Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -22 minutes ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -46 minutes ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -55 minutes ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago

Blouape en bobbejane wat pla

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Dis 'n ou debat oor apies en bobbejane wat lastig is in kampeerplekke, veral in die Kruger Wildtuin en ander wildparke.  Dit is netso oud soos die berge dat dit toegesê word aan toeriste  wat die diere voer en dan ook die ou tannies wat alewig verkondig :"onthou dis ons mense wat in hulle (die wilde diere ) se habitat indruis".

Diere voer : Vandat ek as kind vir die afgelope 70 jaar die Wildtuin besoek was daar versoeke en kennisgewings om nie diere te voer nie.  Ek raai dat miskien net 20% van toeriste verbreek hierdie reël en die res (80%) respekteer dit.  Ek glo dus die voer van diere is nie die rede vir hierdie magdom pestelensie-probleem in die Wildtuin nie

Toeriste akkommodasie en uitspanplekke : Die Wildtuin kan nie bestaan sonder toerisme se spandering van geld nie en ek glo dis die Bestuur se taak om veilige akkommodasie en uitspanplekke te voorsien.

Tsendze : Ek het nog nooit self ape of bobbejane in Tsendze gesien nie, maar wel in elke ander kamp / piekniekplek en ek wonder of iemand 'n verklaring hiervoor het.  As daar 'n verklaring voor is, is dit mos die oplossing vir ander probleemplekke.

My gevoel is lastige ape en bobbejane in akkommodasie- en piekniekplekke moet voor die voet vernietig word en hierdie plekke moet voortdurend probleemvry gerhou word.  Hulle teel aan en leer by ander om 'n pes van hulleself te maak.

Die groot vraag bly egter, hoekom het Tsendze nou al vir jare geen aap of bobbejaanplaag nie ?

 

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 08/05/2023 - 15:49

..............nee, ek beplan nie 'n versoekskrif nie.

Ek onthou al te goed hoe Frieda by Addo se ablusieblok aangeval en aan haar been gebyt is sonder dat sy iets in haar hande gehad het.  Tragies, hulle het net nooit weer die park besoek nie en haar man is intussen ook oorlede.  'n Baie slegte ervaring gewees.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 08/05/2023 - 15:58

Om 'n dubbele omheining om elke kamp en piekniekplek op te rig sal 'n fortuin kos  -  die piekniekplekke is tans glad nie omhein nie.  Kgalagadi het ook bewys dat nie-omheinde kampplekke juis om dié rede uiters populêr is om so naby as moontlik aan die wildlewe te kan tuisgaan.

'n Dubbele omheining sal ook die besonderse ervaring van diere wat naby die grensdaad wei, tot niet laat gaan.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 09/05/2023 - 12:17

...........daar is darem nie sprake van so-iets nie.  Blouape en bobbejane is geen bedreigde spesie nie en die voorstel is tog glad nie om hulle in hulle natuurlike omstandighede uit te roei nie - net dié klompie wat nie natuurlik in die veld lewe nie. Ons praat tog nie van voor die voet uitroei van diere in die algemeen nie, net dié wat hulle natuurlike lewe verruil het vir onnatuurlike kosbronne in kampe en piekniekplekke.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 09/05/2023 - 12:22

Len, onhou tog net altyd, as ek op hierdie tipe van gesprek reageer, is dit meestal in 'n oomblik van drif, en nie woede nie.

Ek hou egter by my standpunt, nl. dood moet die laaste opsie wees.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 09/05/2023 - 14:23

Met bogenoemde kan ek saam lewe.  Ek het tog nie betoog vir "skiet dood voor die voet" nie.  Alleenlik gevalle waar die nuurlike lewe van wild onnatuurlik geword het en veral om die sneeubal-effek (aanteling van die probleem) te stuit.  Weens aanteling in foutiewe omgewings gaan hierdie probleem beslis nie verdwyn nie, maar eskaleer as niks daaromtrent gedoen word nie, in so 'n mate dat die trauma van uitdunning groter en groter word.

Johann, drif of woede pla my min, ek persoonlik probeer maar altyd feitelik en nie emosioneel nie debatteer sover my beperkte kennis strek.  Juis daarom het ek in die inleiding raad gevra waarom is daar geen primate in Tsendze nie en een van die reaksies was skynbaar in die kol : deeglike bestuur van 'n kamp se mens-afval.  As swak-bestuur van vullis by alle publieke geriewe uit die weggeruim kan word, sal die huidige aap-oortreders ook uit die weggeruim moet word en op dié manier kan die probleem dalk opgelos wees.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus