2 Ranger. Sy antwoord was onomwonde -Magoebaskloof. Hy't bevestig wat Chris WH hierbo noem t.o.v. George's Valley. En as jy daar agter 'n houtlorrie vassit, dan sit jy - op of af.





Môre Shaun, geniet dit baie,…
Môre Shaun, geniet dit baie, Eiland is een van die top plekke met 'n atmofeer wat nie maklik gewen word nie
Dit is ook die pad wat ons maar ry.