Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -6 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -7 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -7 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Swaar Sand - en 'n Slepie Agterna

Kaapstad
Submitted by Rusty on
Forums

Toe ek nog mooi, jonk en onskuldig was, kon ons bestuur.  Ek het gery met 2WD sedans waar 'n paar manne nie met Kroezers wou deur nie.  Dis maklik.

Ten eerste beland mens nie jouself in dinge nie. Tussen die ore is daar iets bruikbaar. Gebruik dit.

Ten tweede, was 4x4's net so algemeen soos vlieënde pierings en Marsmannetjies. Voor 1970 het ek net Oom Jannie Symington en Sir Div geken, wie LR6 SW's besit het. Tenseaters. Oom Lewies het 'n 4 silinder 90 gatstamper gehad.  Van Alldays tot Agulhas was dit die somtotaal 4x4's wat ek geken het. 

In die vroeë 1970s het Oom Giepie sy Dodge 100 ingeruil op 'n Landcruiser, die een met die 3.8 Husky enjin.

Maar ons het gewoonlik Gruis toe gery neffens die blink streep, met die 404, die 66 Rekord en met die Audi het ons gaan mossels jive op Die Plaat. 

Alles 2WD, geen diff locks, lift kits, MT bande of traction control nie.  Net common sense.

My resep:. Afblaas na 0.8 bar voor, 1.1 agter, derde rat en Mexican speedocruise.  Jy verstaan daai ene....??  Die vyftienduimwiele het hoëprofielbande opgehad en kon dus lekker afblaas. 

Maar deesdae smeer mense net 'n lagie bitumen oor 'n 22 duim wiel, so hoe verlaag jy die druk by die gebrek aan bandprofiel? 

Dink aan daai 20km swaar sand in die Namakwapark; daar is twee sulkes.  Jy moet daar deur, maar hoe maak jy met 'n Sorento of 'n Q5 of X7 daar?

Hoe sleep mens in swaar sand?  Nog nooit eens daaraan gedink nie. 

 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/04/2023 - 16:12

Hierdie is die ideale geleentheid en gespreklyn vir lekkerlees insette.

Julle hardebaard manne met die  4x4's en paleishuise soos Mobi Lodge, Conquerors, Bush Lapas, Infantas moet asb hier julle sandsleep-vakansies kom deel.

Ek noem spesifiek nie Kavango's laugh en Prado's nielaugh Twee redes, die groepering is nog nat agter die ore, en/of kom nie eers agter as hulle in die sand ploeg[sleep] nie.

As ek so na sommige boswa advertensie videos kyk, hoe hulle deur die sandduine ploeg, wonder ek soms hoe sukkelend is daai video gemaak.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 12/04/2023 - 20:35

Ou Stoffies se gesprek is effe vreemd Wessel. Moet ons nou stem oor wie kan met n Audi op die nat sand by  Hermanus se strand  gaan Witmosssels jive, of wat nodig is om op by Black Rock bokant Sodwana te hengel. Daar was nog nooit n 2x4 nie.

So daar is mos nie heroes in die storie nie. Of dalk soos in ons familie gereelde n gesegde geopper  " Hy het meer moed as verstand"  

0
Kaapstad

Rusty

Wed, 12/04/2023 - 21:00

Vir die vaakseuns wat laat geslaap en die lewe misgeloop het, op die Kouevlakte tussen Stanford en Grootbos draai die Bosboupaadjie af na die Plaat toe. 

Lank terug, toe mense kon bestuur, is ons met 'n 404 Stasiewa en ook met 'n sewesitplek 504 Stasiewa Plaat toe om mossels te jive en 'n paar visse te arresteer. 

Oom Schneeberger, Oom Lang Piet, my Pa en nog 'n man het met die goue RR Silver Shadow gaan visvang by Van Dyksbaai. Visstokke staan uit soos hare op 'n hond se rug. 

Man met 1.6L Cortina het R6 LR bakkie uitgesleep op die strand.

1000cc Mazda bakkie het Dyna en LR gesien uitsleep naby Uilkraalbrug.

As mens met oop oë deur die lewe loop en jou met goeie koffie besig hou, kan jy nogal dinge sien en beleef.

Ander twyfel oor alles, en vir hulle is daar nie raad nie. Word groot

Daarmee verlaat ek hierdie forum. Dit het net 'n dag geneem om my moer te strip. Totsiens.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 12/04/2023 - 22:14

Moenie die forum verlaat nie  Ek geniet die insette en staaltjies. Doen asb so voort. 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 13/04/2023 - 05:56

Rusty, ek stem saam met Chris (Wildehont), moenie dat mense jou so maklik ontsel nie, baie ouens hou nie daarvan as jy met hulle verskil nie. 

Jou manier van vertel is vir my baie intersand en ek geniet die humor.

Hou maar altyd in gedagte, meeste lede ken mekaar glad nie, en sukkel met verskillende mense se humor. 

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 13/04/2023 - 05:59

Die plaat is waar ek my eerste oornag staproete gedoen het as kind.  Juis as Voortrekker saam met ons leier, Henk Lambrecht, ook 'n lid van Kampforum.   Ek onthou dit nog so goed.

Ek onthou goed hoe ons wit mossels uitgejive het en moes kook.  Dit was sanderig.

Ons moes maar gestap het met rugsakke want niemand het 'n Audi besit nie winkcheekylaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/04/2023 - 06:40

Môre Rusty

Ek is jammer om van jou probleem te hoor, Dis nou die moer wat oordraad gedraai is.

Jy het die forum adres, sodra jy die moer vervang het met 'n NyLock, kom kuier weer, en vergas ons met jou lewenslesse.

Geniet jou toekomstige kamp vooruitsigte, hetsy in 'n tent, paleishuisie of selfs B&B.  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 13/04/2023 - 07:48

Jammer ons het jou kwaad gemaak Rusty. Dit is tog lekker om somtyds te verskil, anders gaan die lewe net eenvoudig te saai wees.

Kyk na ons volk se agtergrond, jy kry Ford manne en Chev manne, en jy sal nie maklik n man oortuig dat hy die stuk rubbish het, en jy die beste nie.

Terloops, in die 2x4 gesprek gaan ek jou vertel dat voorwielaandrywing baie beter is as agterwiel vir bietjie"off road" en veral modder. Die ou Citroens met lug suspensie was ongelooflik goed. Wat se jy hiervan?

0
Worcester

Wildehont

Thu, 13/04/2023 - 07:53

Julle hardebaard manne met die  4x4's en paleishuise soos Mobi Lodge, Conquerors, Bush Lapas, Infantas moet asb hier julle sandsleep-vakansies kom deel.

Ek noem spesifiek nie Kavango's laugh en Prado's nielaugh Twee redes, die groepering is nog nat agter die ore, en/of kom nie eers agter as hulle in die sand ploeg[sleep] nie.

Ek het nog nie die Kavango in dik sand gesleep nie, hetsy met die Ford of Prado. Ek wil ook nie regtig nie. Ek sou graag weer Mabuasehube toe wou gaan, maar is nie lus vir sukkel nie. Dis een ding om met ‘n voertuig in sand vas te val, maar met ‘n kombinasie is ‘n gemors. Die onderkant van die Kavango se A-raam is juis ‘n bietjie te laag na my sin.  

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/04/2023 - 08:07

Môre Chris S

die sandpad na Mabuasehube is seker 'n funksie van watter roete mens neem. Ek weet my Kavango was 'n paar keer daar. Die 1ste eienaar was lief om soheentoe te gaan. 

Ek weet dat hy 20" vellings met Coopers op sy Ranger en die Kavango gehad het. Dalk was die Ranger boonop gelig ook, want ek het dit nie gesien nie.

Nou het "my" Kavango maar die normale 17" vellings met bekostigbare Bridgestone op. Soos Tolla sou seg---"pappie sal nie rowwe plekke sleep nie" O nee, dis wat mammie spreeklaugh .  

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 13/04/2023 - 08:15

My eerste vasval in sand was in 2001 met my Toyota conquest.  Seker omdat Damseaux se seun JP saam met my op skool was en het vroeg 90's mos so 'n warm conquest gery waarmee hy die Rally's gewen het. 

Ek het gedink my conquest kon dalk dieselfde doen. Gaan jaag ek toe sand paaie daar tussen Hopefield en Vredenburg met my conquest. Maar toe ek die diep sand tref met te min momentum en krag van die 1.3  toe slaan sy pens vas op die sand.   

Gelukkig was my meisie saam met my en kon ek haar inspan met haar skrale lyfie om sand onder die conquest uit te krap.   Reverse toe maar terug weg van die duk sand af... smiley

0
Worcester

Wildehont

Thu, 13/04/2023 - 08:18

My Kavango was ook al ‘n paar keer daar. Ek vermoed dis makliker om Mabuasehube van die ooste af te begin. Ek was nog net een keer daar en het toe van Nossob af daarheen gery. Dit was met my Colt Trailbuster, en geen moeite nie. Die paar duine is ons maklik oor. Ek lees egter op die 4x4community forum dat die duine nou al so suf gery is met ‘n klomp spore langs mekaar soos wat mense vasgesit en uit gegrawe het en die volgendes rondom die gate gery het. 
 

Mabuasehube is ook ver van die Wes-Kaap af. As mens dit van Nossob se kant af benader en anderkant uitgaan is dit vrek ver terug huis toe. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/04/2023 - 08:21

....die pa van jou vriend het my Alfa Romeo gereeld gediens. Jis, was dit nou 'n belewenis om saam met hom te ry as hy dit toets na 'n diens. Ek het my verkyk aan die behendigheid en voetwerk op die pedale.

Ek kon nie glo dat my Alfetta so gery kon word nie. 

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 13/04/2023 - 08:42

Ek dink JP het later jare saam met sy pa gejaag.  Op gentleman's day in matriek het Serge sy Toyota gebring en die skoolhoof daarin die skoolgronde laat inry.  Natuurlik was Serge agter die stuurwiel met helm en al die rally klere aan.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/04/2023 - 11:42

Middag Chris

Met jou kombinasie van Prado en Kavango behoort Mabuewe mos kinderspeletjie te wees.

Gun jouself so bietjie oefening daar in die sandkolle van die Breerivier, dan gaan jy Mabuasehube toe. Slaan net 'n slag die KrugerNP vakansie oor. 

As voorsorgmaatreel. soek 'n vriend met 'n ordentlike LCruiser wat kan saamgaan. dis nou 'n LC wat met 12V skopgrafie toegerus is.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/04/2023 - 14:14

....met 'n lug suspensie Citroen in die sand karring, as mens met 'n LandCruiser 300, of dalk 79 reeks dit BESLIS kan bemeester???

Mens het mos meer meer verstand as waagmoed, of hoe neef Hermanlaugh

0
Irene

Grootwind

Thu, 13/04/2023 - 14:21

Sien Rusty reken na skaars 'n dag dat hy 'n  moertjie gestrip het en daarom ons goeie geselskap eerder verlaat. Lyk my die probleem is dat mense nie met hom saamstem nie? Maar sy verwysings na mense (lede?) soos "mense word groot", "vaakseuns wat die lewe misgeloop het" en "lank terug toe mense nog kon bestuur" is mos ongevraag? Eintlik behoort die res van ons 'n moer of twee strip? Spyt my waternat om te verskil oor heelparty van sy stellings maar niemand kan mos verwag dat ek (en ander) nie moet reageer nie? Of  dat ek sal saamstem met alles wat hy kwytraak? Nog minder gaan ek Jannie Jammer speel omdat hy padgee.  Sal maar 'n vervelige forum wees as almal bloot net saamstem met alles uit vrees dat iemand dalk sy ry gaan kry.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus