Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago

Blouape en bobbejane wat pla

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Dis 'n ou debat oor apies en bobbejane wat lastig is in kampeerplekke, veral in die Kruger Wildtuin en ander wildparke.  Dit is netso oud soos die berge dat dit toegesê word aan toeriste  wat die diere voer en dan ook die ou tannies wat alewig verkondig :"onthou dis ons mense wat in hulle (die wilde diere ) se habitat indruis".

Diere voer : Vandat ek as kind vir die afgelope 70 jaar die Wildtuin besoek was daar versoeke en kennisgewings om nie diere te voer nie.  Ek raai dat miskien net 20% van toeriste verbreek hierdie reël en die res (80%) respekteer dit.  Ek glo dus die voer van diere is nie die rede vir hierdie magdom pestelensie-probleem in die Wildtuin nie

Toeriste akkommodasie en uitspanplekke : Die Wildtuin kan nie bestaan sonder toerisme se spandering van geld nie en ek glo dis die Bestuur se taak om veilige akkommodasie en uitspanplekke te voorsien.

Tsendze : Ek het nog nooit self ape of bobbejane in Tsendze gesien nie, maar wel in elke ander kamp / piekniekplek en ek wonder of iemand 'n verklaring hiervoor het.  As daar 'n verklaring voor is, is dit mos die oplossing vir ander probleemplekke.

My gevoel is lastige ape en bobbejane in akkommodasie- en piekniekplekke moet voor die voet vernietig word en hierdie plekke moet voortdurend probleemvry gerhou word.  Hulle teel aan en leer by ander om 'n pes van hulleself te maak.

Die groot vraag bly egter, hoekom het Tsendze nou al vir jare geen aap of bobbejaanplaag nie ?

 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 07/05/2023 - 07:17

Môre Len en ander

Ek vermoed die verklaring is voor die handliggend, dit lê by die kamppersoneel se ingesteldheid. Word daar aktief opgetree teen die primate, is die kamp [Tsendze] moontlik skoner met beter beheer oor asblikke ensovoorts. Ek weet nie, want ek was nog nie daar nie.

Mens kan dieselfde vraag vra, waarom is seker SANPARKE in soveel beter en netter toestand as ander. Mens kan KarooNP en Twee Rivieren deur 'n ring trek. Alles werk, alles is skoon, en indien nie, kry dit dadelik aandag. Die meeste Kruger kampe steek vrot af teen bogenoemde twee oorde. Ek skryf dit toe aan die personeel, en bestuur betrokke by genoemde twee plekke. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 07/05/2023 - 11:50

..... lastige primate. 

So hoor ek juis gister by gesoute Kruger kampeerders die volgende raat. As veral apies lastig is, probeer hulle raak spuit met "Spray & Cook", maar dit moet die wees wat Chillie bevat.

Ek sal maar hou by my kettie ook, hoewel ek twyfel of dit 'n permanente oplossing is. Die geure van vrugte en kos, en dan die aanleer van rooftogte, is seker maar die hofrede vir die lasposte.

Waarom sekere kampe nie deurloop nie, weet ek ook nie. Hoewel dit drasties klink, is Len se raad, van permanent vernietig [dood] word, sekerlik die beste om van die probleem ontslae te raak.   

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 07/05/2023 - 12:03

Ek was ook nog nie hier nie, maar my logika sê die rede is daar is min voette en die wat daar is hou by die reël van,

versoeke en kennisgewings om nie diere te voer nie

Len, ju noem die 80-20 beginsel (of is dit 20-80) ek dink daai 20% is die groot probleem.  Loop net deur een van die groot kampe en kyk waar staan wat dan wonder mens of die mense wel dink aan die versoek van "versoeke en kennisgewings om nie diere te voer nie." 

Ek wonder ?

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 07/05/2023 - 14:40

Ek het n9g net 1x gesien dat iemand ape voer,  maar was nie in wildtuin nie, maar aan n suidkus oord. Ek dink hulle is net slings, meer as wat hul pes raak omdat hul gevoer was. Een picnic plek wat verbasend minder ape het in KNP is Tshokwane. Hulle was daar n paar jaar terug n baie groot plaag....as jy klaar ge-eet het moes jy jou bord na so n kombuis hokkie gebring het waar hulle dit dan was. Voor werkers daai messe en borde in die hande kon kry, het ape dit gegryp, bo op die dak gesit en dit afgelek en as dit skoon gelek is, net afgegooi grond toe. Ape is steeds daar, maar baie baie minder. Wonder wat het hulle daar gedoen?

Rakende hyenas an sivetkatte deur die heinings voer, sien ek met elke besoek. Daarom is hulle elke aand daar. Laaste besoek aan Satara was daar 4x hyenas saam elke aand voor kampeerders se grensdraad 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 07/05/2023 - 17:29

Ten spyte daarvan dat ek in my jare lange besoeke aan die Kruger Wildtuin slegs tweekeer besoekers gesien het wat kos oor die heining gooi, is dit tog duidelik die die kennisgewings en versoeke niks help nie.

Wessel noem 'n belangrike punt : vullesdromme.  Personeel moet sorg dat die dromme behoorlik instand gehou word, nie oopgemaak kan word nie en gereeld skoongemaak word. Indien nie, is dit 'n lokmiddel vir die ape.

Ek staan daarby dat ape en bobbejane wat verkeerdelik op hierdie aas van mens-kos lewe, vernietig moet word.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 07/05/2023 - 21:16

Ek dink ek het vertel na ons besoek aan Tsendze verlede Julie, hoe ons een middag by nr 3 gesit en kyk het na ‘n wyfie bobbejaan wat anderkant die heining gewei het. Ek sê nog vir Salomien dis lekker om so naby aan ‘n bobbejaan te wees wat in die veld kos soek soos hulle veronderstel is om te maak. So paar minute later spring sy oor die heining na sy in ‘n boom geklim het, gryp ‘n lemoen onder die afdak van nr 6 se kampeerders en laat spaander uit oor die heining om haar buit te geniet. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 08/05/2023 - 08:20

Dif is jammer om Chris WH se inset hierbo te lees. Na 4 keer se 7-daagse kampe in Tsendze het ek nog nooit 'n bobbejaan of aap in dié kamp gesien nie. Rodger, kampopsigter, het aan my genoem daar was eenkeer 'n siek blou-aap in Tsendze wat 'n dag of twee vertoef het.

Ek het al 'n trop bobbejane net buite Mopani se hek gesien, maar nog nooit 'n bobbejaan in dié kamp gesien nie - behalwe die klomp wat hulle een naweek soos bobbejane gedra het in die chalet langsaan ons.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 08/05/2023 - 09:54

Ek stem geensins saam met die "vernietiging" van diere bloot omdat hulle jou tent/karavaan "raid" nie (wat is die Afrikaanse woord, stroop?). In byna al die gevalle is die oorsaak mense wat diere voer en/of die natuurlike opportunisme  wat onder meeste wilde diere (en ook heelwat onder die sg. "mak" weergawe!) voorkom. "Vernietig" dan eerder die ou wat Lees 101 in Graad 1 en 2 gedop het en nie verstaan wat die tekens wat meestal voer van diere verbied probeer sê nie, of te lui is om sy goed weg te pak wetende dat die aap kommando waarskynlik 'n draai sal maak. Klompie jare terug by 'n oord die gemors beleef van iemand wat 'n saak met diere gehad het wat sy vrugte uit sy tent steel en toe laatnag gif uitgesit het - sleg om te sien hoe gif sonder aansiens des diers vernietig. Ja ons het al 'n paar keer aap se kind deur ons tent gehad, maar dit was ons eie skuld deur nie weg te pak wat hulle in die versoeking lei nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 08/05/2023 - 11:35

..............my standpunt om lastige ape en bobbejane in toeriste- bly en kuierplekke te vernietig, is bloot uit moedeloosheid geneem. Vir jare nou al kon SANParke nie daarin slaag om toeriste te beheer en op te voed om nie diere te voer nie en die meeste personeel kon ook nie opgelei word om afval in ruskampe en piekniek plekke sodanig te bestuur dat dit nie diere lok nie.  As hierdie standpunt nie 'n oplossing bied nie, wat is die oplossing dan ?

Moet ons gewone wildlewe liefhebbers wat nie hulle skuldig maak aan hierdie oortredings nie dan nou maar toekyk hoe ape en bobbejane suksesvol vullisdromme teroriseer en ook niksvermoedende piekniek-gangers se kos van hulle stroop ? Dis tog nie oulik om dit te aanskou of te ervaar nie. Moet daar werklik niks hieraan gedoen word nie en as iets gedoen moet word, wat is dit wat nog nie oor jare heen gepoog is nie ?

Ek is 'n diereliefhebber, veral wildlewe in hul natuurlike omgewing en geniet veral die ape se  kapperjolle in hul habitat, maar om hulle in onnatuurlike omgewings tussen asblikke, karavane, tente ,chalets en karre te sien lewe en aanteel stuit my teen die bors.  En voor ons hierdie leefwyse bevorder is my enigste oplossing vernietig die oortreders sodat hulle nie verder aanteel en die nuwelinge leer om so te lewe nie.  Dit MOET gestop word om die vermenigvuldiging van die probleem in die kiem te smoor.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 08/05/2023 - 12:57

Soos almal al weet, is ek  baie sterk gekant teen die dood straf vir enige dier en stem 100% saam met Groot Wind.

Moordenaars kom weg met moord, maar diere wat kos vat, wat oop en bloot lê om gevat te word, moet gedood wordno

Die diere popilasie in vergelyking met 100 haar terug, is reeds "ter wille van die mens" met meer as 80% verminder, en in baie  gevalle totaal uit gewis.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 08/05/2023 - 13:27

Dalk sal dit mense laat wakker skrik. ‘n Skoolvriend van my was jare lank ‘n veldwagter in die Kruger wildtuin totdat die wit veldwagters so 20 jaar gelede afbetaal is. Een van sy kollegas het ‘n bobbejaan op ‘n besige pad naby Skukuza geskiet nadat ‘n toeris dit gevoer het. Hy het in groot moeilikheid gekom. Ongelukkig het die Kruger wildtuin ‘n toeriste vriendelike beleid. Die diere betaal mos nie om in hulle natuurlike habitat te woon nie, en as mense vir hulle onnatuurlike gewoontes leer deur ons wangedrag moet die diere die duur prys betaal. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 08/05/2023 - 13:31

................al wat ek graag wil weet, wat is jou praktiese alternatiewe voorstel om hierdie probleem die hoof te bied, met klem op "praktiese ".  Hierdie jare lange probleem word al erger soos wat hierdie ape in kampe en piekniekplekke aanteel.  Van kindsdae af besoek ek die Kruger Wildtuin die afgelope 70 jaar en elke jaar vererger die probleem omdat alle gepoogde "maatreëls" (as daar ooit maatreës was) tot dusver onsuksesvol was.

Ek wil ook nie diere dood nie, maar wil hulle ook nie aanskou in uiters onnatuurlike vullisblik-omstandighede nie.  Ek gaan na 'n wildtuin toe om wilde diere in hul natuurlike omstandighede te beleef en nie na 'n dieretuin om hulle in onnatuurlike omstandighede te sien nie. Ek weet nie van enige alternatiewe oplossing nie en sal graag wil hoor watter praktiese, uitvoerbare voorstel het jy.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 08/05/2023 - 13:43

.............wat ek hierbo probeer verduidelik het.  Miskien moet SANParke hulle sienswyse iewat aanpas om probleemdiere tog uit te wis, voor toeriste, sodat hulle lesse kan leer wat gebeur as toeriste oortree deur diere te voer  -  dalk laat  dit 'n blywende boodskap.

(Ek het juis gewonder hoe sal hierdie uitdunning kan geskied sonder om toeriste te ontstel, maar dit mag net die regte medisyne wees vir daardie toeriste wat oortree).

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 08/05/2023 - 14:02

maar dit mag net die regte medisyne wees vir daardie toeriste wat oortree).

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 08/05/2023 - 14:07

....vriende, laat ons nou die bobbejaan agter die berg gaan kos gee nie.

Ek wonder skielik, watter toeriste moet opgevoed word? Die wat van oorsee kom, ons ouer garde wat amper daar groot geword het, of die wat nou in taxi-vragte inkarwei word. 

Die gefoeter is, waar trek mens die streep? Dink aan;

1] Vleisbeentjies oor die draad gooi

2] daai halwe lemoen of oorryp avokadopeer op die teerpaaltjie

 3] die bietjie "wild bird seed" en ou broodkrummels 

Bogenoemde voorbeelde het ek al aanskou in die gewone kampe, gepleeg deur onse mense. Yog te oulik, of nie.?

Ter geleentheid het 'n ere veldwagter vertel hoe hy net betyds sy 3-jarige kleinkind se handjie uit die draad moes trek, net voor hiëna die beentjie daaruit wou hap. 

Ek stem 100% saam, moedswillige ape  by 'n kampplek is baie lastig, en kan selfs baie skade veroorsaak. Bobbejaan se kind, hou nog gevaar ook in, want hulle is arrogant en aggressief. 

Wat die mees aanvaarbare oplossing is weet ek nie. Wat van 'n trop donkies tussen die kampplekke. Dalk skop dit die apies weg. 

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 08/05/2023 - 14:25

In my opinie sou die beste oplossing wees om 'n "no mans land" strook om die kampe te span, dws so ongeveer 5 meter vanaf die bestaande omheining, nog 'n omheining. Die buitenste omheining moet ge-elektrifiseerd wees.

Chris WH se "voorstel" is ook 'n moontlikheid, maar gaan die veldwagters dit doen?

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 08/05/2023 - 15:38

Middag, beplan jy om namens ons lot beswaardes 'n keurige versoekskrif aan SANPARKE te stuur?? Jy kan dan sommer al die ingesamelde voorstelle om die probleem aan te spreek ook aan hulle voorlê.

Onthou julle nog hoe tante Frieda deur 'n aap, of bobbejaan in Addo aangeval was.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 08/05/2023 - 15:42

..............ek glo nie dit gaan ons iets in die sak bring om te bepaal watter tipe toeris kort  wildlewe-opvoeding nie.

As alle toeriste, die oortreders en nie-oortreders, almal gereëld die gevolge (uitroei) sien van wat gebeur as wildlewe gevoer word, mag dit dalk die regte en blywende boodskap oordra.

Ns. My betoog geld nie net vir ape en bobbejane nie, maar ook vir voëls en bokkies wat in die ruskampe gevoer word  -  dit hoort nie so nie, al dink sommiges dit is baie oulik.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus