Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -22 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -22 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -23 hours ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -23 hours ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Paasnaweek, geniet dit almal!

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

easter

Ek weet nie wie gaan kamp, wie gaan kuier, wie gaan slaap en wie gaan werk nie, maar watookal julle doen.....   geniet die komende langnaweek met alles wat daarmee saamgaan!   Veilig wees! 

smiley

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 02/04/2018 - 06:13

Die foto's van die reën is lieflik!   Dit is soos Len sê, as die droogte jou teister, kan die reën maar kom, maak nie saak waar jy is of wat jy doen nie.

Die weer was baie lekker daar by Jeffreys die naweek.  Gister het ons 'n bietjie ligte reën in die oggend gehad, meer gestuif as iets anders.

Ek kan sien julle het lekker gekamp, Wilsur.  Geniet die oppak en ry veilig huis toe.

Arie, kan jy nou glo dat die olifante by Mabawaterweg nou so stout is?

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 03/04/2023 - 13:21

Soos gebruiklik in die slotte gesin, is ons tuis die paas naweek, hou nie van die pad die tyd nie.

Ons het Vrydag oggend nagmaal en paar dienste die naweek wat heerlik gaan wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/04/2023 - 13:44

...by die huis. Gelukkig hoef ek nie meer op langnaweke en skoolvakansies op die pad te wees nie.

 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 03/04/2023 - 14:42

Ons kamp van Woensdag tot Dinsdag by Drakensville saam met die kinders.

Gaan seker die laaste keer wees wat ons vir 'n naweek gaan kamp voordat ons in Mei die pad gaan vat vir 'n jaar.

Gaan voltent opslaan en kyk of alles vir ons werk soos wat ons voorberei het. 

0

Ek hoef gelukkig ook nie meer langnaweke die pad te vat nie. Dit is in elk geval kreef tyd by ons die naweek. Kayak reeds gereed gemaak vir bietjie kreef trek. Geniet julle naweek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/04/2023 - 15:18

Vriende van ons (van Tzaneen) oornag Donderdagaand by ons. Ons neem hulle Vrydagmiddag lughawe toe.

Ons sou Maandag in die pad geval het Kgalagadi toe, maar soos almal reeds weet, het ons planne verander. Dié twee oumense sal dus (DV) eers op 4 Mei vertrek vir 'n kort vakansie van 12 nagte (nie kamp nie).

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/04/2023 - 15:49

Middag Servaas

Hoe bedoel jy nou, kreef trek??

Ek dog mens moet onderwater [duik] om die ou goedjies by te kom. Jy sal breedvoerig moet verduidelik asblaugh

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 05/04/2023 - 11:59

Ek is nou oppad na Hartbeesfontein in Dinokeng tot Maandag toe.  Dit is net ek en die 2 laaities wat op 'n Voortrekkerkamp gaan.  Vroulief bly hier by Zaagkuilsdrift agter en ons sal haar weer Maandag hier kry en dan terug huistoe.   Dit gaan weer 'n bedrywige 5 dae wees met el die kinders en ek moet ook Sterrekunde kursus aanbied.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 05/04/2023 - 12:28

Julle moet dit geniet. 🏕🔥🥩🍻

Ek sien geen reën ⛈ word voorspel nie, eers Dinsdag, so julle gaan nie nat word nie. 👍🏻

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 08/04/2023 - 07:27

Die arme ouens wat vir die Paasnaweek hier by die see kom kamp het, het die spreekwoordelike kort strootjir getrek wat die weer aanbetref. Ek kon nog nie gaan kyk hoeveel reën sedert gister geval het nie, maar dit wat ek op 'n afstand in die meter kan waarneem is genoeg om dit "lekker" nat te maak vir 'n kampeerder.

Gister was my eerste langbroekdag vir die seisoen en vandag voorspel YR maar 16° C. Ons het in Maart die hoogste reënval die afgelope 40 jaar gehad met 154 mm. Die langtermyn-gemiddeld is 38 mm. Ons winterreëns is vroeg. Ek hoop net dit gaan aanhou en nie ophou wanneer dit ons tradisionele reëntyd is nie.

As jy oor Houw Hoekpas ry is die Rûens in die rigting van Caledon grasgroen - ongekend vir hierdie tyd van die jaar.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 08/04/2023 - 07:39

Môre Chris B

Laas jaar die tyd het ons reggemaak vir die Herfsblaar byeenkoms in Karoo. Dit was ook maar effe onplesierig toe.

Ek hoop dat die weer Augustus maand, laaste helfte, droog gaan wees. Dan sleep en kamp ek daar in KarooNP, Jongensfontein en Bellville rond.  

By ons daal die oggend temperature skerp, maar dan draai ons steeds rondom >27C in middag.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 08/04/2023 - 08:39

Ek hoop dat die weer Augustus maand, laaste helfte, droog gaan wees.

... ek hoop nie die Kaapse graanboere lees hierdie inset van jou nie. Jy sal baie ongewild wees.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus