6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago

Strydoms in Kruger '23

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Nounet my bespreking afgehandel vir Kruger volgende jaar. Dit is as volg;

Shingwedzi: 30 Mei

Punda Maria: 31 Mei tot 5 Junie

Tsendze:          5 Junie tot 10 Junie

Satara:             10 Junie tot 15 Junie

Berg & Dal:     15 Junie

Huistoe:           16 Junie

Ons beplan om in P.Borwa Aventura oor te slaap die aand van 29 Mei. 

Ek voel gemaklik en veilig op die Pietersburg - Tzaneen - P.Borwa pad, en uiteraard die N4 terug.  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 24/02/2023 - 20:03

Wessel, hier is 'n lusmakertjie waar ons in Shingwedzi kamp.  Tog te lekker om na uit te sien !

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 24/02/2023 - 20:17

...............is ons kampplek in Tsendze, nr.30 as ek reg onthou.  Het jy al vir jou 'n staanpleknommer by Mopanie-kamp bespreek ?

.

Pretoria

Geert

Fri, 24/02/2023 - 20:39

Hi Wessel. Ons hoort mekaar raak te kamp by Satara.....ons beplan ook om daai tyd daar wees

Brits

Wessel Strydom

Sat, 25/02/2023 - 06:21

Môre Geert, Len en ander

Geert: Dit sal aangenaam wees om in lewende lywe te ontmoet. Dis maklik om my te eien, soek net 'n Kavango met lisensie JPY 339 NW. Die tent hang maar so effe slordig papperig, met jerrykanne agter langs die spaarwiel. Laat weet maar mettertyd waaraan ek jou sal kan uitken.

Len: Dankie vir die lusmaker fotos. Die oomblik as ek wegswenk na die Noorde, beweeg ek in onbekende terrein in. Lank gelede, toe ek nog in chalets kon bly, was ek in Mopanie. Nog nooit hoër as Balule gekampeer nie.

Staanplek 26 bespreek in Tsendze, ek hoop net Chris B se troeteldier Mamba het al sy skoert geneem.  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 25/02/2023 - 11:31

Wessel, jy het mos al jou kameralens skoongemaak.  Dus, hou hom te alle tye gereed want 'n foto van die mamba met die Kavango in die agtergrond behoort die tonge hier op die forum los te kry.  Andersins as Marie die foto neem van die mamba met jou in die agtergrond, behoort ook 'n lekker gesprek te ontlont.  Daarna 'n foto van jou van agter waar jy wydsbeen ablusie toe loop om 'n ander broek te gaan aantrek.

Ons hou hierdie spasie dop.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 25/02/2023 - 11:43

.... jy moet nou nie spot met ernstige sake nie.

Ek het reeds 'n rol fyn ogiesdraad gekoop om die Kavango se stortvloer mee af te dig. Ek kan al die seilvensters toe hou, maar die stortvloer nie maklik nie.

Ons tweede NL staan ook op 'n Al-tafeltjie, sodat dit uit die water ie, maar ook nie lêplek is vir reptiele nie.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 25/02/2023 - 15:57

Middag Chris

Baie lekker om van jou te hoor. Jis man, daai storie van jou sit soos die spreekwoordelike grondboontjiebotter in 'n wolkombers, in my kop.

Kan jy dink hoe vinnig sal ek 'n wa "versigtig" moet leegmaak, as daar net 'n sweempie van 'n vermoede is, daar het iets ingeseil.

Ek is mos 'n netjiese kampeerder en sal by die opsigter 'n hark of besem leen en mooi fyntjies om die wa hark/vee. Dan moet ek net onopsigtelik inspeksie hou vir spore.    

 

Pretoria

Geert

Sat, 25/02/2023 - 22:21

Hi Wessel. Groot verskoning, ek het my maande deurnekaar....ons gaan nie Junie nie, maar Julie by Satara wees. Nietemin, ek glo ons sal mekaar binnekort elders raak kamp 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 22/03/2023 - 08:01

Môre Len en almal

Net om Len se streke uit te haal, tot groot ergenis van almal, ek het begin met voorbereiding vir ons KrugerNP besoek vanaf einde Mei.

Ek het darem die grondseil gewas

Ek gaan die jerrykanne met goedkoop diesel vul volgende maand. Soos die prys verder daal, gooi ek die kanne in die tenk, en maak weer vol met goedkoper diesel. Ag nee wat, dit klink na te veel werklaugh

Seker gemaak dat alles werk in die Kavango, tot die remme is los genoeg gestel vir goeie dieselverbruik.

Ek moet nou net kannetjie kettingolie aanskaf vir my -------wa se sleephak!!!!

Worcester

Wildehont

Thu, 23/03/2023 - 11:08

Dis lekker Wessel! Geniet die voorbereidings en die luuksheid van tyd daarvoor. Ons ry môre oor ‘n week Oranjerus toe buite Upington en ek moet nog Saterdag eers ‘n klomp goed aan die Kavango doen voor ek eers pak kan oorweeg. Dalk moet die bladvere nog vervang word volgende weeksurprise 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/04/2023 - 08:31

Môre Chris B en al die ander vriende

Ek is nou soos Len, ek begin uitsien na my wildtuin toer, wat 29 Mei begin.

Soos tevore al genoem, plekke soos Shingwedzi, Tsendze en Punda is totaal onbekend vir ons. Ek lees wat almal deel, en maak verwoed nota in my wildtuin padkaartboek. 

Ons is 4.5 dae in Tsendze, Punda en Satara elk, dus het ons genoeg tyd om die omgewing te verken. Ek moes dalk net langer in SWedzi ook bespreek het. As die Noorde my aanstaan, dan doen ek dit volgende jaar, as die asem bly sit.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 10/04/2023 - 10:30

tot groot ergenis van almal, ek het begin met voorbereiding vir ons KrugerNP besoek vanaf einde Mei.

Wessel,  voorbereidingsplanne vir 'n vakansie (veral 'n Wildtuin vakansie) is beslis nie vir 'n hele klompie van ons 'n "ergenis" nie.  Gaan asseblief daarmee voort, veral as jy goed vorder daarmee  -  ek sien jy vorder goed, jou grondseil is al gewas en jy vertrek oor 'n maand en 'n half ! (En ek vertrek eers oor 'n jaar !)

Daardie noordelike kampe en omgewing het 'n spesiale bekoring en julle gaan dit geniet, ten spyte van die minder wildbesigtiging.  In die jongste tyd het ek op sosiale media tog opgemerk daar is baie getuienis van fantastiese besigtigings, veral rondom Mopani en dus ook Tsendze.  Merk maar daar in jou kaartboek die Shongololo-omrit wes van Mopanie en die Steenbokskeerkring-omrit noord-oos van Mopanie lewer op : leeus, jagluiperds, wildehonde en selfs 'n mooi trop elande.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/04/2023 - 11:48

Daai genoemde paaie, is dit die S142 en S143 onderskeidelik?? Het so aangeteken.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 10/04/2023 - 13:47

... geluk wat wildbesigtiging aanbetref, verskil van persoon tot persoon. Ek stem saam met Len wat die "Tropic of Capricorn Loop" (S143) aanbetref. Maar ek het die "Shongololo Loop" (S142) by drie geleenthede gery - en besluit om dit nie sommer gou weer te doen nie. Tydens al drie geleenthede het ons baie na-aan niks op daardie roete gesien.  Volgens my ervaring geld dieselfde vir die noordelike deel van die S144 asook die S146 na die Stapelkopdam. Ons het al genoemde roetes minstens 3 keer gery - dit is wat ek my ten doel gestel het met elke toeristepad in die wildtuin en wat ek wel gedoen het tussen 1987 en 2021. Volgens my ervaring was genoemde paaie powere roetes. Maar ek neem aan dat Len dit anders ervaar het.

Behalwe vir die "Tropic of Capricorn Loop" kan ek regtig aanbeveel dat jy gereeld die samevloeiing van die Tsendze- en Ngodziriviere (suid van Tsendze) besoek. Dit is, wat my aanbetref, een van die beste plekke om luiperds gereeld te sien. Hier het ek ook al meer as een keer groot geskrik wanneer jy tussen die digte bosse op die smal paadjie ry na die uitkykpunt en skielik staan daar 'n grootvoet jou en aangluur in pad. Die Mooiplaas-suiping op die S49 is ook 'n skitterende plek om groot troppe wild, en gevolglik roofdiere, te sien. Moenie die onderskeie Nshawu-suipings op die S50 misry nie. En dan, een van ons gunstelinge is die Shipandane-skuiling. Hier kan ek en Ralie ure verwyl.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/04/2023 - 13:45

Sjoe mense, ek het vanoggend die 30C son benut en die wa se batterye gelaai, volgende laai is 28Mei voor die huis.

Dit bly lekker om die 320 watt panele uit te dra [~45kg] in te prop, en na die stroom meter te kyk, lekker gratis 16amp. beskikbaar vir laai.

So 'n dag voor ons vertrek word die wa voor die huis staangemaak, op 22oV gekoppel, en NLuna aangeskakel. Beterhelfte kan dan na hartelus haar koel-en vrieskas lekkernye inpak. Die 2de NLuna staan ook volgelaai, met 220v gekoppel agterop Grompie in waenhuis.

Ek wonder of mens twee NLuna's en twee batterye [210amp.hr] in bedryf sal kan hou met so min as 270watt panele. Ek sien my droomwa se laaistelsel het 'n bolimiet van 270watt. Teoreties gaan dit slegs 12.9amp lewer, wat volgens PBE te min gaan wees. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 22/04/2023 - 15:24

............ek kan nie saampraat nie want my ou goedjies word op 'n ander wyse aangevuur.  Wat ek wel weet, jy kan maar Pieter Barnard se woord aanvaar.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/04/2023 - 17:11

....dit weet ek wel. Jy ken die spreekwoord----teen die prikkels skop!!!!

 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 13/05/2023 - 12:11

Die voorbereiding begin stadig aan rigting kry. Kos aankope het begin, en vleise word reeds gevries in N.Luna. 

Môre gaan daar op grootskaal sop gekook word, waarvan 'n paar etes ook ingepak word. Pappie se voedsel-inname word nou vir hom bestuur. Blykbaar het dit iets te doen met die BVM van Grompie.laugh

Soveel as wat ek uitsien na die Noorde deel van Kruger veral, is ek tog bekommerd oor die veiligheid op ons hoofpaaie. die N4 was omtrent die hele afgelope week versper, met die gepeupel wat brand stig en klip gooi.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus