Ek en Berdien het toe besluit ons gaan Weskus asook gedeelde rondom weskus en klein deel van wynroete Die gedeelde van wynroete wat ons gaan doen is n effe draai met ons teruk kom maar ons sien darem n gedeelde vannie Kaap ook waar Berdien nog nooit was. So as jy die weskus , vioolsdrif ,wynroete ken gooi so paar plekke waar ons kan oorslaap ons gaan met die bakkie toer en karavaan by huis los hopelik n paar plekke sien wat remote is net jy die natuur see en bos en paar druiwe trosse ons hoor van julle mooi loop
Diamant Kus
Hieronder kan jy sien waar die Diamant kus strek. Weskus strek basies tot by Groenriviermond noord van Strandfontein.
Vioolsdrift tot Eksteenfontein is waar jy ook wil kyk vir plekke om te kamp en om jou suspensie te toets. Dan ook suid van die Nasionale Park by Groenriviermond kan jy gaan "Wild Camp" Jy kan kamp by Hondeklipbaai en by Kleinsee en by Port Nolloth.
Ek sien Koingnaas het ook 'n kampeerplek, daar gaan nie veel aan nie...

Sagte plekke
Shaun, ek kan net sagte 4x2 plekke aanbeveel.
Jy moet ook dink aan oorslaapplekke oppad soheentoe, dit gaan bepaal word deur afstand/dag wat jy wil ry.
Van jou af oorweeg Aldam, Riverside, Oranjerus- Upington of Augrabies. Dan rondom;
Kamieskroon ----Verbe,
---KroonLodge het bespreek vir September.
Nuwe plek by Springbok-- Namastat
Niewoudville---Groenrivier gasteplaas
munisipale kampplek
Clanwilliam--- Rondeberg oord bespreek vir September
Strandfonteinpark
Lambertsbaai
McDougallbaai---Port Nolloth
Hondeklipbaai
Leentjieklip---Langebaan
Skurweberg boskamp---Loeriesfontein
Red Sands by Kuruman vir soheentoe of terug
Mokala Nasionale park onderkant Kimberley
Onthou, ek was self nog NOOIT by enige van die plekke nie, ons gaan komende September blomme kyk.
Rooiduin - dit lyk…
Rooiduin - dit lyk ideaal en Wildehont sal jou meer kan vertel
Shaun, ek dink jy moet dat…
Shaun, ek dink jy moet dat Anton vir jou beplan.![]()
Ek sien nou, Wessel lek ook…
Ek sien nou, Wessel lek ook nou sy lippe af.![]()
Hennie....
Middag, klaar gelek en bespreek. My beplanning is klaar, die detail is op die gesprek;
Die Strydoms oppad Namakwaland toe 2023.
Ek deel sommer info wat ek bymekaar gemaak het uit ou Weg/Sleep tydskrifte. Van die inligting kom ook uit forumlede se verhale wat gedeel was.
Mammie seg---ek kan maar lek, mag nie 'n 4x4 koop nie.![]()
Mammie seg---ek kan maar lek…
Mammie seg---ek kan maar lek, mag nie 'n 4x4 koop nie.
Spoil sport.
Ek is bewus van jou toer en dit lyk so lekker. Iets om na uit te sien.
Jip sal die naweek
Dankie almal waardeur sal die naweek oom goole maps doen en kyk ek dink dit gaan beter wees om van bo soos Anton se te begin Vioolsdrift tot Eksteenfontein dan af te beweeg Kleinsee , Hondeklipbaai , (Namaqwa Park waar daar net long drops is en teen aan see kamp Boulder bay en Koringkorrel) Strandfontein Doringbaai Lambertsbaai Elands bay Velddrif Paternoster Jacobsbay ,Ysterfontein Melkbosstrand dan swaai na Paarl Wellington vir n bietjie vannie wynroete en dan huistoe NB Ons gaan 30 dae he om alles te doen so ek kan nie by elke plek oornag nie maar sien julle paar plekke gegee waar ons kan oornag wil probeer 2 dae by n plek te bly anders ry jy jou moeg
Die wynland...
...lê my na aan die hart.
Gaan staan by Die Hollandse Molen, tussen Paarl en Franchhoek en verken al die landgoede daar rond Plekke soos Fairview, Simonsig, Muratie, Delheim om paar te noem. Die plekke het erg inbreuk op my studietyd gemaak.
As jy daar klaar geproe is, skuif jy aan na Bonnievale, Robertson en Montagu se wereld. Lekker woonwapark in Montagu. Op Bonnievale besoek jy die Jonkers se kelders en koop 'n soete soos Oupa- of Ouma se wyn. Vul sommer jou kaas voorraad aan by die grootste kaasfabriek in die land. Onthou---jy moet 2 keer om die kerk ry, uit respekte vir my wat daar groot geword het![]()
Dan vat jy die R62 en skuif na Calitsdorp se omgewing. Gaan proe die Boplaas Port van die Nelle op Calitsdorp. Ou studente en koshuis pelle van my.
Dan die langpad huis toe deur Meiringspoort, KarooNP om, Bloemfontein en aaklige Transvaal en Hoëveld.
Wessel se voorstelle
Dit klink alles bakgat - ek bedoel Wessel se voorstelle. Maar dit klink na 'n trippie vir 'n afgetredene.
Wessel dankie maar
Wessel ongelukkig gaan die tyd my vang ek gaan hom weer doen sodra ek op pension is maar gaan verseker n draai maak met ons terug kom roete oppad huis toe sal more so vinnige plan hier sit dan se julle wat dink julle ek en Berdien oop vir idees![]()
2024 Afgetree???
Môre Shaun
Ek dog jy beplan juis vir volgende jaar omdat jy dan afgetree is.
Die lekker van afgetree wees, is dat mens sommer paar plekke gelyk raak toer.
Ek redeneer vir dieselfde brandstofkoste, die duurste komponent, kan mens netsowel langer vertoef, of bietjie verder sleep. In plaas van 2 keer die langpad aanpak
Lees en help
Lees asb deur ons tydelike beplanning en help se waar julle dink ek mis waardeur julle inset. 2024 vertrek uit Secunda 2 Maart en ry tot by Kuraman slaap 1 aand oor , 3 Maart vanaf Kuraman stoot ons deur tot by Springbok slaap een aand, 4 Maart vanaf Springbok na Kleinsee slaap een nag, 5 Maart vanaf Kleinsee na Koingnaas slaap 2 nagte , 7 Maart vanaf Koingnaas na Hondeklip Bay slaap 2 nagte, 9 Maart vanaf Hondeklip Bay na Boulder Bay slaap 2 nagte ,11 Maart vanaf Boulder Bay na Korringkorrel Baai ( baie remote ) slaap 2 nagte ,13 Maart vanaf Korringkorrel baai na Kwass Campsite ( baie remote ) slaap 2 nagte oor ,15 Maart vanaf Kwass Campsite na Strandfontein slaap 2 nagte oor, 17 Maart vanaf Strandfontein na Doringbaai slaap 2 nagte oor, 19 Maart vanaf Doringbaai na Lambert's baai slaap 2 nagte oor ,21 Maart vanaf Lambert's baai na Dwarskersbos slaap 2 nagte oor , 23 Maart vanaf Dwarskersbos na Paternoster slaap 2 nagte, 25 Maart vanaf Paternoster swaai ons na die wynroete se kant toe (Wellington) om bietjie wyn te proe en te koop slaap oor 2 nagte, 27 Maart vanaf Wellington na Paarl besoek nog wynplase drink bietjie wyn koop wyn by verskillende plase slaap 2 nagte 29 Maart vanaf Paarl binneland toe tot by Beaufort West slaap 1 aand , 30 Maart vanaf Beaufort West na Forever Resort Gariep slaap 2 nagte , 1 April vanf Gariep dan ry ons deur tot in petrol dorp totaal afstand soos per oom google = 4268 km dan is rondry nie ingereken nie wat se julle ![]()
Seg net mooi niks...
Middag Shaun
....want ek kry die helfte van daai plekke nie eers in my padkaartboek nie.
Julle gaan omtrent die Weskus verken. As jy meer Wes gaan hou, gaan jy in die branders ry.
Ek hou die gesprek dop vir tips en lekker lees.
Red sands is tops
Ons het ook in 2021 daar oorgebly heen en weer Kalaghadi toe. Baie veilig en keuse van staanplekke, eie ablusie, eie onderdak braai en gemeenskaplike ablusie. Hopenlik kry ek fotos gelaai.
Chris en Wessel
Chris baie dankie vir waarskuwing ek gaan dit nou so aanbring op ons plan Wessel dankie vir foto ![]()





Shaun jy moet eerste besluit…
Shaun jy moet eerste besluit hoe om jy die toer will aanpak.
Van onder na bo of bo na onder. As jy bo begin en Uppington om ry kan jy Augrabies een van jou eerste stoppe maak. Daarna deur Springbok se kant toe en vandaar besluit of jy Noord (Vioolsdrift) of Wes (Kleinsee /Port Nolloth) of Suid wil gaan (Gharies / VanRhynsdorp)
Hoeveel tyd gaan julle afstaan aan hierdie toer?